Content begins here
RHODÉ MULDER
Blog#13
2 Jun 2021, 10:59
Pyn die onaangename subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade.
Daar word onderskei tussen akute/nociceptive en chroniese/neuropatiese pyn. Akute pyn duur nie lank nie en gaan vining weg en chroniese pyn hou langer as 3 maande aan chroniese pyn gaan gepaard met neurale supersensitiwiteit wat beteken die persoon is meer sensitief vir enige pyn sensasie omdat daar heel waarskynlik skade is aan die persoon se neurale stukture. Enige stimulus van die pynreseptore, veroorsaak die gevoel van pyn.
Elke persoon se liggaam verskil en is so ook meer of minder sensitief tot die manier waarop pyn in hulle liggaam gemoduleer word. Dit is ook die rede waarom sommige mense pyn meer intens ervaar as ander. Die mate waarop ‘n persoon pyn ervaar hang ook dikwels af oor die persoon se persepsie va pyn en die behandeling daarvan. Vorige ervarings met pyn en emosionele en sosiale ondersteuning is ook belangrike faktor wat pyn beïnvloed.
Daar is verskillende tipes pyn medikasie vir verskillende tipes pyn. Dit is baie belangrik om die regte tipe medikasie te kry. Akute pyn word redelik maklik behandel maar chroniese pyn word moeiliker behandel en mag dalk hoer dosisse nodig omdat die persoon swak reageer op die medikasie.
Blog#12
25 May 2021, 21:11
- Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
TAD’e |
Tersiere amiene: Amitriptillien Imipramien Trimipramie Chloorimipramien Dotiëpien Butriptilien Sekondere amiene: Nortriptilien Desimipramien *Amoksapien (nie TAD) *Maprotilien (nie TAD) Lofepramien |
MAOI’s |
Tranielsipromien Moklobemied |
SNRI’s |
Venlafaksien Duloxetien |
5-HT reseptor moduleerders |
Trasodoon Vortioksetien |
NARI’s |
Reboksetien |
Tetra/unisikliese antidepressante |
Mianserien Mirtasepien Bupropioon- (unisiklies) |
Sirkadiese ritmereguleerder |
Agomelatien |
SSRI’s |
Fluoksetien Paroksetien Fluvoksamien Sertralien Sitalopram Esitalopram |
- Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Almal is veelvuldige multipotente op die monoamienreseptore as gevolg van die non-spesifieke verhoging van 5-HT of NA.
- Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
Dit neem min of meer 2 weke vir die sintese van neurotrofiese faktore (BDNF) in die brein. Daarom, wys die kliniese effekte van antidepressante eers oor 2 weke.
- Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v
Effektiwiteit
TAD benodig titrasie tot MED terwyl SSRI onmiddelik volle dosis begin. (kan angs inisieel presenter)
Newe-effekte
SSRI’s presipiteer angs in die begin en TAD’e nie.
SSRI is nie sederend maar wel TAD’e.
TAD toon baie anticholinergiese newe effekte maar SSRi’s toon feitlik geen anti-cholinergiese effekte.
SSRI is minder kardiotoksies as TAD’e en toon hoe voorkoms van seksuele disfunksie.
TAD’e het meer newe effekte as die SSRI’s.
Veiligheid
TAD akute oordosis is baie gevaarliker as SSRI
TAD oordosis sluit in koma, konvulsies en kardiotoksiteit = fataal
SSRI’s word moontlik geassosieer met premature geboorte en vertraagde fetale groeitempo en kan ook erge ontrekkingssimptome toon.
5. Hoe werk mirtasepien?
Blokkeer alfa 2 reseptore en bevorder beide die NA outoreseptor en 5-HT vrystelling heteroreseptor, 5-HT2A (antidepressief), 5-HT3 (angsiolities en verlaag naarheid = anti emeties). Blokkeer ook H1 en alfa 1. Indirekte stimulasie van 5-HT1A (angsiolities).
6. Hoe werk venlafaksien?
Blokkeer beide 5-HT en NA heropname en is meer potent vir 5-HT as NA.
Hoe werk agomelatien?
Primere agonis op melatonien 1&2 reseptore (voordelig vir slaap) en ‘n antagonis op 5-HT2C reseptore (bevorder slaap en antidepressante werking). Reguleer en herstel die liggaam se bioritmes.
Blog #13
28 Apr 2021, 13:47
- Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Die litium ion beinvloed cAMP, IP3 en DAG 2de boodskapper sisteme deur die verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die hersirkulasie van membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamine & cholinergiese neurotransmissie.
- Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
Klein terapeutiese indeks. Nou grense (0.5-1.5mM; >2mM = toksies). Kan vining toksisiteit veroorsaak as te veel medikasie geneem word.
Litium het vinnige, volledige absorpsie en ondergaan geen metabolisme nie (dus veilig vir ‘n pasient met bv lewerprobleme). Word volledig deur die niere uitgeskei. Li het ‘n plasmahalfleeftyd van 20 ure en een dosering op ‘n dag is genoeg.
- Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Enkelmiddel vir major depressie en in kombinasie met klonasepam en lorazepam vir bipolere steurnis.
- Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
- Geneesmiddels wat die Litiumioonvlakke verhoog wat lei tot toksisiteit bv. Fluoksetien, diuretika (veral tiasiede).
- Geneesmiddels wat die renale uitskeiding van litium verhoog wat die effektiwiteit verlaag bv. Nabikarbonaat (teensuurmiddels), teofillien, kaffeien.
- Geneesmiddels wat ekstrapiramidale effekte vererger in kombinasie met litium bv. Tradisionele antipsigotikums (chloorpromasien).
- Geneesmiddels wat neurotoksisiteit veroorsaak in kombinasie met litium bv. Karbamasepien, metieldopa.
- Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
diarree, lighoofdigheid, tremore, droe mond, verhoogde dors.
- Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Litiumgebruik tydens swangerskap en borsvoeding is ‘n risiko omdat daar ‘n kans is dat die baba hart defekte kan ontwikkel.
- Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Maniese depressie
Angs
Anti-selfmoord middel
- Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Indocid is ‘n NSAIM (nie-steroide anti-inflammatoriese middel) en dit sal die litium vlakke van die geneesmiddel wat reeds gegee is (CAMCOLIT), verhoog en die pasient het dan ‘n risiko vir litiumtoksisiteit. My aanbeveling sal wees om ‘n ander anti-inflammatorise middel te gee ipv ‘n NSAIM om toksisiteit te vermy. ‘n Aanduiding dat litiumtoksisiteit reeds teenwoordig is in die pasient is haar klagte van massatoename en omdat sy “waterpille” (diuretika) daarvoor drink, sal litiumvlakke verder verhoog en haar massatoenmame nie behandel nie, maar vererger agv toksisiteit. Die moegheid, dors gevoel, naarheid en tremore is alles agv litiumtoksisiteit.
My aanbeveling is om alle huidige terapie te stop en vir eers ‘n ander geneesmiddel te oorweeg vir haar bipolere steurnis. ‘n Geneesmiddel soos valproaat sal aanbeveel word vir die behandeling van bipolere steurnis in ons pasient met huidige litiumtoksisiteit.
Blog #11
27 Apr 2021, 21:06
- Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
Alifatiese syketting bv. Chloorpromasien
= Het ‘n lae potensie, het min ekstrapiramidale effekte (bind swakker aan dopamien reseptore), veroorsaak erge sedasie, kan gewigstoename veroorsaak, sterk anti-cholonergiese newe-effekte, sterk alfalitiese effekte veroorsaak posturale hipotensie, kardiotoksies (tagikardi).
Piperidien syketting bv. Tioridasien & perisiasien
= Het ‘n lae potensie, het min ekstrapiramidale effekte (bind swakker aan dopamien reseptore), veroorsaak erge sedasie, kan gewigstoename veroorsaak, sterk anti-cholonergiese newe-effekte, sterk alfalitiese effekte veroorsaak posturale hipotensie, kardiotoksies (tagikardi). Dieselfde as alifaties.
Piperasien syketting bv. Flufenasien, perfenasien, trifluoperasien, prochloorpenasien.
= Hoe potensie, meer ekstrapiramidale effekte, swakker anticholinergiese newe-effekte, swakker alfalities, minder sedasie en minder kardio newe-effekte.
- Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Dopamien 2 reseptore
- Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Tipies – Blokkeer die mesolimbiese dopamien 2 reseptore. Multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer eerder D2 as 5-HT2.
Atipies – Blokkeer die 5-HT2a reseptore en is inverse agoniste die 5-HTa en 5-HTc meer as dopamien 2 reseptore. Multipotenre antagoniste (inverse agoniste) wat eerder 5-HT2 blokkeer as D2.
- Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
Alifatiese en Piperidien sykettings.
- Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Piperasien sykettings.
Omdat die middel baie potent is, kan selfs ‘n klein hoeveelheid lei tot ekstrapiramidale effekte.
- A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
M-reseptore
Blog #10
9 Apr 2021, 17:31
- Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Anti-cholinergiese en dopamienagoniste
- Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Amantadien is ‘n metaffinoïede potensieerder van dopamien wat die vrystelling en sintese van dopamien verhoog. Dit blok ook die heropname van dopamine en is ‘n NMDA antagonis wat antidiskinetiese effekte het. Amantadien is ook ‘n adenosien A2 antagonis en adenosien inhibeer D2 reseptorfunksie wat D2 antagonis reseptorfunksie verbeter. Tree ook antiviral en anticholonergies op.
- Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Selektiewe MAO-B remmers- Dopamien metabolisme word onderdruk en vlakke van dopamien in die SSS verhoog dan.
Safinamied- Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer heropname van Dopamien
Istradefillien- Adenosien A2A antagonis – Adenosien inhibeer D2 funksie. Dus word D2-reseptorfunksie verbeter.
- Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergotderivate: Broomkriptien
Nie-ergotderivate: Pramipexole en Ropinirole
- Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
Dopamien 2 Reseptor: Broomkriptien, Ropinipole,
Dopamien 3 Reseptor: Pramipexole, rotigotine
- Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Rasagilien – neuronbeskermende effek wat geheue en leer bevorder.
- Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
Dopamien metabolisme word onderdruk (rem) en verhoog dus dan vlakke van dopamien in die SSS.
- Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
Dit metaboliseer levodopa na 3-Ometieldopa (3OMD) en dit verleng die werkingsduur van levodopa en verlaag perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid. COMT metaboliseer dopamien, en deur dit te blok, verbeter ons parkinsonisme.
- Hoe werk Istradefilien?
Dit is ‘n adenosien A2A antagonis
Adenosien inhibeer D2 se funksie en daarom sal D2 se funksie bevorder omdat adenosien geblok word en D2 word nie geinhibeer nie.
- Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide
Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer Dopamien heropname en verhoog daarom dopamien aktiwiteit/funksie.
Safinamied verlaag glutamaat vrystelling.
Blog #9
9 Apr 2021, 12:10
- Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
Kleiner gemiëlineerde vesels word makliker geblok as groter en gemiëlineerde vesels.
Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Dorsale senuwees word makliker geblokkeer en ininhibeer as tassenuwees omdat die dorsale swnuwees meer sensitief is vir blokkasie.
- Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
Hart- klas 1 anti-aritmiese middels.
Skeletspier – Swak blokkerende effek (geen kliniese indikasie)
Psige – verhoog gemoedstoestand (kokaien)
- Waarop berus die keuse van ‘n LA?
- Tipe prosedure wat gedoen moet word.
- Die tipe weefsel waaroop die prosedure gedoen word.
- Die tydsduur van die prosedure.
- Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
Om die aanvang van werking te versnel deur die lokale anestetika te potensieer deur:
- Omskakeling van LA na aktiewe katioon
- Direkte onderdrukkende effek van CO2 op die akson
- Konsentreer LA binne die senuweebundel.
- Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
- Bensokaïen
- Kokaïen
- Oksibuprokaïen
Blog #8
6 Apr 2021, 21:12
1. Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom
|
HALOTAAN |
ENFLURAAN |
ISOFLURAAN |
DESFLURAAN |
SEVOFLURAAN |
N20 |
KVS |
Verlaag bloeddruk |
Nie sensitisering van miokardium, minder bloeddruk verlaging |
Minder bloeddruk verlaging as Halotaan en enfluraan |
Minder bloeddruk verlaging as halotaan en enfluraan |
|
|
SSS |
Vinnige gladde induksie, verhoog serebrale bloedvloei, verhoog intrakraniale druk, vinnige gladde induksie |
Vinnige, gladde induksie. |
Vinniger induksie en herstel |
Vinniger induksie en herstel as isofluraan, verhoog serebrale bloedvloei, verhoog intrakraniale druk. |
|
Swak anesteties, potente analgetikum, amnesia |
RESPIRASIE |
Nie speeksel-brongiale sekresies of hoes nie. |
Meer verlaging |
Potente onderdrukkende effek |
Skerp reuk – irriterende lugweë (as induksiemiddel) Veroorsaak hoes, asemnood en laringospasma. Vermy as induksiemiddel. |
Minder irriterend vir lugweë, maar soortgelyk aan Desfluraan |
Hipoksie |
NIERE |
|
Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. |
|
|
|
|
LEWER |
Hepatotoksies, word deur lewer gemetaboliseer |
|
|
|
|
|
UTERUS |
Verlaging van spierkontraksie, ekserne draaiing van baba. |
|
|
|
|
|
UITSONDERING |
Kan aanleiding gee tot aritmie |
Kan konvulsies veroorsaak |
|
|
Ondergaan metabolosme en is chemise onstabiel. |
Geen skeletspierverslappende effek |
- Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
Hepatotoksies by Halotaan, bradikardie by Halotaan , hipoksie by Halotaan en N2O gas, konvulsies by Enfluraan, laringospasma by Desflurane en Sevoflurane
Blog #7
6 Apr 2021, 16:09
- Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Fenobarbitoon, fenitoïen, karbamasepien, okskarbasepien, topiramaat. Die effektiwiteit van orale kontrasepsie verlaag en dit beteken dat daar ‘n kans is dat die vrou wat die Pil gebuik wel swanger kan raak wanneer sy een van die bogenoemde middels gebruik.
Veilig om te gee: Valproaat, lamotrogien, gabapentin, leviterasetam
- Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Volwassenes toon vinniger metabolisme as neonate en stadiger in vergelyking met kinders & babas. Bejaardes het ‘n stadige metabolisme wat beteken dat hulle ‘n laer dosis as normal moet ontvang. Neonate het ‘n stadige metabolisme van die middels. Kinders & babas het ‘n vinniger metabolosme van die middel in vergelyking met volwassenes.
- In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
Valproaat en lamotrogien saam gebruik, swangerskap, neonate, wanneer episodes voorkom, bejaardes, as dosisverandering gemaak is.
Blog #6
6 Apr 2021, 15:18
- Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Mikrosomale etanol oksidasie (MEOS). Aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik.
- Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Hepatitis en sirrose simptome.
Verhoogde MEOS aktiwiteit
Glukoneogenese verlaag (verander hipoglukemie en vetakkumulasie)
Afname in lewerfunksie
- Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Neurologiese skade aan die onderste geldeelte van die brein, thalamus en hipotalamus wat perifere neuropatie veroorsaak. Tekort aan tiamien veroorsaak die chroniese geheue steernis. Simptome sluit in paralise van gesigspiere, ataksie en verwarring. Ons kan dit behandel met onmiddelike toediening van tiamien (vitamien B1)
- Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Alkoholmisbruik van ‘n swanger vrou en veroorsaak dat haar baba misvormd of verstandelik vertraag gebore word. Tetratogeniese effekte word gesien. Die kind kan groeigebrek he en hul brein kan fisies Kleiner wees as wat dit moet wees. Misbruik van alkohol in die eerste trimester kan lei tot karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigarea.
- Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Chroniese alkoholmisbruik verhoog die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels.
Akute alkoholmisbruik vertraag die metabolisme van geneesmiddels.
- Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
Parasetamol, Vasodilators, hipoglusemiese middels, aspirien, parasetamol
Blog #5
6 Mar 2021, 10:40
- Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Zero-orde kinetika.
Die metabolisme van etanol se kapasiteit is beperk en is nie eweredig aan die hoeveelheid etanol in die bloedstroom. Etanol metabolisme stop wanneer die NAD+ afhanklike ko-ensiem gesatureer is. Dit is die rede waarom die liggaam net ‘n bepekte hoeveelheid etanol kan metaboliseer en veroorsaak die tipiese effekte van alkohol op ‘n mens.
- Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Daar is 2 ensiemsisteme waardeur etanol gemetaboliseer word naamlik alhoholdehidrogenase en MEOS.
Dehidrogenase van alkohol vind plaas vir lae tot matige hoeveelhede alkohol (7-10g/h) waar ADH (alhoholdehidrogenase) die hoofensiem is in die katalisasie van alkohol.
MEOS vind plaas met chroniese gebruik van alhohol (>100mg/dl) waar NADPH etanol se ko-faktor is in die metabolisme.
In beide ensiemsisteme word alhohol omskakel na asetielaldehied. Asetielaldehied word dan omgeskakel na asetaat deur die aldehied dehydrogenase ensiem.
- Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Disulfiram, metronidasool, kefalosporiene en hipoglisemiese middles – inhibeer aldehied dehidrogenase wat aldehied akkumulasie veroorsaak tydens etanol inname. Veroorsaak naarheid en hoofpyne.
Cimetidine – Inbbibeer ADH in die maa gen verlaag die alhohol se eerste deurgang metabolisme van alhohol en veroorsaak dan lomerigheid en duiseligheid. Dit inhibeer alhohol dehydrogenase en verhoog die effek van alhokol.