Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

NICOLE BADENHORST

Default profile image
----------

Blog #14 (13.2)

13 Jun 2021, 19:54 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

Van hierdie stimulante word ook dikwels deur leerlinge en studente gebruik/misbruik as kognitiewe prestasie bevorderaars.  Doen ‘n soektog op die internet en stel ‘n verslag saam oor die meriete/gevare verbonde aan hierdie praktyk.

Hierdie stimulante, naamlik Metielfenidaat (soos bv. Ritalin of Conserta, skedule 6) word gebruik in die sleutel kortikale en subkortikale areas wat betrokke is by aandag en uitvoerende funksies. Hierdie stimulante aktiveer die sentrale senuwee stelsel, en veroorsaak dan verhoogde waaksaamheid en brein funksies.

Hierdie tipe medikasie word voorgeskryf vir persone wat sukkel om hul aandag te vestig, mense wie maklik aandag afleibaar is, dus met ADHD gediagnoseer word.

Hierdie middels word deesdae sonder voorskrif onder mekaar uit geruil, veral in universiteite onder die studente. Dit word gebruik om die studente se aandag beter te fokus op hul leerwerk en hul die vermoë te gee om langer ure te kan werk, om beter akademiese resultate te verkry. 

Sommige mense neem hierdie medikasie om gewig te verloor, as gevolg van dat die medikasie ‘n persoon se eetlus sal onderdruk. Hierdie middels word ook soms misbruik deur atlete, omrede die middels vir hul meer energie bied en sal bydra tot verbeterde fokus tydens lang oefen sessies. 

Sommige newe effekte wat hierdie stimulante kan veroorsaak is as volg:

  • Hoofpyn
  • Duiseligheid
  • Sedasie
  • Tagikardie
  • Palpitasies
  • Aritmieë
  • Bloeddruk / polstempoveranderinge
  • SVK
  • Droeëmond
  • Veluitslag
  • Koors
  • Gewrigspyne

Voorsorg maatreëls wat dus in ag geneem moet word:

  • ’n Deeglike diagnose by kinders met verslae van ouers en onderwysers.
  • Monitor groei in kinders (gewig en lengte)
  • Monitor bloeddruk
  • Dit is ’n sentrale senuwee stelsel stimulant, en moet dus nie laat in dag geneem word nie.
  • Gee na etes as gevolg van die absorpsie wat vinniger sal plaasvind, kan wel eetlus onderdruk.
  • Geneesmiddel vakansies, bedoelende indien moontlik oor naweke / skoolvakansies breuke neem met die middel.
  • Noodsaak van kontinue terapie op gereelde basis, maar op nie-kritieke tye in skooljaar.
  • Volwassenes op chroniese terapie gereeld geëvalueer word vir tekens van afhanklikheid en misbruik van hierdie middel.
  • Individualiseer dosering (langwerkend / stadig-vrystellende preparate).

Die misbruikpotensiaal van hierdie middel is dus groot, as gevolg van dat dit deur mense gebruik word vir die verkeerde redes naamlik konsentrasie te behou, eetlus onderdruk asook meer energie sal . Daarom is dit beter om eerder ‘n goeie beplanning voor te berei, sodat jy as student die werk kan voltooi betyds. Dit word nie as prakties eties beskou wanneer die geneesmiddels gebruik word as daar geen diagnose van ADHD betrokke is nie. Die effekte van die geneesmiddels kan oor ‘n langtydperk ‘n negatiewe effek op die persoon se kognitiewe denke asook prestasie hê.

Bronnelys

Bateman, H., Hillmore R., Jackson D., Lusznat S., McAdam K., & Regan C.  2004.  Dictionary of Medical Terms.  4th ed.  London.: A & C Black.  p. 481.

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 13.2 (PowerPoint Presentation).  https://efundi.nwu.ac.za/access/lessonbuilder/item/6419153/group/dd46f2da-d3be-402e-9ba7-2c5955cedd9d/Afrikaanse%20skyfies/Afrikaanse%20skyfies%202021/LE%2013.pdf  Datum van toegang: 13 Junie 2021.

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  p. 1203.

Blog #14 (12.5)

12 Jun 2021, 22:39 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

1. Watter verskillende groepe hallusinogeniese middels is bekend?

  • PCP (Phencyclidine / Phenylcyclohexyl Piperdine)
  • LSD (Lysergic Acid Diethylamide), Mescaline, Psilocybin

2. Noem ‘n paar tipiese effekte van die hallusinogeniese middels en beskryf die kliniese beeld van ‘n pasiënt wat dit ingeneem het?

Effekte van hallusinogeniese middels (persepsie simptome - kleur en vorm distorsie, psigose-soort manifestasies, somatiese simptome)

Kliniese beeld van ’n pasiënt met die gebruik van hallusinogeniese middels (gewysigde kognitiewe status en agitasie)

Vesteurde vissie

Moegheid en aftrane

Braking

Bloedlopende oë

Swakheid en tremore

Slegte vel toon

Euforie

Gedragsveranderinge

Duitsligheid en slaaploosheid

Te kort aan energie

Para-estesie

Swak prestasie

3. Hoe word ‘n oordosis met LSD hanteer?

Die simptome wat sigbaar sou wees met so oordosering, is naamlik konvulsies, erge hipertensie asook nistagmutus (onwillekeurige ritmiese bewegings van die oë, stadig in een rigting, vining na ander).

’n Bensodiasepien (fenobarbitoon en diasepam) word gegee vir pasiënt wat oorgedoseer het op LSD, om hulle te kalmeer, asook om die agitasie te verminder en om die operasie van die sentrale senuwee stelsel te normaliseer. Vir konvulsies word anti-epileptiese middels geadministreer. Chloorpromasien kan gegee word om die hallusinogene te elimineer en om die bewussyn van die pasiënt terug te bring. Vir braking en naarheid kan anti-emetiese middels soos metoklopramied gegee word. Ondersteunde sorg en rehabilitasie moet oorweeg word.

4. Hoe word ‘n oordosis anticholinergiese middels hanteer?

Physostigmine salicylate, is ’n omkeerbare cholienesterase inhibeerder wat gegee kan word vir die toksisiteit. Vir agitasie kan ’n bensodiasepien gegee word. Indien daar hipotensie ontstaan kan IV. vloeistof gegee word. (Soms geaktiveerde koolstof).

Bronnelys

Bateman, H., Hillmore R., Jackson D., Lusznat S., McAdam K., & Regan C.  2004.  Dictionary of Medical Terms.  4th ed.  London.: A & C Black.  p. 481.

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 12.5 (PowerPoint Presentation).  https://efundi.nwu.ac.za/access/lessonbuilder/item/6351172/group/dd46f2da-d3be-402e-9ba7-2c5955cedd9d/Afrikaanse%20skyfies/Afrikaanse%20skyfies%202021/LE12.pdf  Datum van toegang: 11 Junie 2021.

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  p. 1203.

Blog #13 (12.2)

12 Jun 2021, 21:40 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

Hier volg twee opdragte waaruit jy een kan kies om oor toeligting te gee in ’n 15 minute voordrag aan ‘n sekere teikengroep:

Jy word genooi om as spreker by die plaaslike hoërskool voor al die onderwysers en leerlinge op te tree en jou onderwerp is: “Alkohol, wat doen dit regtig aan my liggaam?”.  Fokus veral op die effekte, “aangenaam” sowel as “onaangenaam”, hoeveel glasies is veilig?  Hoe weet ek wanneer ek besig is om ‘n probleem te ontwikkel?  Wat kan ek dan doen?  Hou jou teikengroep (leerlinge) se ouderdom die hele tyd in gedagte!

Jy word genooi om as spreker by ‘n plaaslike Vroue-Organisasie op te tree.  Dit is ‘n groep van hoofsaaklik middeljarige tot ouer vroue.  Jou onderwerp:  “Is dit gevaarlik om kalmeer- en slaapmiddels te gebruik?”

 

Is dit gevaarlik om kalmeer- en slaapmiddels te gebruik?

Vandag gaan ons kyk na die newe effekte en risiko’s wat mag voorkom tydens die gebruik van kalmeer- en slaapmiddels, asook die gebruik van hierdie medikasie met veiligheid.

Sederende medikasie, insluitend antihistamiene en hipnotikas, kan veroorsaak dat ’n persoon moeg voorkom en selfs lomerig voel gedurende die volgende dag.

In ouer volwassenes, kan die gebruik van hierdie medikasie geheue probleme skep.

Met sommige slaap medikasie, wanneer die persoon dit neem om verligting met slaaploosheid te ondervind, kan daar veroorsaak word dat dit meer moeilik sal voorkom om aan die slaap te raak sonder die medikasie.

Geen bewyse stel voor dat die gebruik van melatonien kom met ernstige risiko’s. Navorsers ontdek steeds die langtermyn effekte.

Dus word daar voorgestel dat geen slaap medikasie geneem moet word voordat daar agter ’n stierwiel ingeklim word, of gewerk word met masjinerie.

Vir baie mense, sal die risiko’s van die gebruik van voorgeskryfde hipnotikas die voordele uitweeg. Hierdie medikasie is slegs geskik vir kort termyn gebruik. Meeste is gewoonte vorming, wat beteken dat hul verslawend is en dat hulle ook newe effekte kan veroorsaak.

Sommige newe effekte van voorgeskryfde slaap pille sluit in:

  • Lomerigheid of duitsligheid gedurende die dag
  • Deurmekaarheid
  • Probleme met geheue
  • Balanserings probleme

In raar gevalle, kan hulle veroorsaak dat mense aksies uitvoer, insluitend bestuur, loop, eet, of om ’n oproep te maak, terwyl hulle slaap.

Slaap medikasie kan inmeng met die volgende:

  • Om te onthou om voorbehoeding medikasie gereeld te neem
  • Simetidien vir sooibrand
  • Medikasie vir swam infeksies (meer algemeen by vroue)

Die veiligheids profiele van Valerian root is steeds onduidelik. Moontlike newe effekte mag insluit kopsere, duitsligheid, reukerigheid, en maag probleme. Sommige mense kan vaagheid of lomerigheid in die oggend tye ervaar na die neem van Valerian root.

Asook, mense wie moet Valerian root neem vir lang periodes, en skeilik die neem daarvan staak, mag onttrekkingsimptome ervaar. Mense wat die gebruik van bensodiasepiene staak na ’n lang periode mag soortgelyke simptome ervaar.

Omdat die mediese vereniging nog onseker is oor die effekte, moet vrouens wie swanger is en kinders onder 3 jaar oud weg bly van die gebruik van Valerian.

Hoe om hierdie medikasie met veiligheid te gebruik?

Volg altyd die dokter se instruksies rondom die gebruik van hipnotiese slaap medikasie.

Dus:

  • Moet nooit ’n pil neem sonder ’n dokter se toestemming.
  • Moet nie alkohol inneem voor die gebruik van hierdie medikasie.
  • Moet nie agter ’n stierwiel in klim of werk met masjinerie nadat die pille geneem is nie.
  • Kontak dokter dadelik wanneer enige komplikasies voorkom, naamlik deurmekaarheid of ekstreme geluk, angstigheid of senuweeagtig, probleem met konsentrasie, afhanklikheid vorm, lomerigheid in die oggend tye.

Ouer volwassenes moet ook uitreik na hul dokter as hul enige probleme ervaar met konsentrasie, denkwyse en geheue.

Bronnelys

Barrell, A.  2020.  What are the best sleeping pills? https://www.medicalnewstoday.com/articles/323775#safety  Date of access: 12 June 2021.

Bateman, H., Hillmore R., Jackson D., Lusznat S., McAdam K., & Regan C.  2004.  Dictionary of Medical Terms.  4th ed.  London.: A & C Black.  p. 481.

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 12.2 (PowerPoint Presentation).  https://efundi.nwu.ac.za/access/lessonbuilder/item/6351172/group/dd46f2da-d3be-402e-9ba7-2c5955cedd9d/Afrikaanse%20skyfies/Afrikaanse%20skyfies%202021/LE12.pdf  Datum van toegang: 11 Junie 2021.

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  p. 1203.

Blog #13 (11.1)

11 Jun 2021, 21:21 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

Berei ‘n kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ‘n kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels. Die bogenoemde twee videos sal ook van hulp wees.

Wat pyn is?

Pyn kan gedefinieer word as ’n onaangename sensasie wat kan varieer van matige, gelokaliseerde ongemak tot angs. Pyn het beide fisies en emosionele komponente. Die fisiese gedeelte van pyn resulteer van die senuwee stimulasie. Pyn mag vervat word tot ’n sekere area, as ’n besering, of mag versprei, soos in die versteuring Fibromailgie.

Wat dit kan veroorsaak?

Moontlike oorsake:

Pyn kan veroorsaak word deur elektries, meganies, chemies en termies.

Algemene oorsake van pyn sluit in:

  • Hoofpyn
  • Tandpyn
  • Seerkeel
  • Maagseer of krampe
  • Spierkrampe of spanning
  • Snye, brandwonde of kneesplekke
  • Beenfrakture

Hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels.

Die rede hoekom sommige pasiënte meer sensitief as ander is, kom neer op hoe die liggaam pyn moduleer, bedoelende van die vel tot en met die brein asook die strukture van die brein self. Dit begin alles met ’n klomp sensoriese reseptore (bekend as die nosiseptor) wat ’n onaangename stimulus waarneem. Hierdie word getransformeer in pyn seine wat ingestel word deur die sentrale senuwee stelsel deur ’n reeks van pyn bane.

Die eerste stap in die hantering van pyn is om ’n deeglike pyn assesering uit te voer. Daar mag gevra word om te kies van ’n nommer 0 tot en met 10 om die pyn wat ervaar word te gradeer, met 0 wat baie matige pyn is en 10 wat die mees ergste moontlike pyn kan wees.

Hou ingedagte dat daar 3 belangrike eienskappe is wanneer daar ’n besluit geneem word oor die hantering van pyn. Eerste, sal pyn dadelik behandel word. ’n Vertraging sal dat die pyn vererger. Tweedens, moet die pasiënt nie bang wees om afhanklik te word van pyn medikasie nie. As medikasie reg gebruik word onder nabye toesig van ’n gesondheid voorskrywer, sal dit skaars ’n probleem wees.  As die pasiënt wel voel dat hulle beheer verloor oor die gebruik van pyn medikasie, hulle dit bespreek met hul gesondheids voorskrywer dadelik. Derdens, meeste pyn probleme kan beheer word deur die gebruik van die wêreld gesondheids organisasie stap-sorg benadering:

Stap 1: Begin met die nie-steroïede anti0inflammatoriese middel (NSAID). Voorbeelde hiervan sluit in, oor die toonbank medikasie soos ibuprofen en sterker NAIDS wat ’n voorskrywer sal voorskryf. ’n alternatiewe sal wees asetaminofien.
Stap 2: As die pyn aanhou of vererger, sal die voorskrywer ’n swak opioïed soos hydrocodone voorstel. Dit mag gekombineer word met ’n nie-opioïede pyn verligter.
Stap 3: As die pyn aan of vererger, sal die voorskrywer ’n sterker opioïede voorskryf. Soos morfien and fentaniel.

Bronnelys

Anekar, A.A., & Cascella, M.  2021.  WHO Analgesic Ladder (NCIB).  https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK554435/#__NBK554435_dtls__  Date of access: 29 May 2021.

Bateman, H., Hillmore R., Jackson D., Lusznat S., McAdam K., & Regan C.  2004.  Dictionary of Medical Terms.  4th ed.  London.: A & C Black.  p. 481.

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 11.1 (PowerPoint Presentation).  https://efundi.nwu.ac.za/access/lessonbuilder/item/6291565/group/dd46f2da-d3be-402e-9ba7-2c5955cedd9d/Afrikaanse%20skyfies/Afrikaanse%20skyfies%202021/LE%2011.pdf  Datum van toegang: 29 Mei 2021.

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  p. 1203.

Blog #12

21 May 2021, 22:15 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

1. Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.

Geneesmiddel klas:

Voorbeelde van geneesmiddels:

Trisikliese antidepressante

Sekondêre amiene:

Desimipramien

Lofepramien

Nortriptilien

Tersiêre amiene:

Amitriptilien

Butriptilien

Chlorimipramien

Dothiepin

Imipramien

Trimipramien

 

Monoamien oksidase inhibeerders

Non-selektief

Tranielsipromien

MAO-A selektief:

Moklobemied

Ander:

Isocarboxazid

Phenylzine

Selegiline

Serotonien-norepinefrien heropname inhibeerders (SNRIs)

Desvenlafaxine

Duloxetien

Levomilnacipran

Milnacpran

Venlafaksien

5-HT2 reseptor moduleerders (antagoniste)

Nefasodoon

Trasodoon

Vortioksetien

Selektiewe noradrenalien heropname inhibeerders

Reboksetien

Tetrasiklies en unisiklies middels

Tetrasiklies:

Mianserien

Mirtasepien

Unisiklies:

Bupropioon

Ander:

Amoxapine

Vilazodone

Sirkadiese ritme reguleerders

Agomelatien

Selektiewe serotonien heropname inhibeerders (SSRIs)

Esitalopram

Fluoksetien

Fluvoksamien

Sertralien

Sitalopram

Paroxetien

2. Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Daar is ’n veelvuldige multipotente werking op verskeie monoamienergiese reseptore as gevolg van nie-spesifieke verhoging van Noradrenalien (NA) konsentrasie of Serotonien (5-HT) konsentrasie by die sentrale sinapse (as gevolg van heropname remming, afbraakremming, blokkade van presinaptiese a2 outoreseptore).

3. Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

Antidepressante het ’n stadige aanvang van werking (14-21 dae of meer). Akute veranderinge in amiene in die brein na antidepressant behandeling verskyn binne ure, maar kliniese effekte kan weke  neem om te verskyn. Rede hiervoor is dat dit twee of meer weke neem om senuwee groeifaktore, brein afgeleide neurotrofie faktor (BDNF) se sintese ten volle te herstel en afbraak te verminder.

4. Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

Eienskap

Trisikliese antidepressante

Selektiewe serotonien heropname inhibeerders

5. Effektiwiteit

Geneesmiddels moet getitreer word na minimum effektiewe dosis

Geneesmiddels kan by die volle dosis begin word. Kan angs presenteer.

6. Newe-effekte

  • Sedasie
  • Simpatomimeties: tremore, insomnia
  • Anticholinergies: visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring
  • KVS: ortostatiese hipotensie, disritmieë
  • Psigoses, presipiteer manie
  • Konvulsies
  • Metabolies-endokrien: massatoename, seksuele steurnisse
  • Insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, verlaagde libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), ekstra pramidale simptome (naalde en spelde / kriewelrigheid / rustelose bene), onttrekkingsindroom.
  • Die middels kan aptyt verlaag en oorgewig pasiënte kan sodoende gewig verloor.
  • Middels is nie sederend nie, maak dus nie vaak nie.
  • Hoë aktue angs as toksiteit as SSRI’s gewoonlik juis daarvoor gebruik word.
  • Aanvanklik is daar ‘n skielike verhoging in die 5-HT vlakke in die brein wat angs vererger, dit word egter later weer beter.

7. Veiligheid

  • Baie gevaarlik
  • 10 maal die daaglikse dosis kan fataal wees.
  • Agitasie, delirium, neuromuskulêre irriteerbaarheid, konvulsies, koma, respiratoriese onderdrukking, sirkulatoriese kollaps, hiperpireksie, disritmieë
  • Koma, konvulsies, kardiotoksisiteit

Die middels het ‘n beter newe effek profiel as baie ander middels en is veiliger in akute oordosering.

8. Hoe werk mirtasepien?

  • Blokkade van die inhibitoriese a2 reseptore, verhoog vrystelling van NA (outoreseptore) en 5-HT(heteroreseptore).
  • Indirekte stimulasie van 5-HT1A: angsiolities
  • Blokkeer 5-HT3: angsiolities en anti-emeties
  • Blokkeer 5-HT2A: antidepressiewe effekte
  • Mirtasepien (NASSA) is meer potent as Mianserien

9. Hoe werk venlafaksien?

  • Blokkeer die 5-HT en NA heropname (met n hoër affiniteit vir 5-HT) en daarom sal serotonien (5-HT) konsentrasie asook Noradrenalien (NA) konsentrasie verhoog as dit nie heropgeneem word nie.
  • Meer potent vir 5-HT as vir NA.

10. Hoe werk agomelatien?

  • MT1 agonis en MT2 agonis, herstel abnormale slaapbioritmes.
  • 5-HT2c antagonis: Disinhibisie van Dopamien (DA) en Noradrenalien (NA) vrystelling in frontale korteks (verhoog DA en NA vrystelling), bevorder dus slaap en het ’n antidepressiewe werking.

Bronnelys

Bateman, H., Hillmore R., Jackson D., Lusznat S., McAdam K., & Regan C.  2004.  Dictionary of Medical Terms.  4th ed.  London.: A & C Black.  p. 481.

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 10.2 (PowerPoint Presentation).  https://efundi.nwu.ac.za/access/lessonbuilder/item/6096359/group/dd46f2da-d3be-402e-9ba7-2c5955cedd9d/Afrikaanse%20skyfies/Afrikaanse%20skyfies%202021/LE%2010.pdf  Datum van toegang: 21 Mei 2021.

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  1203 p.

Blog #13 (9.5)

21 May 2021, 19:23 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

1. Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Die meganisme van werking van Litium word bemiddel deur Litium ione wat meervoudige neurotransmissie proses beïnvloed. Dit het ’n invloed op beide die adenielsiklase en fosfolipase C proteïen pare boodskapper sisteme. Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG 2de boodskapper sisteme, laasgenoemde deur verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulasie van die membraan fosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamien en cholinergiese neurotransmissie.

2. Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Litium het ’n klein terapeutiese indeks (0.5 - 1.5 mM; >2 mM = toksies) om die terapeutiese voordele in hierdie gebied  te produseer. Hierdie impliseer dat die plasma monitering baie belangrik is want wanneer die waardes onder 0.5 mM is dan sal daar sub terapeutiese effekte voorkom en die farmakologiese behandeling is nie effektief nie. As die gebiede bo 2 mM bereik word dan sal toksiteit voorkom en lei na verskeie newe effekte wat gevaarlik is en potensieel skadelik kan wees.

3. Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium is aangedui vir die monoterapie van die bipolêre steurnis asook die akute maniese episodes.

Litium word gekombineer met Valproaat wanneer die pasiënt nie reageer op Litium (monoterapie) nie.

4. Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddel voorbeelde.

  • Litium toksiteit word bereik in kombinasie met middels wat inmeng met die elektroliet-water balans van die liggaam soos byvoorbeeld diuretikums (tiasiede), NSAIDS en fluoksetien.
  • Verhoogde renale uitskeiding van litium, wat beteken dat daar ’n verlaging in effektiwiteit van die middel is wanneer dit toegedien word met teensuurmiddels (Na-bikarbonaat), teofillien en kaffeïen.
  • Neurotoksies met die kombinasie van Karbamasepien, Ca2+ blokkers, Losartan, Metieldopa, Metronidasool en Fenitoïen.

5. Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Akute toksiteit: Gastro intestinale versteurings insluitend naarheid, braking en diarree.

Neurologiese toksisiteit:

  • Tremore, sedasie, ataksie, afasie
  • Spier swakheid, moegheid
  • Polidipsie, poliurie, nokturie
  • Nefrogene diabetes insipidus (Li+ meng in met nier se vermoë om uriene te konsentreer)
  • Tiroïed vergroting
  • Leukositoses
  • Edeem
  • Massa toename
  • Aknee, alopesie
  • Seksuele disfunksie

6. Wat is die status van litium gebruik tydens swangerskap en laktasie?

Tydens swangerskap verhoog die renale uitskeiding, en gaan na laer vlakke na geboorte, daarom kan die pasiënt toksiese vlakke ervaar. Tydens laktasie word litium oorgedra na die baba. Litium toksisiteit in babas veroorsaak letargie, sianose, swak suig en Moro reflekse. Litium is dus ’n kategorie D geneesmiddel en moet slegs in lewensbedreigende gevalle gebruik word.

7. Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

  • Depressie
  • Skisofrenie
  • Manie

8. Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik: Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Die Indocid (NSAID), diuretikum % wat sy begin gebruik het, verhoog haar litium plasma vlakke wat bydra tot die newe effekte wat ervaar word soos gewigstoename, moegheid, naarheid, bewerigheid en polidipsie en spierbesering. Veral omdat sy binne die eerste 2 weke alreeds 0.8mmol/l bereik het, kan die halfleeftyd lei na die akkumulasie wanneer daar met NSAIDS en diuretikums geadministreer word.

Die aanbeveeling wat ek sal maak is dat sy die NSAID sowel as die “waterpille” sal ophou gebruik. Haar plasma vlakke weekliks te ondersoek en monitor totdat sy ’n stabiele plasma vlak sal behou. Haar simptome moet ook gemoniteer word wanneer sy nie op enige gelyktydige behandeling is wat haar litium vlakke sal effekteer nie, om dus vas te maak of ’n laer dosis  haar simptome sal verlaag.

Omdat sy steeds jonk is, en dalk wil kinders hê, kan daar voorgestel word dat sy na ’n alternatief van Lamotrogien behandeling sal skuif, omdat dit veilig is tydens swangerskap en litium word nie voorgestel tydens swangerskap en borsvoeding nie. Met haar gewigstoename wat haar pla, kan ’n gesonde dieet plan asook meer gereelde oefening (3 keer ’n week) voorgestel word en dan later addisionele terapie voorgestel word as nodig is.

Bronnelys

Bateman, H., Hillmore R., Jackson D., Lusznat S., McAdam K., & Regan C.  2004.  Dictionary of Medical Terms.  4th ed.  London.: A & C Black.  p. 481.

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 9.5 (PowerPoint Presentation).  https://efundi.nwu.ac.za/access/lessonbuilder/item/6005022/group/dd46f2da-d3be-402e-9ba7-2c5955cedd9d/Afrikaanse%20skyfies/Afrikaanse%20skyfies%202021/LE%209.pdf  Datum van toegang: 20 Mei 2021.

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  p. 1203.

Blog #11

20 May 2021, 22:09 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

1. Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Fenotiasienderivate met alifatiese syketting: Chloorpromasien (Largactil)

Fenotiasienderivate met piperidien syketting: Perisiasien (Neulactil)

Fenotiasienderivate met piperasien syketting: Perfenasien

Alifatiese en piperidien sykettings (het dieselfde potensie) het ’n lae potensie met min ekstra-piramidale effekte en newe-effekte (sterk anticholinergiese simptome, erge sedasie, kardiotoksies en sterk alfa-litiese simptome soos posturale hipotensie).

Piperasien syketting het ’n hoë potensie met meer ekstra-piramidale effekte en swakker anticholinergiese newe effekte, minder sedasie, minder kardiovaskulêre newe-effekte en swakker alfa-litiese effekte.

2. Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Die tipiese (tradisionele) antipsigotiese middels blokkeer die mesolimbiese Dopamien-2 reseptore.

3. Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Atipiese middels (multipotente antagoniste, ook bekend as inverse agoniste) het ’n hoër bindings affiniteit vir 5-HT2 reseptore, maar blok ook D2, M1, H1 en a1 reseptore. Dus 5-HT2A reseptore word meer blokkeer as D2-reseptore.

Tipiese middels (multipotente kompenterende antagoniste) blokkeer mesolimbiese D-2 reseptore eerder as 5-HT2 reseptore. Blokkeer ook M, a1, H1 en 5HT reseptore.

4. Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstra-piramidale newe effekte?

Verminderde risiko word geassosieer met die affiniteit van die blokkade van die D2-reseptore.

Laer potensie middels het ’n verminderde kans om erge ekstra-piramidale newe effekte te veroorsaak, waar hoër potensie middels ’n verhoogde risiko sal hê.

5. Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstra-piramidale effekte?  Wat is die rede?

Haloperidol, wat ’n potente D2-reseptor blokker is (primêr in die basale ganglia), en dit gee dus ’n hoë voorkoms van ekstra-piramidale simptome.

6. As gevolg van watter reseptor blokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Die outonome sisteem reguleer die liggaamsfunksies soos volg: die harttempo, spysverteringskanaal, respiratoriese tempo, urinering, seksuele ereksie en pupillêre respons. Dus die blokkering van alfa 1 reseptore sal die bloeddruk (ortostatiese hipotensie) beïnvloed en deur muskariniese reseptor blokkade, sal dit weer ’n invloed hê op die urinêre retensie, dowwe visie, konstipasie en sekuele disfunksie.

Bronnelys

Brand, L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 9.2 (PowerPoint Presentation).  https://efundi.nwu.ac.za/access/lessonbuilder/item/6005022/group/dd46f2da-d3be-402e-9ba7-2c5955cedd9d/Afrikaanse%20skyfies/Afrikaanse%20skyfies%202021/LE%209.pdf  Datum van toegang: 20 Mei 2021.

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  p. 1203.

Blog #10

27 Mar 2021, 21:34 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

1. Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Geneesmiddels wat verhoogde Dopamien aktiwiteit bevorder

Geneesmiddels wat verlaagde anti-cholinergiese aktiwiteit bevorder

2. Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Met Parkinsonisme word die balans tussen Dopamien en Asetielcholien in die striatum versteur.

Amantadien is ’n metaffinoied potensieerder van Dopamien:

  • Verhoog die vrystelling van Dopamien
  • Verhoog die sintese van Dopamien
  • Blokkeer die heropname van Dopamien
  • Anticholinergies
  • Antiviral
  • NMDA-antagonis

3. Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

  1. ’n Metaffinoied potensieerder van dopamine:
  • Verhoog die vrystelling van Dopamien
  • Verhoog die sintese van Dopamien
  • Blokkeer die heropname van Dopamien
  • Anticholinergies
  • Antiviral

Byvoorbeeld: Amantadien

  1. Selektiewe MAO-B Remmers: MAO-B ensiem het ’n voorkeur vir Dopamien as substraat, dus deur dit te blok kan Dopamien nie afgebreek word nie en sal Dopamien konsentrasie in die sentrale senuwee stelsel (SSS) verhoog word.

Byvoorbeeld:Selegilien / Deprenil, Rasagilien

  1. KOMT-Remmer: Die KOMT ensiem metaboliseer l-dopa na ’n onaktiewe metaboliet, naamlik 3-O-metieldopa (3OMD). Verhoogde plasmavlakke van 3OMD gee swak terapeutiese respons met l-dopa wat beteken dat 3OMD en l-dopa kompeteer vir aktiewe transportprosesse. Dus deur ’n KOMT-remmer te gebruik kan l-dopa nie omgeskakel word na 3OMD nie en sal daar nie kompitisie plaasvind nie. Dus sal KOMT-remmer l-dopa se werkingsduur verleng word, die perifere metabolisme verminder word en verbeterde biobeskikbaarheid toon.

Byvoorbeeld: Entakapoon, Tolkapoon (soos Entakapoon,maar gaan die SSS binne)

4. Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

  • Ergotderivaat: Broomkriptien
  • Nie-ergotderivate: Pramipeksool, Ropinirool

5. Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

  • Broomkriptien:Potente agonis by Dopamien 2 reseptore.
  • Pramipeksool: Direkte agonis by Dopamien 3 reseptore.
  • Ropinirool: Realtiewe suiwer Dopamien 2 agonis.

6. Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit

  • Pramipeksool
  • Sellektiewe MAO-B-Remmers: Selegilien, Rasagilien

Neurobeskerming kan gedefineer word as die voordeel om neuronale seldood te verhoed deur die inmenging in die en die inhibeering van die patogenese kaskade wat resulteer in die seldisfunksie en uiteindelik die dood. Sommige neurobeskermings agente wys goeie resultate in die afname van die progressie van Parkinsonisme. In algemeen, sal hierdie middels oksidatiewe stres, mitokondria disfunksie,  proteïen aggressiwiteit, inflammasie, eksitotoksisiteit, seldood, yster verhoging, of stimulasie van neurotropiese faktore verminder.

7. Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Monoamienoksidase B (MAO-B) is ’n ensiem in die liggaam wat afgebreek word na verskeie chemikalië in die brein, insluitend Dopamien. Deur medikasie te gee wat die effekte van die MOA-B (MOA-B remmer), sal meer Dopamien beskikbaar wees om te gebruik deur die brein. Hierdie kan dus die motoriese simptome van Parkinsons verbeter.

8. Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

KOMT-Remmer: Die KOMT ensiem metaboliseer l-dopa na ’n onaktiewe metaboliet, naamlik 3-O-metieldopa (3OMD). Verhoogde plasmavlakke van 3OMD gee swak terapeutiese respons met l-dopa wat beteken dat 3OMD en l-dopa kompeteer vir aktiewe transportprosesse. Dus deur n KOMT-remmer te gebruik kan l-dopa nie omgeskakel word na 3OMD nie en daar sal nie kompitisie plaasvind nie. Dus sal KOMT-remmer l-dopa se werkingsduur verleng, perifere metabolisme verminder en verbeterde biobeskikbaarheid veroorsaak. Werk op ’n indirekte manier.

9. Hoe werk Istradefilien?

’n Adenosien alfa 2 antagonis, sal dus die Dopamien vakke verhoog aangesien Adenosien die Dopamien 2 reseptor funksie blok. Dus as adenosien geblok word kan dit nie Dopamien 2 reseptore blok nie en sal Dopamien verhoog

10. Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide

Het 'n tweeledige werkings meganisme. Verhoog Dopamien aktiwiteit deur MAO-B te inhibeer en om Dopamien heropname te inhibeer. Verlaging in Glutamaat vrystelling. 

Bronnelys

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 8.2 (PowerPoint).

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  1203 p.

Blog #9

27 Mar 2021, 19:03 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

1. Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Klein en gemiëlineerde vesels word dus makliker geblok in vergelyking met groot en ongemiëlineerde vesels wat minder sensitief is tot die blokkade by die lokale anestetikum.

  • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Die dorsale senuwees wat impulse gelei, is dus meer sensitief vir die blokkering en word ook sodoende vinniger geblokkeer as druk / tas senuwees.

2. Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart: Die Na2+ kanale word geblokkeer in die hart, wat die aksie potensiaal verkort en die refraktêre periode verleng en dus kan anti-aritmiese effekte tot gevolg wees, word gewoonlik veroorsaak deur Klas 1 anti-aritmiese middels bv. Lidokaïen.
  • Skeletspier: Swak blokkerende effekte kom na voor, dus is daar geen kliniese toepassing nie.
  • Kokaïen: Het ’n effek op die gemoedstoestand, verhoog dus die gemoedstoestand. Kan ook die sentrale katesjolamien-gemedieerde neurotransmissie beïnvloed, wat dus die NA heropname kan blokkeer.

3. Waarop berus die keuse van ‘n LA?

  • Dit hang af van hoe lank die lokale anestetika gebruik gaan word (aantal tyd).
  • Waarvoor die anestetikum gebruik gaan word (die kliniese gebruik daarvan).
  • Hoe lank die anestetikum se werkingsduur is (werkingsduur).

4. Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Dit potensieer die lokale anestetikum, wat beteken dat die aanvang van werking versnel word.

5. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Kokaïen
  • Bensokaïen
  • Oksibuprokaïen

Bronnelys

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 6.3 (PowerPoint).

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  1203 p.

Blog #8

26 Mar 2021, 20:54 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

1. Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

Halotaan:

Sentrale senuwee stelsel (SSS):

  • Veroorsaak vinnige gladde induksie (stadium  2 awesig)
  • Verhoog die serebrale bloedvloei
  • Verhoog die intrakraniale druk

Outonome sisteem:

  • Veroorsaak bradikardie

Kardiovaskulêre sisteem  (KVS):

  • Verlaag bloeddruk
  • Miokardium is gesensitiseerd vir die aritmogene effekte van katesjolamiene

Respiratoriese sisteem:

  • Geen speeksel, brongiale sekresies of hoes kom voor nie

Muskulo-skeletaal:

  • Skeletspierverslappings effekte in stadium 3
  • Verhoogde aksie non-depolarisasie
  • Verlaagde aksie depolarisasie
  • Post-operatiewe bewerasie agv. hipoksie

Uterus:

  • Verlaaagde spierkontraksies
  • Eksterne draaiing van ’n baba

Lewer:

  • Hepatotoksies (raar, onvoorspelbaar wees)

Enfluraan:

Sentrale senuwee stelsel:

  • Vinnige gladde induksie, soms konvulsies (nie- epileptiese konvulsies)

Kardiovaskulêre sisteem:

  • Geen sensitisasie van die miokardium
  • Minder onderdrukking as Halotaan

Respiratoriese sisteem:

  • Minder onderdrukking as Halotaan

Isoflurane:

Sentrale senuwee stelsel:

  • Vinniger induksie
  • Vinniger herstel as met Halotaan

Kardiovaskulêre sisteem:

  • Minder onderdrukking as Halotaan en Enfluraan
  • Geen sensitisasie van die miokardium nie

Respiratoriese sisteem:

  • Potente onderdrukkende effek
  • Versterk agv potente skeletspierverslappende effek

Desflurane:

Sentrale senuwee stelsel:

  • Nog vinniger induksie en herstel as met Isofluraan
  • Verhoogde serebrale bloedvleoi en intrakraniale druk

Kardiovaskulêre sisteem:

  • Minder onderdrukkende as Halotaan en enfluraan

Respiratoriese sisteem:

  • Sterk reuk wat lugweg irriteer
  • Wanneer gebruik word as ’n induksie geneesmiddel, mag dit hoes, kort van asem en ’n laringospasma veroorsaak

Sevoflurane:

Muskulo-skeletaal:

  • Potensieer die effekte van die non-depolarisasie skeletspierverslappers soos die ander gehalogeneerde eters
  • Het effekte soortgelyk aan Desflurane met minder lugweg irritasie.

Stikstof oksied (N2O - Laggas):

Sentrale senuwee stelsel:

  • Swak anestetikum
  • Potente analgetikum
  • Amnesie

Kardiovaskulêre sisteem:

  • Geen effek

Respiratoriese sisteem:

  • Suiwer N2O resulteer hipoksie
  • Altyd meng met O2 of lug
  • Herstelfase: N2O vinnige diffusie van bloed na alveoli
  • Afname in O2 druk resulteer ook hipoksie

Muskulo-skeletaal:

  • Geen skeletspierverslapping

2. Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.

  • Hepatotoksisiteit
  • Hipoksie
  • Maligne hipotermie
  • Nefrotoksisiteit

Bronnelys

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 5.3 (PowerPoint).

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  1203 p.