Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

HILDE LAING

Default profile image
----------

Blog#13

19 Jun 2021, 17:11 Publicly Viewable

Berei ‘n kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ‘n kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels.

Pyn word gedefinieer as ‘n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ondervinding geassosieer met werklike of potensiële weefselskade.  Pyn word verder verdeel in akute (“nociceptive”) en neuropatiese (chroniese) pyn. 

Akute pyn word veroorsaak deur stimulasie van pynreseptore of “nociseptive receptors”  en voortgedra d.m.v intakte senubane, terwyl chroniese pyn dikwels met neurale supersensitiwiteit gepaard gaan, a.g.v. skade aan neurale strukture.  Akute pyn reageer dikwels goed op die opioïede, terwyl chroniese pyn dikwels swakker op hierdie middels reageer en dikwels hoër dosisse benodig. 

In kliniese situasies kan pyn nie willekeurig beëindig word nie en die betekenis van die sensasie en die mate van ongemak wat dit veroorsaak word grootliks beïnvloed deur die individu se vorige ervarings en die huidige verwagting. 

Verskillende mense ervaar pyn anders as gevolg van hoe elke persoon se liggaam pyn hanteer van die vel na die brein. Individuele pyn verskille is ‘n kombinasie van kognitiewe faktore. ‘n Persoon se pyn toleransie speel ‘n invloed.

Die doel vir pynhantering is om die pasiënt se pyn te verminder, om te voorkom dat akute pyn chroniese pyn word

Blog#12

23 May 2021, 15:32 Publicly Viewable

Blog#12

  1. Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.

TAD:

  1. Tersiere anmiene:
  1. Amitriptillien
  2. Imipramien
  3. Trimipramien
  4. Chloorimipramien
  5. Dotiëpien
  6. Butriptilien
  1. sekondere amiene:
  1. Nortriptilien
  2. Desimipramien
  3. Amoksapien (NIE TAD)= tetrasikliese middel
  4. Maprotilien (NIE TAD)= tetrasikliese middels
  5. Lofepramien

mono-amienoksidase inhibeerders:

  1. Tranielsipromien
  2. Moklobemied

SSRI’s – Selektiewe 5-HT heropname remmers:

  1. Fluoksetien
  2. Paroksetien
  3. Fluvoksamien
  4. Sertralien
  5. Sitalopram
  6. Esitalopram

SNRI’S – Serotonien en noradrenalien heropname remmers:

  1. Venlafaksien
  2. Duloxetien

NARI’S - Selektiewe noradrenalien heropname remmers

  1. Reboksetien

Tetrasikliese en unisikliese anti-depressante:

  1. Mianserien
  2. Mirtasepien
  3. Bupropioon

5-HT reseptor-moduleerders:

  1. Trasodoon
  2. Vortioksetien:

Sirkadiese ritmereguleerders:

  1. Agomelatien

  1. Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
    • Effek op serotonien sisteem.
    • Blokkeer SERT OF 5-HT.
  2. Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

Stadige aanvang van werking (14 – 21 dae of meer).

Die rede hiervoor is die tyd wat dit neem om ‘n effek op 5-HT reseptore te toon of afname in 5-HT reseptore.

  1. Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

TAD:

SSRI:

Effektiwiteit

TAD benodig titrasie tot minimum effektiewe dosis

SSRI’s gewoonlik onmiddelik met volle dosis kan begin. Kan angs presipiteer.

Newe-effekte

  1. Sedasie (Weens H1 reseptor blockade)
  2. Simpatomimeties: tremore, insomnia (Verlaag die NA heropname)
  3. Anticholinerg: visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring (M-blokkering)
  4. KVS: ortostatiese hipotensie, disritmieë
  5. Psigoses, presipiteer manie
  6. Konvulsies

  1. Insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, ↓ libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), EPS (Naalde en spelde/kriewelrigheid/rustelose bene), onttrekkingsindroom.
  2. Die middels kan aptyt verlaag en oorgewig pasiente kan sodoende gewig verloor.
  3. Middels is nie sederend nie – maak nie vaak nie
  4. Hoër akute angs as toks. as SSRI’s
  5. Aanvanklik is daar ‘n skielike verhoging in die 5-HT vlakke in die brein wat angs vererger, dit word egter later weer beter.

Veiligheid

TAD – oordosis:

  1. Baie gevaarlik
  2. 10x daaglikse dosis kan fataal wees
  3. Agitasie, delirium, neuromuskulêre irriteerbaarheid, konvulsies, koma, respiratoriese onderdrukking, sirkulatoriese kollaps, hiperpireksie, disritmieë
  4. Koma, Konvulsies, Kardiotoksisiteit

Die middels het ‘n beter NE profiel as baie ander middels en is veiliger in akute oordosering

  • Hoe werk mirtasepien?

 Blokkeer α2, 5HT2A, 5HT2C en 5HT3 reseptore.

  • Hoe werk venlafaksien?

Blokkeer beide 5-HT en NA heropname, meer potent vir 5-HT as vir NA.

  • Hoe werk agomelatien?

melatonien 1+2 agonis en ‘m antagonis op 5-HT2C reseptore

blog #10

01 Apr 2021, 15:48 Publicly Viewable
  1. Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
  • Geneesmiddels wat dopamien aktiwiteit verhoog
  • Geneesmiddels wat cholinergiese aktiwiteit verlaag.
  1. Hoe werk Amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Amantadien sal op ‘n indirekte manier en metafinoïede wyse dopamien verhoog. Dit verhoog die vrystelling en sintese van DA. Inhibeer die heropname van DA. Amantadien tree op as ‘n NMDA antagonis a.g.v. antidiskinetiese effekte en help met bewegingsteurnisse. Amantadien is ook ‘n α2 antagonis wat D2 reseptore inhibeer en dus dopamien verhoog.

  1. Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Amantadien

      • Metaffinoïede potensieerder, verhoog DA vrystelling & sintese
      • Inhibeer heropname van DA

Selektiewe MAO-B remmers

      • Inhibeer selektiewe MAO B ensieme wat lei tot inhibisie van DA
      • Verhoog DA konsentrasie in SSS
      • Vb is Selegillien en Rasagilien

COMT-remmers (Entakapoon)

      • COMT ensiem metaboliseer L-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)
      • kompeteer vir aktiewe transportprosesse
      • COMT-remmer sal L-DOPA werkingsduur verleng, perifere metabolisme verminder en verbeterde biobeskikbaarheid veroorsaak.
      • Bv. Entakapoon
  1. Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivate:

      •  Broomkriptien

Middels wat nie Ergoderivate is nie:

      • Pramipexole
      • Ropinirole
  1. Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
  • D2 agoniste
  • Ropinirole
  • Broomkriptien
  • D3 agoniste
    • Pramipeksool
  1. Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Selektiewe MAO-B remmers (bv. Selegilien en Rasagilien)

Pramipeksool

Dit beskerm die afbraak en verlies van neurone.

  1. Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

MAO-B verhoog dopamien konsentrasie in die SSS.

  1. Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
  • COMT metaboliseer L-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)
  • 3OMD en L-DOPA kompiteer vir aktiewe transport prosesse
  • COMT-remmer verleng werkingsduur van L-dopa, verlaag perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid
  • COMT-remmers werk op n indirekte manier
  1. Hoe werk Istradefilien?

Adenosien A2 Antagonis wat die dopamien vakke verhoog, want Adenosien blok die D2-R funksie. Indien D2-R geinhibeer word sal DA verhoog.

  1. Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide

Safinamied het 'n tweeledige werkingsmeganisme:

1. Dit verhoog dopamien aktiwiteit d.m.v MAO-B en DA heropname te inhibeer. 

2. Verlaag glutamaat vrystelling

blog #9

01 Apr 2021, 15:00 Publicly Viewable
  1. Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Gemielineerde vesels word makliker geblok as ongemeilineerde vesels.

Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Dorsale senuwee word makliker geblok as druk/tas senuwee.

  1. Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

Hart 

      • klas 1 anti-aritmiese middels
      • blok Natrium kanale

Skeletspier

      •  swak inhiberende effek
      • geen kliniese toepassing

               Gemoedstoestand verander

                                  

  1. Waarop berus die keuse van ‘n LA?
      • Kliniese gebruik
      • Aantal tyd benodig

  1. Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Dit sal die effekte van ‘n locale anestetikum potensieer.

  1. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
      • Bensokaïen
      • Kokaïen
      • Oksiburokaïen

blog #8

01 Apr 2021, 14:41 Publicly Viewable
  • Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

 

KVS

SSS

RESPIRATORIES

NIERE

LEWER

UTERUS

HALOTAAN

Bloed druk.

Miokardium word gesensitiseer vir die aritmogene effek van ketesjolamiene.

Vinnige, gladde induksie, stadium 2 afwesig.

Verhoog serebrale bloevloei en intrakraniale druk.

Geen speeksel/brongiale sekresie

Geen hoes

Nie irreterend

Verlaag glomulêre flitrasie en urine vloei.

Hepatoksies

Spierkontraksie

Eksterne draaiing van baba.

ENFLURAAN

Geen sensitisering van miokardium.

Minder bloeddruk as halotaan.   

Vinnige, gladde induksie. Soms kunfulsies. Nie epileptic.

Meer onderdrukking as Halotaan.

Verlaag glomulêre filtrasie en urine vloei.

ISOFLURAAN

Minder bloeddruk verlaging as Halotaan en Enfluraan.

Geen sensitisering van miokardium.

Vinniger induskie en herstel as Halotaan.

Potente onderdrukkende effek.

Versterk agv potente skeletspierverslappende effek.

Verlaag glomulêre filtrasie en urine vloei.

DESFLURAAN

Minder verlaging as Halotaan en Enfluraan

Nog vinniger induksie en herstel as Isofluraan.

Verhoog serebrale bloedvloei en intrakraniale druk.

Irriterende effek agv skerp reuk

Veroorsaak hoes, asemnood & laringospasma

Verlaag glomulêre filtrasie en urine vloei.

SEVOFLURAAN

Vinniger induksie en herstel van Isofluraan.

Verhoogde serebreale bloedvloei sowel as intrakraniale druk.

Minder onderdrukkend as Halotaan en Enfluraan.

Minder irreterend in lugweë.

Verlaag glomulêre filtrasie en urine vloei.

N2O gas

Geen effek

Swak anastetikum

Potente analgetikum

amnesie

Hipoksie

Verlaag glomulêre filtrasie en urine vloei.

  • Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels:

Halotaan: hepatotoksies, bradikardie, intrakraniale druk verhoging, hipoksie

Enfluraan: konvulsies

Desfluraan: laringospasma

Sevofluraan: laringospasma

N2O: hipoksie

 

blog #7

01 Apr 2021, 13:53 Publicly Viewable

1.Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Middels wat die Pil se metabolisme beïnvloed:

  • Fenobarbitoon
  • Fenitoïen
  • Karbamasepien
  • Topiramaat
  • Oksarbasepien
  • Parampanel

Die geneesmiddels verminder die effektiwiteit van die pil.

Middels wat veilig is om saam met die Pil te gebruik:

  • Valproaat
  • Lamotrigien
  • Gabapentin
  • Leviterasetam
  • Vigabatrin

2.Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Neonate het ‘n stadige metabolisme. Kinders en babas het ‘n vinnige metabolisme dus kan hul dosisse verhoog word. Bejaardes se metabolisme is stadig dus word laer dosisse gegee. Elke ouderdoms groep absorbeer en metaboliseer medikasie anderste.

3.In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Plasmavlakmonitering word benodig by geneesmiddels met nou terapeutiese indekse, naamlik Fenitoïen, Fenobarbitoon, Lamotrigien en Orale kontrasepsies.

blog #6

01 Apr 2021, 13:35 Publicly Viewable
  1. Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
  • SSS-aanpassings
  • MEOS (mikrosimale etanol oksidasie) wat alkohol metabolisme verhoog.
  • Kruistoleransie as gevolg van bensodiasepiene en ander sedatief-hipnotika.
  1. Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

Dit lei tot ‘n progressiewe onderdrukking in lewer funksie en lei dus tot hepatitis en lewersirrose.  Lewersirrose is erger in mans as in vrouens. ‘n Afname in glukogenese sal waargeneem word wat lei tot hipoglukemie, vetakumulasie en nutrient gebreke dra by hier by. Verhoging in die aktiwiteit van lewermikrosimale ensieme.

  1. Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

‘n Sindroom wat veroorsaak word deur ‘n terkort aan tiamien of vitamien B1. Kenmerke is ataksie, verwarring, paralise van gesigspiere. Dit word behandel met parentale tiamien om permanente breinskade te voorkom.

  1. Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Fetale alkoholsindroom is ‘n tetratogeniese effel wat ontstaan as gevolg van swanger vroue wat chronies alcohol misbruik. Abnormaliteite wat gekenmerk word aan fetale alkoholsindroom is verstandelike vertraging, groeigebrekke, mikrofalie en onder ontwikkelde middelste area van die gesig.

  1. Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Akute alkoholgebruik onderdruk die metabolisme van middels soos Fenotiasien, TAD’s en ander sedatief-hipnotika.

Chroniese alkoholgebruik verhoog die metabolisme van ander geneesmiddels soos Parasetamol.

 

  1. Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
  • Fenotiasiene
  • Sedatief-hipnotika
  • Aspirien
  • Parasetamol

blog #5

31 Mar 2021, 20:32 Publicly Viewable
  1. Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Vinnige absorpsie en verspreiding, want dit is hoogs lipofilies. Piekvlakke word bereik binne 30 min tydens ‘n vastende toestand.  Volume van distribusie is afhanklik van die totale liggaam water (0.5-0.7 L/kg). Die ekwivalente orale dosis van vrouens is laer as in mans, want vrouens het minder liggaamswater as mans. 90% van die etanol word gemetaboliseer in die lewer en die res in die longe en uriene. Volwassenes metaboliser 7-10g/h.

  1. Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanol metabolisme.

Etanol metabolisme vind plaas volgens 2 ensiemsisteme. Die 2 sisteme is Alkoholhidrogenase (zero- orde kinetika) en MEOS (gemengde funksie oksidase). Die eindproduk van etanolmetabolisme is asetaldehied.

1. Alkoholdehidrogenase: Lae en matige hoeveelhede

Beperkte hoev. NAD (ko-ensiem): zero-orde kinetika, (7 – 10 g/h). Ongeag die hoeveelheid ingeneem bly die tempo van afbraak constant.

2. MEOS = Mikrosomale etanol oksidasie (Gemengde funksie oksidases) hoër konsentrasies (>100mg/dL)

MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik, kan geinduseer word, gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie. Eindproduk = Asetaldehied. Opeenhoping van asetaldehied lei tot naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duisligheid.

  1. Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

GM:

  • Disulfiram
  • Metronidasool
  • Kefalosporiene
  • Hipoglisemiese GM’s

Effekte:

Die geneesmiddels inhibeer asetaldehied en veroorsaak ‘n opeenhoping van asetaldehied in die liggaam wat verhoed dat die alkohol gemetaboliseer kan word en veroorsaak die volgende :

  • Naarheid
  • Hoofpyn
  • Hartkloppings
  • Blosing / gloede
  • Duiseligheid

blog #4

31 Mar 2021, 19:50 Publicly Viewable

Daar is verskeie alternatiewe opsies om angs en slaaploosheid te behandel, hier is ‘n paar natuurlike opsies:

Angsiolitikums:  

  1. Kava 
  2. Valerian root
  3. Lavender 

Insomnia:

  1. Chamomile 
  2. Valerian
  3. Passionflower 
  4. Melatonin
  5. Hops 
  6. Lemon balm 

blog #3

31 Mar 2021, 15:45 Publicly Viewable

 

  1. Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed? Wat is die kliniese belang hiervan?

Faktore wat die Absorpsie en Verspreiding beïnvloed is die lipofiliteit van ‘n geneesmiddel.  Hoe meer lipofiel ‘n geneesmiddel is, hoe beter is die absorpsie en hoe vinniger gaan die aanvang van werking getoon word.

Die kliniese belang is dat geneesmiddels wat minder lipofilies is gebruik word by bejaardes, neonate en lewersirrose terapie met sitochroom P450 remmers.

  1. Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistribusie is die vermoë van die liggaam om middels wat hoogs lipofilies is te versprei na organe in die liggaam en ander weefsel. Geneesmiddels wat meer lipofiel is se werkingsduur in die liggaam word verleng.

  1. Hoe word die BD’e gemetaboliseer? Gee die verskillende stappe in die proses.

Bensodiasepiene word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme onder normale omstandighede:

  1. Dealkilering (Aktiewe metaboliete)
  2. Oksidasie (Sit P450: aktiewe metaboliet)
  3. Konjugasie (Fase 2) van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliet te vorm.
  4. Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?

Diazepam, Chloorasepaat, Prazepam, Chloordiasepoksied en Ketazolam.

Die belang hiervan is dat hierdie middels al 3 metabolisme stappe, aktiewe metaboliete vorm, hul werkingdsuur word veleng en hulle is almal hoogs lipofilies. Hierde BD’e moet dus nie saam met sitochroom P450 induseerders gebruik word nie.

  1. Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?

Oksasepam, Lorasepam, Temasepam en Lormetasepam is almal minder lipofiliese middels en word nie gedealkileer of geoksideer tydens metabolisme nie, maar dadelik gekonjugeer. Die voordeel is dat hierdie middels gebruik sal word in pasïente waar sitochroomP450 aktiwiteit laag is, daar sal geen metaboliete vorm nie.

  1. Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie is toename in biosintese of katalilitiese aktiewe ensieme as gevolg van blootstelling aan ‘n chemiese middel of fisiologiese kondisies. Ensieminduseerdes is Barbiturate. Ensiem induksie veroorsaak ‘n verhoging in metabolisme en uitskeiding van geneesmiddels in die ligaam wat dus ‘n verlaagde farmakologiese effek tot gevolg het.