Content begins here
SUNE HORN
Blog #12
21 May 2021, 18:49
- Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
- Trisikliese antidepressante (TAD)
- Amitriptillien
- Imipramien
- Trimipramien
- Chloorimipramien
- Dotiëpien
- Butriptilien
- Nortriptilien
- Desimipramien
- Lofepramien
- Monoamienoksidase inhibeerders (MAOI)
- Tranielsipromien
- Selegilien
- Moklobemied
- Serotonien en noradrenalien heropname remmers (SNRI)
- Venlafaksien
- Duloxetien
- 5-HT R-moduleerders
- Trasodoon
- Vortioksetien
- Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI)
- Reboksetien
- Tetrasikliese en unisikliese middels
- Amoksapien
- Maprotilien
- Mianserien
- Mirtasepien
- Bupropioon
- Sirkadiese ritmereguleerder
- Agomelatien
- Selektiewe serotonien heropname remmers (SSRI)
- Fluoksetien
- Paroksetien
- Fluvoksamien
- Sertralien
- Sitalopram
- Esitalopram
- Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Veelvuldige multipotente werking op baie monoaminergiese reseptore as gevolg van nie-spesifieke verhoging in serotonien en noradrenalien konsentrasies by sentrale sinapse.
- Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
Dit neem tussen 14 en 21 dae of meer.
- Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
- Effektiwiteit
TAD’s: Enurese, chroniese pyn (RA, trigeminiale neuralgie, kanker, migraine profilakse) (amitriptilien lae dosisse), bipolêre steurnisse (versigtig, kan manie presipiteer), akute paniek (veral imipramien), fobieë (veral imipramien), chloorimipramien: OCD
SSRI’s: OCD, paniek, sosiale fobieë, bulemie, PMS, alkoholisme (behandel depressie)
- Newe-effekte
TAD’s: Sedasie; simpatomimeties: tremore, insomnia; anticholinerg: visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring; KVS: ortostatiese hipotensie, disritmieë; psigoses, presipiteer manie; konvulsies; metabolies-endokrien: massatoename, seksuele steurnisse
SSRI’s: Insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, ↓ libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), EPS, onttrekkingsindroom
- Veiligheid
TAD’s: Oordosis is baie gevaarlik.
Koma, Konvulsies, Kardiotoksies.
SSRI’s: Veiliger in akute oordosering.
- Hoe werk mirtasepien?
• Blokkade van die inhibitoriese α2 reseptore: Bevorder beide NA (outoreseptore) & 5-HT vrystelling (heteroreseptore)
• Indirekte stimulasie van 5-HT1A: angsiolities
• Blokkade van 5-HT3: angsiolities, ↓ naarheid
• Blokkade van 5-HT2A: antidepressiewe effekte
- Hoe werk venlafaksien?
Blokkeer 5-HT en NA heropname, meer potent vir 5-HT as vir NA
- Hoe werk agomelatien?
MT1 en MT2 agonis en 5-HT2c antagonis
- 5-HT2c-antagonisme: disinhibisie van DA en NA vrystelling in FK ( verhoog DA en NA vrystelling)
Brand, L. 2021. Study Unit 10: Antidepressants [PowerPoint presentation]. Unpublished lecture notes on efundi, FKLG 312. Potchefstroom: NWU.
Blog #13
28 Apr 2021, 16:38
- Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Beïnvloed cAMP, IP3 & DAG 2e boodskappersisteme, lg deur verlaging van verskeie ensieme belangrik in omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede. IP3 & DAG is belangrik in monoamien en cholinerge neurotransmissie
- Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
0.5 - 1.5mM
Dit is ‘n baie klein terapeutiese indeks en dus baie toksies, dus moet die plasmavlakke goed gekontroleer word.
- Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Valproaat en litium word gekombineer vir pasiente wat nie baie goed op een van die twee middels reageer nie, vir bipolere versteurings.
Litium word alleen gebruik vir profilakse by bipolere steurnisse.
- Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
- Dehidrasie, diuretika (tiasiede), NSAIM’s, ACE I’s en fluoksetien verhoog litium vlakke, lei tot toksisiteit
- Teensuur middels (bv. Na-bikarbonaat), teofillien en kaffeien verhoog die renale uitskeiding van litium en dit verlaag die effektiwiteit
- Neurotoksies kombinasie met kabamasepien, kalsium blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoien.
- Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
Tremore, sedasie, ataksie, afasie, spierswakheid, moegheid, polidipsie, poliurie, nokturie, nefrogene diabetes insipidus, tiroiedvergroting, leukositoses, edeem, massatoename, aknee, alopesie, seksuele disfunksie, konvulsies kan presipiteer word
- Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Renale opruiming van litium vermeerder tydens swangerskap en keer terug na laer vlakke direk nadat geboorte gegee is. ‘n Pasient wie se litium vlakke in ‘n goeie terapeutiese reeks is tydens swangerskap, kan toksiese vlakke ontwikkel na die geboorte.
Litium word oorgedra na babas tydens borsvoeding, waarin dit 'n konsentrasie van ongeveer een derde tot die helfte van die serum het. Litiumtoksisiteit by pasgeborenes word gesien deur lusteloosheid, sianose, swak suig en moro-reflekse, en miskien hepatomegalie.
- Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
- Akute major depressie
- Bipolere steurnisse
- Skisofrenie
- Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Die NSAIM’s en waterpille veroorsaak ‘n verhoging in die litium vlakke en dit kan lei tot toksisiteit. Een van die aanvanklike tekens van litium toksisiteit is gastrointestinale versteurings soos naarheid. Van die ander tekens van litium toksisiteit is gewigstoename, moegheid en polidipsie. Toe sy slegs litium geneem het, was haar plasma vlakke binne die terapeutiese reeks. Dus as sy ophou die waterpille en NSAIM’s gebruik, behoort die newe-effekte weg te gaan.
Blog #11
27 Apr 2021, 16:12
- Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
- Alifatiese (bv. Chloorpromasien) en piperidienverbindings (bv. Perisiasien)
Lae potensie, erge sedasie, sterk anticholinerge effekte, kardiotoksies, sterk α-litiese effekte (posturale hipotensie)
- Piperasienderivate, bv. Flufenasien
Hoë potensie, minder sedasie, swakker anticholinerge newe-effekte, minder kardiovaskulere newe-effekte, swakker α-litiese effekte
- Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Blokkeer mesolimbiese D2 reseptore
- Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die atipiese middels blokkeer 5-HT2A reseptore meer as D2 reseptore, terwyl die tipiese middels mesolimbiese D2 reseptore blokkeer.
- Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
D2 reseptore
- Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Piperasienderivate, want dit het ‘n hoë potensie en dus ‘n hoër affiniteit vir D2 resptore.
- A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
Muskariene reseptore.
Blog #10
09 Apr 2021, 18:12
- Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
- Geneesmiddels wat cholinergiese aktiwiteit verlaag
- Geneesmiddels wat dopamien verhoog
- Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Die werking daarvan by parkinsonisme is onduidelik, maar dit kan die dopaminerge funksie versterk deur die sintese, vrystelling of heropname van dopamien te beïnvloed. Daar is gerapporteer dat dit die effekte van adenosien by adenosine A2A reseptore antagoniseer, wat D2 se reseptorfunksie kan inhibeer . Vrylating van katekolamiene is ook gedokumenteer. Amantadine is 'n antagonis van die NMDA-tipe glutamaatreseptor, wat dui op 'n antidyskinetiese effek
- Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
- Selektiewe MAO-B inhibeerders: Inhibeer MAO-B wat lei tot inhibisie van dopamien metabolisme en 'n verhoging in dopmamien konsentrasie in die SSS
- Entakapoon (COMT remmer): COMT-remmer verleng werkingsduur van l-dopa, ↓ perifere metabolisme, verbeterde biobeskikbaarheid
- Amantadien: Metaffinoïede potensieerder van DA dus ↑ vrystelling van DA, ↑ sintese van DA en blokkeer heropname van DA
- Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Nie-ergotderivate:
- Pramipexole
- Ropinirole
Ergot derivate:
- Broomkriptien
- Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
- D2 agoniste
- Ropinirole
- Broomkriptien
- D3 agoniste
- Pramipexole
- Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
MAO-B remmers, want dit word as n neurobeskermende geneesmiddel beskyf want dit maak siekte progressive stadiger. Dit verhoed die omskakeling van MPTP na MPP+.
- Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
MAO-B remmers het n voorkeur vir dopamien se substraat en dus verhoog dit dopamien se konsentrasie in die SSS.
- Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
- COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)
- Verhoogde plasmavlakke van 3OMD swak terapeutiese respons met l-dopa (3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse)
- COMT-remmer verleng werkingsduur van l-dopa, ↓ perifere metabolisme, verbeterde biobeskikbaarheid
- Hoe werk Istradefilien?
- Addisionele (add-on) terapie by l-Dopa/karbidopa wat af- episodes ervaar
- Adenosien A2A antagonis
- Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied
- Vergoog dopamien aktiwiteit deur potente omkeerbare inhibisie van van MAO-B en inhibisie van dopamien heropname
- Verlaag glutamaat vrystelling
Brand, L. 2021. Drugs Used In The Treatment Of Parkinsonism And Other Movement Disorders. Study Unit 8 [PowerPoint Presentation]. Unpublished Lecture Notes on eFundi. FKLG312. Potchefstroom: NWU.
Blog #9
09 Apr 2021, 14:04
- Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
- Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
Kleiner en gemiëlineerde vesels makliker geblok as groter en ongemiëlineerde vesels
-
- Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Geaktiveerde pynvesels vuur vinniger, pynsensasie selektief geblok deur LA
Vesels in middel van dik senuweebundel stadiger geblok as die aan die buitekant van die bundle
- Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
- Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels
- Skeletspier: swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing
- Waarop berus die keuse van ‘n LA?
Kliniese gebruik en hoe lank die middel moet werk.
- Waarom word oplossings van LA soms met CO2versadig?
Dit potensieer die effekte van lokale anestetika.
- Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
- Bensokaïen
- Kokaïen
- Oksibuprokaïen
Brand, L. 2021. Local Anesthetics. Study Unit 6 [PowerPoint Presentation]. Unpublished Lecture Notes on eFundi. FKLG312. Potchefstroom: NWU.
Blog #8
09 Apr 2021, 12:59
- Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
Halotaan |
|
KVS |
↓BD, miokardium is gesensitiseerd vir die aritmogene effekte van katesjolamiene |
SSS |
Vinnige gladde induksie, stadium II afwesig ↑ serebrale bloedvloei en ↑ intrakraniale druk |
Respirasie |
Geen saliva, brongiale sekresies of hoes |
Lewer |
Hepatotoksies (raar, onvoorspelbaar) |
Uterus |
↓ spierkontraksies, → eksterne draaiing van baba |
Enfluraan |
|
KVS |
Geen sensitisasie van die miokardium, minder ↓ as halotaan |
SSS |
Vinnige gladde induksie, soms konvulsies, NIE epileptici |
Respirasie |
Meer↓ as Halotaan |
Isoflurane |
|
KVS |
Minder ↓ as halotaan en enfluraan. Geen sensitisasie van die miokardium nie |
SSS |
Vinniger induksie en herstel as met halotaan |
Respirasie |
Potente ↓ effek. Versterk agv potente skeletspierverslappende effek |
Desflurane |
|
KVS |
Minder ↓ as halotaan en enfluraan |
SSS |
Nog vinniger induksie en herstel as met isofluraan, ↑ serebrale bloedvloei en intrakraniale druk |
Respirasie |
Sterk reuk, irriterend op lugweg, indien as induksiemiddel → hoes, kortasem en laringospasma |
Sevoflurane |
|
Respirasie |
Minder irritasie van die lugweg as met Desfluraan |
N20 (laggas) |
|
KVS |
Geen effek |
SSS |
Swak anestetikum, potente analgetikum, amnesie |
Respirasie |
:Suiwer N2O → hipoksie, meng altyd met O2 of lug. Herstelfase: N2O vinnige diffusie van bloed na alveoli, ↓ O2 druk, → hipoksie |
- Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels
- Hepatoksisiteit (halotaan)
- Nephrotoxicity
- Malignant Hyperthermia
- Chronic toxicity
- Mutagenicity
- Carcinogenicity
- Effects on reproductive organs
- Hematotoxicity
Brand, L. 2021. General Anaesthesia: Study Unit 5 [Powerpoint Presentation]. Unpublished lecture notes on eFundi, FKLG312. Potchefstroom: NWU.
Katzung, B.G., 2018. Basic & Clinical Pharmacology. 14th ed. United States of America: McGraw-Hill Education.
Blog #7
23 Mar 2021, 15:57
- Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
- Beinvloed die pil se metabolisme:
- Fenobarbitoon
- Karbamasepien
- Fenitoien
- Topiramaat
- Okskarbasepien
- Perampanel
- Beinvloed die pil se metabolisme:
Indien die metabolisme van die pil verminder word, verlaag die effektiwiteit van die pil ook.
-
- Veilig om saam met die pil te gebruik:
- Valproaat
- Lamotrogien
- Gabapentin
- Leviterasetam
- Vigabatrin
- Veilig om saam met die pil te gebruik:
- Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
-
- Neonate: stadiger metabolisme
- Babas en kinders: vinniger metabolisme as volwassenes
- Bejaardes: Laer dosisse
-
- In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
-
- Om moontlike geneesmiddel interaksies te monitor
- Wanneer die konvulsies en toevalle nie verminder nie
- By neonate en bejaarde pasiënte
- As die geneesmiddel terapie verander, verminder of vermeerder word
- Tydens swangerskap
-
Blog #6
04 Mar 2021, 16:40
- Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Daar is ‘n toename in die metaboliese tempo en daar is ook ‘n toename in lewerensieme. Daar kan kruistoleransie plaasvind met ander sedatief-hipnotika soos bensodiasepiene. Daar ontstaan ook psigiese en fisiese afhanklikheid. Perifere neupatie kan ook voor kom.
- Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Daar vind progressiewe afname in lewerfunksie plaas. Dit kan dan lei tot hepatitis en sirrose. Die afname in lewerfunksie is erger in vrouens as in mans. Daar vind ook ‘n afname plaas in glukoneogenase wat kan lei tot hipoglukemie en vetakkumulasie. Daar is ‘n toename in die aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme, as gevolg van chroniese alkohol gebruik.
- Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Dit is chroniese geheue verlies wat ontstaan as gevolg van tiamien tekort. Dit is ‘n sindroom van neurologies skade wat gepaard gaan met ataksie, verwarring en paralise van die gesigspiere. Dit word behandel deur parenterale tiamien te gee om permanente breinskade te probeer voorkom.
- Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Dit is wanneer ‘n vrou alkohol misbruik tydens swangerskap en dit dan teratogeniese effekte tot gevolg het. Die effekte wat gesien kan word met fetale alkoholsindroom is verstandelike vertraging, groei gebrekke en mikrokefalie. Wanneer alkohol misbruik word gedurende die eerste trimester is daar ook onderontwikkeling van die middelste gesigsarea.
- Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
- Chroniese alkoholgebruik: Dit veroorsaak ‘n toename in metaboliese transformasie van ander geneesmiddels.
- Akute alkoholgebruik: Dit veroorsaak ‘n afname in die metabolisme van middels.
- Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
- Aspirien
- Hipoglisemiese geneesmiddels
- Sedatief-hipnotika
- Parasetamol
Blog #5
04 Mar 2021, 15:56
- Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Alkohol is klein wateroplosbare molekules wat vinnig uit die spysverteringskanaal geabsorbeer word en dit is lipofilies wat beteken dat dit vinnig versprei. Vrouens het ‘n hoer piek konsentrasie as mans, want vrouens se totale hoeveelheid water in die liggaam is minder as mans sin. 90% van die metabolisme van alkohol vind in die lewer plaas. Volwassenes metaboliseer alkohol teen 7-10g per uur. Wanneer ‘n persoon se bloed alkohol vlak hoer is as 500mg/dL kan dit lei tot die dood.
- Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Daar is 2 ensiem sisteme waaruit metabolisme bestaan: Alkoholdehidrogenase en MEOS (gemengde funksie oksidases)
Alkoholdihidrogenase is ‘n ensiem wat alkohol omskakel na asetaldehied. Gedurende hierdie omskakeling word waterstof ione oorgedra na die ko-ensiem NAD om NADH te vorm. As gevolg hiervan genereer alkohol oksidasie ‘n oormaat verminderde ekwivalente in die lewer, hoofsaaklik as NADH. The oormatige NADH produksie dra by tot metaboliese afwykings wat gepaard gaan met kroniese alkoholisme. Alkoholdehidrogenase metaboliseer alhokol vlakke wat by laer hoeveelhede is. Alhokol word gemetaboliseer deur zero-orde kinetika, wat beteken dat daar altyd ‘n vaste hoeveelheid per tydseenheid gemetabliseer word.
MEOS metaboliseer alkohol wat by hoer vlakke is, >100mg/dL. Hierdie ensiem sisteem gebruik NADPH as ko-faktor in die metabolisme van etanol. MEOS neem toe met chroniese gebruik van alkohol. As ‘n resultaat van die chroniese gebruik van alkohol neem nie net etanol se metabolsime toe nie, maar ook die opruiming van ander geneesmiddels wat deur sitochroom P450 gemetaboliseer word. Die eindproduk van MEOS is asetaldehied
- Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
- Disulfiram
- Metronidasool
- Kefalosporiene
- Hipoglisemie geneesmiddels
As die bogenoemde geneesmiddels gelyktydig geneem word met alkohol, word die aldehieddehidrogenase ensiem aktiwiteit gerem. As die ensiem aktiwiteit gerem word vind daar ‘n opeenhoping van asetaldehied plaas in die liggaam. ‘n Opeenhoping van asetaldehied kan lei tot simptome soos naarheid, braking en hoofpyn.
Katzung, B.G., 2018. Basic & Clinical Pharmacology. 14th ed. United States of America: McGraw-Hill Education.
Blog #4
01 Mar 2021, 19:49
Plante en kruie wat gebruik word om insomnia te behandel sluit in:
- Valerian root
- Chamomile
- Passionflower
- Hops,
- Lavender
- Lemon balm
Plante en kruie wat gebruik word om angs te behandel sluit in:
- Chamomile
- Lavender
- Passionflower
- Saffron
Wheatley D. Medicinal plants for insomnia: a review of their pharmacology, efficacy and tolerability. J Psychopharmacol. 2005 Jul;19(4):414-21. doi: 10.1177/0269881105053309. PMID: 15982998.
Yeung, K.S., Hernandez, M., Mao, J.J., Haviland, I. and Gubili, J., 2018. Herbal medicine for depression and anxiety: A systematic review with assessment of potential psycho‐oncologic relevance. Phytotherapy Research, 32(5), pp.865-891.