Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

AMORÉ DU PREEZ

Default profile image
----------

L. du Preez (27143236)

10 Jun 2021, 21:31 Publicly Viewable

Blog #14 LE 13.2

Van hierdie stimulante word ook dikwels deur leerlinge en studente gebruik/misbruik as kognitiewe prestasie bevorderaars. 

Die stimulante, Metielfenidaat (Ritalin of Conserta) word gebruik in die sleutel kortikale en subkortikale areas wat betrokke is by aandag en uitvoerende funksies. Hierdie stimulante aktiveer die sentrale senuwee stelsel, en veroorsaak dan verhoogde waaksaamheid en brein funksies.

Hierdie tipe medikasie word voorgeskryf vir persone wat sukkel om aandag te vestig, mense wie maklik aandag afleibaar is (ADHD). (Westphalen, 2019).

Hierdie middels word deesdae sonder voorskrif onder mekaar uit geruil, veral in universiteite onder die studente. Dit word gebruik om die studente se aandag beter te fokus op hul leerwerk en hul die vermoee te gee om langer ure te kan werk, om beter akademiese resultate te verkry. (Juergens, 2019)

Sommige mense neem die tipe medikasie om gewig te verloor, omdat die medikasie ‘n persoon se eetlus demp. die middels word ook soms misbruik deur atlete, omdat die middels vir hul meer energie gee en help met hul fokus tydens lang oefen sessies. (Juergens, 2019).

Sommige newe effekte wat die stimulante kan veroorsaak is:

  • Versteurde slaap
  • Angstigheid
  • Hallusinasies
  • Depressie
  • Hoe bloed druk

Bibliography

Juergens, J., 2019. Understanding Stimulants and Study Aids, s.l.: Addiction center.

Westphalen, D., 2019. Concerta (methylphenidate), s.l.: Medical news today.

L. du Preez (27143236)

10 Jun 2021, 16:40 Publicly Viewable

Blog #14 (Le 12.5)

Watter verskillende groepe hallusinogeniese middels is bekend?

  • Fensiklidien “Angel dust”
  • LSD
  • Psilosibien
  • Mescaline
  • Scopolamine
  • Ketamine

Noem ‘n paar tipiese effekte van die hallusinogeniese middels en beskryf die kliniese beeld van ‘n pasiënt wat dit ingeneem het?

  • Belemmerde oordeelsvermoee kan lei tot roekelose gedrag = Psigoses
  • Psigedeliese effekte (mind revealing)
  • Somatiese effekte: naarheid, swakheid en parestesie
  • Paniekreaksies / “bad trips”

Hoe word ‘n oordosis met LSD hanteer?

  • So ‘n oordosis word behandel met bensodiasepienes asook antipsigotikums. Simptome van so oordosering is konvulsies, erge hipertensie asook Nistagmutus (onwillekeurige ritmiese bewegings van die oë)

Hoe word ‘n oordosis anticholinergiese middels hanteer?

  • In die eerste uur na ‘n oordosis: geaktiveerde koolstof
  • Vir agitasie = Bensodiasepienes
  • Indien daar hipotensie is = IV vloeistof

L. du Preez (27143236)

10 Jun 2021, 16:21 Publicly Viewable

Blog #13 (12.2)

Jy word genooi om as spreker by die plaaslike hoërskool voor al die onderwysers en leerlinge op te tree en jou onderwerp is: “Alkohol, wat doen dit regtig aan my liggaam?”.  Fokus veral op die effekte, “aangenaam” sowel as “onaangenaam”, hoeveel glasies is veilig?  Hoe weet ek wanneer ek besig is om ‘n probleem te ontwikkel?  Wat kan ek dan doen?  Hou jou teikengroep (leerlinge) se ouderdom die hele tyd in gedagte!

Wat doen Alkohol werklik aan my liggaam?

Alkohol word glad nie deur die liggaam verteer nie. Alkohol word in jou bloedstroom opgeneem en affekteer eers jou brein, dan you niere, lewer en longe. Later sal alcohol jou hele lyf affekteer.

Oor die lang termyn kan alkohol ‘n klomp goed veroorsaak in jou liggaam bv:

  • jou brein verklein
  • gedragsveranderinge veroorsaak
  • hallusinasies
  • afhanklikheid
  • versteerde spraak veroorsaak
  • lewer skade
  • kanker
  • hartskade
  • onvrugbaarheid
  • diabeter komplikasies
  • spierkrampte

 (Pietrangelo, 2018).

Daar is baie onaangename effekte wat ‘n persoon kan ervaar na oormatige inname van alkohol bv, versteerde spraak, braking, hoofpyne, sukkel om balaans te behou en soms kan ‘n persoon ook sukkel met asemhaling.

Alkohol het aangename effekte ook in jou liggaam.

  • Wanneer ‘n persoon drink aktiveer die “reward”sisteem in jou brein, wat dopamine vrystel, dopamine produseer positiewe emosies wat jou as persoon kan laat goed voel.
  • Alkohol kan ook goed wees vir jou “wellbeing”, omdat alcohol help om jou sosiale interaksies met vriende te bevoordeel, veral indien jy bietjie van ‘n introvert is. (R. I. M. Dunbar, 2016)
  • Alkohol kan ‘n persoon se risiko vir hartsiektes verminder, indien alkohol matige geneem word. (Anon., 2019).
  • Rooiwyn is goed vir ‘n mens (maar steeds net matige inname)
    • Dit kan jou hart beskerm
    • Inflammasie voorkom
    • Kan jou geheue versterk
    • Kan ook jou gemoed verbeter. (SASSOS, 2015).

Hoeveel glasies is veilig?

Daar word aanbeveel dat ‘n vrou 1 glas per dag drink en ‘n man 2 glasse. So ‘n glassie saam ete of voor die kaggeltjie sal nie skade maak nie.

Wanneer ontwikkel jy ‘n problem?

Wanneer die persoon meer drink as wat hy/sy beplan het om te drink. Dat as die persoon al meer as een keer probeer het om ophou te drink, maar voor hul, hulself kan keer het hul alreeds gedrink. As die persoon die heeltyd aan alkohol drink, en aan niks anders kan drink nie omdat die begeerte vir alcohol sy denke oorheers of indien die persoon baie drink en op die ouende siek en ‘n babelas het. (Anon., 2019).

Wat kan jy doen?

Indien jy as persoon self agter gekom het dat jy dit moeilik vind om ophou te drink, gaan sien ‘n dokter. Hulle sal jou advise kan gee en in bevoegde hande verplaas wat jou sal kan lei en ondersteun of jou verwys na ‘n ondersteunings groep of selfs vir jou medikasie gee wat die ontrekkings simptome kan onderdruk. (Anon., 2019)

Bibliography

Anon., 2019. Alcohol use: Weighing risks and benefits, s.l.: MAYO CLINIC.

Anon., 2019. Do I Have an Alcohol Problem?, s.l.: WebMD Medical .

Pietrangelo, A., 2018. The Effects of Alcohol on Your Body, s.l.: Healthline.

R. I. M. Dunbar, J. L. R. W. C. R. E. P. J. C. &. P. M., 2016. Functional Benefits of (Modest) Alcohol Consumption, s.l.: University of OXFORD.

SASSOS, J. L. &. S., 2015. Is Red Wine Good for You? A Nutritionist Weighs In on the Potential Health Benefits, Cape Town: Good Housekeeping Institute.

L. du Preez (27143236)

28 May 2021, 08:47 Publicly Viewable

Blog#13 Le 11.1

Pyn is ‘n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaaring wat geassosieer word met werklike of potensiële weefselskade.

Pyn kan veroorsaak word deur: “Nociceptive”pyn wat agv weefselbeserings is bv Artristis of postoperatiewe pyn. Inflammatoriese pyn is ‘n abnormale ontstekking wat veroorsaak word deur ‘n onvanpaste reaksie deur die immuunstelsel bv “gout” of rumatoied artritis. Neuropatiese pyn word veroorsaak deur senuwee-irretasie bv neuropatie. Funksionele pyn is pyn sonder ‘n duidelike oorsprong, maar veroorsaak pyn bv prikkelbare dermsindroom of fibromialgie. (Sentiger, 2019)

Die rede waarom verskillende mense verskillend pyn ervaar is omdat elke persoon verskillend met pyn gekonfronteer word asook hang dit af van persoon tot persoon se toleransie teen pyn en hul pyndrempel.(Brancatisano, 2016). Pyn drempel beteken die vlak waarteen die persoon ‘n stimulus ervaar as pynlik en pyn toleransie is hoeveel pyn die persoon kan vat sonder om in mekaar te sak.

Die volgende beginsels is baie belangrik tydens die hantering van pyn: Matige pyn benodig geen voorskrif nie, maar meer erge pyn benodig wel ‘n voorskrif vir medikasie en ook vir verdowings middels. Daar is wel ook ander maniere om pyn te beheer nl: meditasie, ontspanning, joga en ook afleidings.

Verwysings: indien die bogenoemde behandelings opsies nie die pyn verlig nie, gaan dit nodig wees om die pasiënt te verwys na ‘n spesialis, sodat hy/sy na die brein impulse kan kyk en die pasiënt te behandel volgens daardie resultate.

Brancatisano, E., 2016. Why Do Some People Feel Pain Differently?, s.l.: Huffpost.

Sentiger, J. L., 2019. Name Your Pain: Exploring The Four Types Of Pain, s.l.: Virginia spine institute.

L. du Preez (27143236)

28 May 2021, 07:56 Publicly Viewable

Blog#12

Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:

Klassifikasie van die middels wat as antidepressante gebruik word.

TAD (Trisikliese Anti-depressante)

Sekondêre Amiene:

      • Nortriptillien
      • Desimipramien
      • Lofepramien

Tersiêre Amiene:

      • Amitriptillien
      • Imipramien
      • Trimipramien
      • Chloorimipramien
      • Dotiëpien
      • Butriptillien

MAOI (Mono-Amienoksidase Inhibeerders)

  • Tranielspiromien
  • Moklobemied

SSRI (Selektiewe serotoniem heropname inhibeerders)

  • Fluoksetien
  • Paroksetien
  • Fluvoksamien
  • Sertraline
  • Sitalopram
  • Esitalopram

SNRI (Serotonien & Noradrenalien heropname inhibeerders)

  • Venlafaksien
  • Duloxetien

NARI (Noradrenalien heropname inhibeerders)

  • Reboksetien

Tetrasiklies & Unisiklies

  • Mianserien
  • Mirtasepien
  • bupropioon

Seratonien reseptor moduleerder

  • Trasodoon
  • Vortioksetien

Sirkadiese ritme reguleerders

  • Agomelanien

Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Almal van die middels het veelvuldige multipotente werking op baie monoamienergiese reseptore en is omdat daar ‘n non-spesifieke verhoging is in noradrenalien en serotonien.

Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

Die middels het ‘n stadige aanvang van werking, om en by 14-20 dae en kan selfs langer neem voor die middels effektief beging werk.

Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

TAD

SSRI

Effektiwiteit

TAD benodig titrasie tot minimum effektiewe dosis

SSRI kan onmiddelik met volle dosis begin

Newe-effekte

  • Sedasie
  • Simptomimeties: tremore, insomnia
  • Anticholinergies: vissiesteurnis, droë mond, konstipasie, urienretensie en verwarring
  • KVS: Disritmieë en ortostatiese hipotensie
  • Psigose: presipiteer manie
  • Konvulsies
  • Metaboliese endokrien: toename in massa en seksuele steurnis
  • Insomnia
  • Tremore
  • SVK-steurnisse
  • Hoofpyn
  • Afname in libido
  • Seksuele disfunksie
  • Angs (akuut)
  • EPS
  • Ontrekkings sindroom

veiligheid

Baie gevaarlik indien daar ‘n akute oordosis is. 10 keer die dosis is fataal.

Oordosis kan die volgende veroorsaak:

      • Koma
      • Konvulsies
      • Respiratoriese onderdrukking

Veiliger om te gebruik omdat hul newe-effek profile beter is.

Hoe werk mirtasepien?

            NaSSA- Noradrenalien en spesifieke serotonien anti-depressant.

Blokkeer a2, bevorder beide noradrenalien (outoreseptor) en serotonien (heteroreseptor), serotonie 2A en serotonien 3. Blokkeer ook Histamien 1 en alfa 1. Ook indirekte stimulasie van serotonien 1A.

Hoe werk venlafaksien?

Venlafaksien blokkeer beide die seratonien en noradrenalien heropname, maar is meer potent vir seratonien.

Hoe werk agomelatien?

Agomelanien herstel ‘n persoon se bioritme (slaapritme) deur Melatonien 1&2 agoniste, waar die 5-HT2c antagonis ‘n persoon se slaap bevorder en het ‘n anti-depressiewe werking, omdat dopamine en noradrenalien se vrystelling in die frontale korteks gedisinhibeer word. Dit wil sê daar is ‘n toename in DA en NA vrystelling.

L. du Preez (27143236)

28 May 2021, 07:10 Publicly Viewable

Blog #13 Le 9.5

 

  • Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium?

Litium ioon beinvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, Ig deur vermindering van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede, IP3 en DAG is belangrik in monoamiene en cholinergiese neurotransmissie.

  • Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Litium het 'n klein terapeutiese indeks van 0.5-1.5mM. Indien die terapeutiese indeks meer as 2mM is sal dit toksies wees. Dis belangrik om dit korrek te monitor en beheer anders sal die toksisiteit vinnig bereik word.

  • Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Tydens anti-maniese en anti-depressiewe effekte tydens die akute fase of instandhoudings fase. Wanneer die pasiënt nie reageer op Litium nie, word Litium in kombinasie met Valporaat gebruik tydens akute maniese fases.

  • Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
  1. Dehidrasie, diuretika (tiasied diuretikums), NSAIM's en ACE I's en fluoksetien verhoog die litium vlakke wat kan lei tot toksiteit.
  2. Teensuurmiddels (bv. Na-Bikarbonaat), teofillien en kaffeien verhoog renale uitskeiding van litium-ioon en veroorsaak dus verlaagde effektiwiteit van Litium-ioon.
  3. Tradisionele antipsigotiese middels vererger EPS in kombinasie met Litium-ioon.
  • Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
  1. tremore, sedasie, ataksie en afasie
  2. spierswakheid en moegheid
  3. polidipsie, poliurie en nokturie
  4. nefrogene diabetes insipidus
  5. tiroiedvergroting
  6. leukositose
  7. edeem
  8. toename in massa
  9. aknee, alopesie
  10. seksuele disfunksie
  • Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Dit word in hoë konsentrasies uit geskei in borsmelk, dus word laktasie nie aanbeveel nie, omdat dit toksies kan wees vir die baba.

  • Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
  1. Anti-depressante
  2. Skisofrensie
  3. Gemoedstabiliseerders
  • Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Aanbeveling:

Die waterpil kan veroorsaak dat Litium nie goed opgeruim word nie, en veroorsaak dehidrasie as gevolg van verhoogde urien uitskeiding. Indocid  wat 'n NSAIM,en die diuretika (waterpil) en Camcolit bevat litium. Die NSAIM en diuretika verhoog die vlakke van litium wat tot toksisiteit lei en newe effekte veroorsaak.

Teveel litium veroorsaak moegheid, naarheid en tremore. Die gewigstoename kan wees as gevolg van die verhoogde hoeveelheid litium.

L. du Preez (27143236)

09 May 2021, 18:31 Publicly Viewable

Blog #11

  • Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
  1. Alifaties - Bv. Chloorpromasien. Lae potensie (sterk anti-cholinergiese newe effekte, min ekstra piramidale effekte en is kardiotoksies).
  2. Piperasien - Bv. Flufenasien. Hoe potensie (swak anti-cholinergiese newe-effekte, meer ekstra piramidale effekte en het lae kardiovaskulere newe-effekte).
  3. Piperidien - Bv. Perisiasien. Lae potensie (sterk anti-cholinergiese newe-effekte, min ekstra piramidale effekte en is kardiotoksies).
  • Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Die mesolimbiese Dopamien-2 (D2) reseptore word blokkeer.

  • Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Die atipiese middels blokkeer Serotonien-2A (5-HT2A) meer as vir Dopamien-2 (D2).

  • Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Dopamien-2 (D2) reseptore

  • Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Die piperasien derivate (Fenotiasiene), omdat die middels n hoë potensie het en bind dus sterk aan D2 reseptore. Het 'n hoë affiniteit vir D2 reseptore en daarom hoef jy nie 'n groot hoeveelheid van die middel toe te dien nie.

  • A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Alfa 1- reseptor blokkade omdat dit alfa reseptore blokkeer. Newe-effekte: posturale hipotensie en ejakulasie impotensie deur CPZ, Haloperidol en Chloorpromasien.

 

Brand, L. 2021. Anti-psigoriese middels. Leergedeelte 9. [PowerPoint Presentation]. Study Unit 9, FKLG 312. Potchefstroom, NWU.

L. du Preez (27143236)

02 Apr 2021, 16:21 Publicly Viewable

Blog #10

  1. Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
  • Geneesmiddels wat die dopamine aktiwiteit verhoog.
  • Geneesmiddels wat die cholinergiese aktiwiteit verlaag.

  1. Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
  • Amantadien is ‘n metaffinoiede potensieerder van dopamien, wat die vrystelling van dopamine vehoog, die sintese van dopamine verhoog en die heropname van dopamine blokkeer.
  • Amantadine is ook ‘n NMDA antagonis, agv die antidiskinetiese effekte.
  • Is ook ‘n adenosien A2 anatagonis, wat D2 reseptorfunksies inhibeer en lei tot verhoogde dopamien.

  1. Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Amantadien:

  • Mataffinoiede potensieerder van dopamine, verhoog dopamine vrystelling en die sintese.
  • Dit blokkeer die heropname van dopamine.

Selektiewe MAO-B remmers:

  • Inhibeer selektief MAO-B ensieme, wat lei tot inhibusie van dopamine metabolisme.
  • Dit verhoog dopamine konsentrasie in die SSS.

COMT-remmers (Entakapoon):

  • COMT-ensieme metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD
  • hul kompeteer vir aktiewe transportprosesse.
  • Dus verleng COMT-remmers die werkingsduur van l-dopa, verminder die perifere metabolisme en verbeter die biobeskikbaarheid
  • Bv. Entakapoon

  1. Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivate:

  • Broomkriptien

Nie-Ergotderivate:

  • Pramipeksool
  • Ropinirool

  1. Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

D2 Agoniste:

  • Ropinirool
  • Broomkriptien

D3 Agoniste:

  • Pramipeksool

  1. Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?
  • Pramipeksool
  • Selektiewe MAO-B remmers bv. Selegilien & Rasagilien.
  • MAO-B remmers voorkom dat MPTP omgeskakel word na MPP+, wat dus beskerm teen die voorkoms van Parkinsonisme. (Beskerm die verlies en afbraak van neurone).

  1. Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
  • MOA-B het ‘n voorkeur vir dopamien as ‘n substraat, wat gevolglik dopamien konsentrasie in die SSS sal verhoog.

  1. Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
  • COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)
  • Dit lei tot verhoogde plasmavlakke van 3OMD, wat ‘n swak terapeutiese respons met l-dopa het, agv kompetering vir aktiewe transportprosesse.
  • COMT-remmers verleng die werkingsduur van l-dopa, verlaag perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid.

  1. Hoe werk Istradefilien?
  • Istradefillien, is ‘n adenosien A2 antagonis en sal dus dopamien aktiwiteit se verhoging tot gevolg he.

  1. Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide
  • Safinamied het ‘n 2-ledige werkingsmeganisme.
  • Dit verhoog dopamine aktiwiteit deur:
  • die potente omkeerbare inhibering van MAO-B.
  • inhibisie van dopamien heropname.
  • Verlaag glutamaat vrystelling.

L. du Preez (27143236)

02 Apr 2021, 13:16 Publicly Viewable

Blog #9

  1. Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
  • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
    • Kleiner en gemielineerde vesels word makliker geblokkeer/geinhibeer as groter ongemielineerde vesels.
  • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
    • Die dorsale senuwees, wat impulse gelei, is meer sensitief vir blokkasie/inhibisie as druk/tas senuwees, en sal dus makliker geinhibeer word.

  1. Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
  • Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels, Lidokaïen (Klas 1 GM) wat Natrium kanale blokkeer in die hart. Dit veroorsaak dat die aksie potensiaal verkort en die refraktere periode verleng word.
  • Skeletspier: Swak blokkende effek, geen kliniese toepassing nie.

  1. Waarop berus die keuse van ‘n LA?
  • Kliniese gebruik
  • Aantal tyd benodig

  1. Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Omdat dit die aanvang van werking sal versnel van lokale anestetika.

  1. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
  • Bensokaïene
  • Oksibuprokaïene
  • Kokaïene

L. du Preez (27143236)

02 Apr 2021, 12:44 Publicly Viewable

Blog #8

Stel vir jou 'n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelse (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, en ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy die keuse van middels kom.

Inhalasie:

KVS:

SSS:

Respirasie:

Niere, Lewer en Uterus:

Halotaan

BP.

Miokardium word gesensiteer.

Serebrale bloedvloei.

Intrakraniale druk.

Vining, gladde induksie.

Stadium II is afwesig.

Geen speeksel-brongiale sekresie of hoes.

Uterus:

Spierkontraksie (Eksterne draaiing van baba).

Lewer:

Hepatotoksies (deur lewer gemetaboliseer).

Enfluraan

Minder BP verlanging as Halotaan.

Vining, gladde induksie, soms konvulsies.

Meer verlaging as Halotaan

Isofluraan

Minder BP verlanging as Halotaan en Enfluraan.

Vinniger induksie.

Vinniger herstel.

Sterk /Potente onderdrukkende effek.

Sevofluraan

Minder BP verlanging teenoor Halotaan en Enfluraan.

Vinniger induksie en

herstel as Isofluraan.

Serebrale bloedvloei.

Intrakraniale druk.

Minder irriterend in lugweë as Desfluraan.

Desfluraan

Minder BP verlanging teenoor Halotaan en Enfluraan.

Vinniger induksie en

Herstel as Isofluraan.

Serebrale bloedvloei.

Intrakraniale druk.

Potente reuk.

Irriterend in lugweë.

Hoes.

Asemnood

Laringosasma.

Vermy as induksiemiddel

N20

(Stikstofmonoksied)

Geen effek.

Swak anestesie.

Amnesia.

Sterk/ Potente analgetikum.

Suiwer N20 kan suurstof tekort veroorsaak = Hipoksie.

Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels:

  • Bradikardie (Halotaan)
  • Irriteer die respiratoriese sisteem. (Desifuraan)
  • Hepatoksisiteit, nier skade (Halotaan inhalasie middel).
  • Konvulsies (Enfluraan inhalasie middel).
  • Hipoksie (Halotaan en N20 gas)
  • Laringospasma (Desfluraan en Sevofluraan)