Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

CILA PAUER

Default profile image
----------

BLOG#13

28 May 2021, 16:17 Publicly Viewable

Pyn is ʼn onaangename subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade. Pyn is iets wat ons ervaar en die intensiteit kan op ʼn skaal van 0 tot tien beskryf word.

Hoe jy op pyn reageer hang van elke individu se sensitiwiteit en pyndrumpel. Party mense word afgelei van take deur pyn, ander mense gebruik take om hulself af te lei van pyn af, ander mense kan net hul gedagtes laat gaan en nie die pyn ervaar nie.

Pyn word deur senuweeselle waargeneem, syne word deur die spinale koord gestuur na die brein korteks. Die korteks besluit wat om met die pyn stimulus te doen. Motoriese paaie word geaktiveer om te reageer deur bv. jou hand van ʼn warm plaat af op te tel. Endorfiene word ook afgeskei om te help met die hantering van pyn.

Pyn kan ook ervaar word sonder fisiese gebeure. Pyn help die liggaam om vroeg genoeg te reageer voor skade berokken word.

Om uit te vind hoe jou brein reageer op pyn is die sleutel om die beste behandeling vir jou pyn te bepaal.

Akute pyn reageer dikwels goed op die opioïede, terwyl chroniese pyn dikwels swakker op hierdie middels reageer en dikwels hoër dosisse benodig.

BLOG #12

23 May 2021, 09:12 Publicly Viewable

Blog#12

Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.

TAD

MAOI’s

SSRI’s

SNRI’s

SNRI’s

Tetra en Unisikliese

Tersiere

Amitriptilien

Imipramine

Trimipramien

Chloorimipramien

Dotiepien

Butriptilien

Sekondere

Notriptillien

Desimipramien

Lofepramien  

Selektiewe MAO-B

Rasagilien

Selegilien

Deprenil

Non-selektiewe

Tranielsipromien

Selektiewe MAO-A

Moklobemied

Fluoksetien

Paroksetien

Fluvokamien

Sentralien

Sitalopram

Esitalopram

Venalfaksien

Duloxetine

Reboksetien

Tetrasikliese

Mianserien

Mitrasepien

Amoksapein

Maprotilien

Unisikliese

Bupropioon

             

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  • Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Meeste van die middels verhoog seretonien en NA konsentrasies by sentrale sinapse

  • Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

14-21 dae, Antidepressante teiken ons DNA, veral die gene wat vir die serotonien vervoerder kodeer.

Dit maak hierdie gene minder aktief, dus is minder serotonien-vervoermolekules in die brein beskikbaar.

  • Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

TAD

SSRIs

Effektiwiteit

Kliniese effektiwiteit is dieselfde vir alle middels

Kliniese effektiwiteit is dieselfde vir alle middels

Newe effekte

Sedasie, anti-cholinergiese effekte, kinidienagtige effekte wat hart geleiding blok en dissritmiee kan veroorsaak.

Insomnia, tremore, svk-steurnisse, hoofpyn, veerlaagde libido, seksuele disfunksie, angs, EPS.

Veiligheid

Minder veilig

Eerste keuse middels

  • Hoe werk mirtasepien?

Dit is ʼn noradrenrgiese en spesifieke serotonien middel. Dit blok alfa 2 reseptore en bevorder NA (outoreseptor) en bevorder ook serotonien vrystelling (heteroreseptor).

  • Hoe werk venlafaksien?

Blokkeer beide NA en serotonien se heropname, egter meer potent vir serotonien as vir NA. Lae affiniteit vir H1 ,M en alfa 1 reseptore. Ook ʼn swak dopamien heropname inhibeerder.

  • Hoe werk agomelatien?

Dit is ʼn serotonien 2C antagonis, en ʼn MT1 en MT2 reseptor agonis.

BLOG #13

07 May 2021, 22:30 Publicly Viewable

 Blog#13

  • Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Litium beinvloed die 2de boodskapper sisteem, beide in die adenielsiklase en fosfolipase sisteem.

  • Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Dit is tussen 0.5-1.5 mM, dit is n klein teraoeutiese indeks, enige iets groter as 2mM is toksies en kan fatal wees.

  • Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Enkelmiddel as gemoedstabiliseerder

En gekombineer met Klonasepam en Lorasepam vir bipolere versteurigs

  • Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

Tiasiede, NSAIM’s en Fluoksetien verhoog litium ioon vlakke en kan toksies wees.

Teensuur middels, teofillien en kaffeien verhoog renale uitskeiding van litium ioon.

Tradisionele anti spigotiese middels vererger EPS in kombinasie met Li ioon.

  • Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Tremore, sedasie, ataksie, afasie

Spierswakheid moegheid

Nefrogene diabetes insipidus

  • Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Laktasie word nie aanbeveel nie want litium lek in die borsmellk en kan toksies wees.

  • Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Gemoedstabiliseerders, antipsigotika en antidepressante.

  • Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Camcolit bevat Litium

Indocid is ʼn NSAIM wat litium vlakke sal verhoog en toksisiteit veroorsaak ( moegheid, massa toename, tremore)

Ek sal dus aanbeveel dat sy ophou om Indocid gebruik.

Waterpille is diuretika wat ook bydrae tot die toksisiteit van Litium ione.

BLOG#11

07 May 2021, 21:37 Publicly Viewable

Blog#11

  • Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
  1. Alifatiese derivate: VB- Chloorpromasien= Lae potensie middle, erge anicholinergiese newe effekte, sedasie
  2. Piperidien derivate: VB- Perisiasien= Lae potensie middle, erge anicholinergiese newe effekte, sedasie
  3. Piperasien derivate: VB- Flufenasien= Hoe potensie middle, minder anticholinergiese newe effekte asook verlaagde sedasie

  • Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Dopamien reseptore

  • Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Die tipiese middels bind meer aan dopamine reseptore terwyl die atipiese middels meer seretonien 2a reseptore blokeer as dopamine 2.

  • Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Blokade van 5-HT2A

  • Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?

Haloperidol dit het ʼn hoe potensie en is ʼn potente D2 blokker.

  • A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Agv muskariene blokkade

BLOG#10

07 May 2021, 21:17 Publicly Viewable

Blog#10

  • Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Geneesmiddels wat dopamine aktiwiteit verhoog.

Geneesmiddels wat cholinergiese aktiwiteit verlaag.

  • Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Dit is n anti-virale middle

  1. Metaffinoide potensieerder van dopamine
  2. NMDA Antagonis
  3. Adenosien A2 antagonis
  4. Antiviral

  • Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Selektiewe MAO-B remmers inhibeer maob ensieme met die gevolg dat dopmien metabolisme onderdruk word end at dopamine vlakke in die sss verhoog.

  • Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Broomkriptien is nie ergotderivate nie

Die nuwer middels soos Ropinirole, Pramipeksool en Amantadine is wel.

  • Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

Broomkriptien is n gedeeltelike agonis op D2 reseptore, Pramipeksool het affiniteit vir D3, Ropinirole D2 agonis, Rotigotien D1,D2 en D3.

  • Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Monoamine oksidase inhibeerders.

  • Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Dit inhibeer selektief MAO B ensieme met die gevolg dat dopamine metabolisme onderdruk word en dat dopamine vakke sss verhoog.

  • Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

COMT metaboliseer L-dopa. COMT remmer verleng die werkings duur van L-dopa en verlaag perifere metabolisme wat tot verbeterde biobeskikbaarheid lei.

  • Hoe werk Istradefilien?

Dit is ʼn Adenosien A2 antagonis, adenosien inhibeer die D2 funksie.

  • Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied
  1. Dit verhoog dopamine aktiwiteit- inhibisie van DA heropname en potente omkeerbare inhibisie van MAO-B.
  2. Verlaag glutamaat vrystelling

BLOG#7

13 Mar 2021, 10:27 Publicly Viewable
  • Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Middels wat die Pil se metabolisme beïnvloed sluit in:

Fenobarb

Karbamasepien

Fenitoien

Oksarbasepien

Topiramaat

Die implikasie hiervan is dat dit die Pil se effektiwiteit beïnvloed en ongewenste swangerskappe kan voorkom.

Middels wat veilig is om saam met die Pil te gebruik sluit in:

Valproaat

Lamatrogine

Gabapentin

Leviteracetam

Vigabatrin

  • Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

In neonate word die middels stadiger gemetaboliseer as by volwassenes.

By babas en kinders is daar ʼn vinniger metabolisme as volwassenes.

By bejaardes word daar laer dossise gegee omdat hul lewer en nier funksie gewoonlik onderdruk is.

  • In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Wanneer Fenitoien gebruik word want dit het ʼn versadigbare metabolisme in die lewer. Jy moet versigtig wees met dosis verhoging want dit kan toksisiteit veroorsaak.

BLOG#4

06 Mar 2021, 09:19 Publicly Viewable

Chamomile het sedatiewe en anksiolitiese effekte. Die flavonoid, apigenin bind aan bensodisepien reseptore in die brein en veroorsaak sedatiewe effekte. Dut inhibeer GAD aktiwiteite en veroorsak so anksiolitiese effekte.

Jin Bu Huan het ook sedatiewe effekte maar kan hepatotoksisiteit veroorsaak.

Lavender aromaterapie is ook bekend vir sy kalmerende en aksiolitiese effek.

BLOG#3

06 Mar 2021, 08:44 Publicly Viewable
  • Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Lipofiliteit

Hoe hoer die lipofiliteit hoe beter is die absorpsie en verspreiding en ook andersom.

  • Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Dit is wanneer middels wat hoogs lipied oplosbaar is van die brein na ander weefsels versprei word. Dit is belangrik want dosisse sal aangepas moet word om die korrekte hoeveelheid by die gewenste weefsel uit te kry. Ook om sekere nadelige effekte te vermy.

  • Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.
  1. Dealkilering- aktiewe metaboliete word gevorm.
  2. Oksidasie- sitochroom P450 is betrokke en vorm aktiewe metaboliete
  3. Konjugasie- fase 2 van geoksideerde metaboliete met glukuronsuur om onaktiewe metaboliet te vorm

  • Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?

Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en ketasolam. Die vorming van aktiewe metaboliete verleng die middels se werkingsduur.

  • Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?

Oksasepam, Lorasepam , Temzsepam, en Lornetasepam.

Die voordeel is dat hierdie middels vir pasiente gegee kan word waar sitochroom P450 aktiwiteit laag is, en metabolisme sal steeds voldoende plaasvind.

  • Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensiem induksie?

Dit is die toename in die biosintese van n katalitiese ensiem na blootstelling aan n chemiese middel, Barbturate is bekend hiervoor.

BLOG#2

05 Mar 2021, 18:58 Publicly Viewable
  • Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Dit is die onvermoë om dinge te onthou tydens die werking van n geneesmiddel soos Bensodiasepiene.

  • Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.

Dit verminder tyd om aan die slaap te raak en verhoog totale slaaptyd vir mense wat minder as 6 ure ʼn nag slaap.  Dit verhoog ook die duur van fase 2 NREM

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?

Barbirate en Midasolam, Diasepam, en Lorasepam ( intra veneuse saam met ander middels).

Barbirate kan maksimum onderdrukking veroorsaak a.g.v. addisionele onderdrukking van AMPA reseptore en die nonsinaptiese membraan effek.

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

Hoe dosisse Barbirate en sekere Bensodiasepiene. Selektiewe antikonvulsiewe effekte met fenobarbitoon klonasepam en klobasam.

  • Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

Die middels inhibeer polisinaptiese reflekse en veroorsaak spierverslappende effekte.

  • Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.

As gevolg van die kalmerende effekte kan oordosis die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels onderdruk.

BLOG#6

03 Mar 2021, 15:42 Publicly Viewable
  • Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkohol inname?

Sentrale senuweestelsel aanpassing a.g.v. aanhoudende stimulasie veroorsaak ʼn verhoogde metabolisme tempo van alkohol. Asook kruistoleransie van ander sedatief hipnotika kan maak dat mens ʼn hoër toleransie het teenoor alkohol met chroniese gebruik.

  • Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewer metabolisme?

Dit veroorsaak ʼn progressiewe vermindering in lewerfunksie. Dit veroorsaak dat die lewer hard word, sirrose asook hepatitis.

Glukoneogenese verminder in die lewer wat tot hipoglukemie en vet akkumulasie kan lei.

  • Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Dit is ʼn geestesversteuring wat gekenmerk word deur erge geheue verlies. Nog ʼn simptoom is ataksie wat verlies aan spier koördinering is. Behandeling sluit die neem van vit B mondeliks of intraveneus, parenterale tiamien. Behandeling vir alkoholisme is ook nodig.

  • Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Indien ʼn vrou alkohol gebruik tydens swangerskap kan dit teratogenies effekte tot gevolg hê. Dit veroorsaak groei probleme en breinskade. Algemene kenmerke is onderontwikkeling van middelste gesig area en mikrokefalie. Etanol bereik die baba deur die naelstring en kruis die plasenta, fetale lewer besit min of geen alkohol dehidrogenase aktiwiteit nie. Die fetus kan daarom nie die alkohol verwerk nie en het dieselfde hoeveelheid alkohol in sy bloed as wat die ma in hare het vir ʼn langer tyd. Die alkohol het n invloed op hoe senuwees ontwikkel en dit kan selle dood maak.

  • Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Chroniese gebruik van etanol verhoog die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels. Terwyl akute alkohol gebruik die metabolisme van middels verlaag.

  • Noem 4 geneesmiddel interaksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 

Akute alkohol gebruik verlaag die metabolisme van middels soos Fenotiasiene en se sedatief-hipnotika middels soos bensodiasepiene.

Indien alkohol saam met Aspirien geneem word verhoog dit die antiplaatjiekleefbaarheidseffekte daarvan.

Alkohol potensieer ook die effekte van vasodilatore soos Nitrogliserien.

Alkohol keer ook die metabolisme van Parasetamol.