Content begins here
R DU TOIT
Blog 13/14
31 May 2021, 18:32
Leergedeelte 11.1 blog 13
Berei ‘n kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ‘n kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels.
Pyn word gebruik om ‘n ongemaklike sensasie te beskryf war afkomstig is van die aktivering van die senuweestelsel d.m.v noci reseptore. Pyn kan strek van slegs bietjie irriteerend tot krippelend. Dit varieer ook in frekwensie. Pyn kan in verskeie maniere beskryf word bv. Dof, skerp, brand of kloppend. Dit kan ook lokaal of verspreid in die liggaam voorkom.
Mense ervaar pyn verskillend sommige mense het ‘n hoër pyndrempel as ander, dus is pyn subjektief. Die oorsake van pyn varieer baie, soos: spesifieke beserings, mediese kondisies en in sommige gevalle is die oorsake van pyn baie moeiliker om te bepaal.
Die belangrikste beginsel by pyn bestuur is om oyn te verlig met medikasie wat so min as moontlik newe-effekte tot gevolg het, die persoon moet wel nogsteeds instaat wees daartoe om sy daaglikse aktiwiteite uit te voer.
Mediese aandag word benodig wanneer erge pyn ervaar word as gevolg van ‘n ongeluk wat bloeding tot gevolg het of by kopbeseerings. Dit word ook benodig wanneer daar ‘n skerp interne pyn gevoel word wat ‘n teken van ‘n probleem kan wees.
Daar is ook nie farmakologiese maniere om pyn te beheer: meditasie, ontspanning, yoga.
Blog 13
11 May 2021, 21:53
- Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
- Lithium beinvloedcAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, lg. deur verlaging van verskeie ensieme wat nb is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is nb in monoamiene en cholienergiese neurotransmissie
- Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
- Dit het ‘n klein terapeutiese indeks (0.5 - 1.5 mM; >2 mM = toksies)
- Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
- Gebruik in kombinasie met klonasepam/ lorazepam vir bipolere versteurings
- In monoterapie vir major depressiewe steurnisse
- Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
- Fluoksetien verhoog lithium vlakke
- Teofillien verhoog renale uitskeiding van lithium
- Neurotoksies wannneer in kombinasie met karbamasepien
- Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
- SVK-intoleransie, tremore, metaal smaak, enkel edeem, gewigstoename
- Dors, poliurie, polidipsie ontwikkel vroeg in Rx
- Langtermyn: hipotiroïdisme
- Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
- Litium gebruik tydens swangerskap kan daartoe volg dat die fetus se hart nie ten volle ontwikkel nie, litium tydens borsvoeding, word nie aanbeveel nie, maar daar is vrouens wat al suksesvol was tydens die gebruik van litium in borsvoeding.
- Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
- Manie
- Depressie
- Angs
- Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
- Die diuretika veroorsaak dat Litium nie opgeruim word nie, en veroorsaak dehidrasie as gevolg van verhoogde urien uitskeiding. Indocid wat 'n NSAIM,en die diuretika en Camcolit bevat litium. Die NSAIM en diuretika verhoog die vlakke van litium wat tot toksisiteit lei en newe effekte veroorsaak.
- Teveel litium veroorsaak moegheid, naarheid en tremore. Die gewigstoename kan wees as gevolg van die verhoogde hoeveelheid litium.
Blog 11
10 May 2021, 22:52
- Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
- Alifatiese syketting
- Chloorpromasien
- Lae potensie en min ekstrapirimidale steurnisse
- Chloorpromasien
- Piperidien syketting
- perisiasien
- Piperasien syketting
- Flufenasien
- Hoë potensie met meer EPS
- Flufenasien
- Alifatiese syketting
- Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
- Mesolimbiese dopamien 2 reseptore
- Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
- Atipiese middels blokkeer ook serotonien 2A en tree ook op as ‘n inverse agonis op serotonien 2A en 2C
- Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
- Dopamien 2 reseptore
- Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
- Piperasien derivate soos perfenasien, omdat die middel baie potent is
- A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
- Alfa 1 reseptore
Blog 9
18 Apr 2021, 15:26
Blog 9
- Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
- Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
Kleiner en gemielineerde vesels word makliker geinhibeer as groter ongemielineerde vesels
-
- Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Dorsale senuwees in meer sensitief vir inhibisie as druk/tassenuwees en sal daarom makliker geinhibeer word.
- Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
Senuwees:
- Kleiner en gemiëlineerde vesels word makliker geblok as groter ongemiëlineerde vesels
- Geaktiveerde pynsenuwees vuur vinniger af, pynsensasie word dus selektief geblok deur lokale anestetika - groter affiniteit vir oop ioonkanale
- Vesels in middel van dik senuweebundel stadiger geblok as die aan die buitekant van die bundel - verskil van sensitiwiteit
Hart:
- Klas 1 anti-aritmiese middels bv. Lidokaien wat ‘n Natrium kanale inhibeerder in die hart is, wat die aksie potensiaal(AP) verkort en die refraktêre periode verleng - kan toksiese effekte tot gevolg hê
Skeletspier:
- Swak blokkerende effek en dus geen kliniese toepassing
- Waarop berus die keuse van ‘n LA?
Duur van terapieen die spesifieke kliniese gebruik wat benodig word bv. vir olftalmiese gebruik
- Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
Die aanvang van werking word verhoog, omdat CO2 potensiering van die lokale anestetikum tot gevolg het.
- Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
Kokaïen, Bensokaïen en Oksibuprokaïen
Blog 10
17 Apr 2021, 11:57
Blog 10
- Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Geneesmiddels wat dopamien aktiwiteit verhoog en geneesmiddels wat asetielcholien aktiwiteit verlaag.
- Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Metaffinoiedpotensieerder van dopamien:
- Verhoogdie vrystelling van dopamien.
- Verhoogsintese van dopamien
- Blokkeerheropname van dopamine.
- Anticholinergies
- Antiviraal
- Ook ‘n NMDA antagonis
- Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Amantadien: sien vraag 2
MOA-B remmers: bv Rasagilien: inhibeer selektief die MOA-B ensieme en inhibeer so dopamien metabolisme. Sodoende verhoog dit Dopamien konsentrasie.
KOMT remmer: bv Entakapoon: keer die omskakeling van L-dopa na 3OMD wat met L-dopa kompeteer en verleng dus so die werkingsduur van L-dopa en verminder die perifere metabolisme en verbeter die biobeskikbaarheid
Safinamied: verhoog dopamien aktiwiteit deur die potente omkeerbare inhibisie van MOA-B en die inhibering van Dopamien heropname wat dus dopamien se konsentrasie verhoog. Dit verminder ook glutamaat se vrystelling
- Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergot derivaat: broom kriptien
Nie ergot derivaat: pramipeksool en ropinirool
- Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
D2: Broomkriptien en Ropinirole
D3: Pramipeksool
- Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Pramipeksool
Selektiewe MAO-B remmers bv. Selegilien & Rasagilien.
MAO-B remmers voorkom dat MPTP omgeskakel word na MPP+, wat dus beskerm teen die voorkoms van Parkinsonisme.
- Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
MOA-B het ‘n voorkeur vir dopamien as ‘n substraat, wat gevolglik dopamien konsentrasie in die SSS sal verhoog
- Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)
Dit lei tot verhoogde plasmavlakke van 3OMD, wat ‘n swak terapeutiese respons met l-dopa het, agv kompetering vir aktiewe transportprosesse.
COMT-remmers verleng die werkingsduur van l-dopa, verlaag perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid.
- Hoe werk Istradefilien?
Istradefillien, is ‘n adenosien A2 antagonis en sal dus dopamien aktiwiteit se verhoging tot gevolg he
- Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied
Safinamied het ‘n 2-ledige werkingsmeganisme.
Dit verhoog dopamine aktiwiteit deur:
- die potente omkeerbare inhibering van MAO-B.
- inhibisie van dopamien heropname.
Verlaag glutamaat vrystelling.
Blog 6
22 Mar 2021, 21:04
Blog 6
- Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Mikrosomale etanol oksidasie, is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie, omdat die aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik.
- Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
- Progressiewe verlaging in lewerfunksie, hepatitis & sirrose
- Erger in vroue as mans
- Glukoneogenese verlaging lei na hipoglukemie en verandering vetakkumulasie, nutriëntgebreke dra by hiertoe
- Verhoogte aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme
- Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Perifere neuropatie: Verwarring, paralise van gesigspiere, parenterale tiamien om permanente breinskade te voorkom
Om die sindroom te verkom word parenterale tiamien toegedien.
- Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Verstandelike vertraging, groeigebreke, mikrokefalie, karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigarea. Hierdie afwyking vind plaas wanneer daar chronies alkohol ingeneem word tydens swangerskap veral tydens die eerste trimester.
- Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akute Alkoholisme- Dit is 'n toestand waar daar ‘n oormatige hoeveelheid alkohol ingeneem word. Akute alkoholisme is tydelik en lei tot depressie van die hoër senuweeselle, wat lei tot 'n gebrek aan koördinasie, verswakte motorbeheer, stupor, dehidrasie en naarheid. Die simptome van akute alkoholisme is hoofpyn, moegheid, angs en ander fisiese tekens.
Chroniese Alkoholisme- Chroniese alkoholisme is 'n onbeheerde situasie waar die persoon oormatige hoeveelhede alkohol op ‘ gereelde basis inneem, daaraan verslaaf raak. Hierdie toestand is baie ernstig en in hierdie stadium word die persoon verslaaf en nie in staat om die drang na die alkohol te beheer nie. Chroniese alkoholisme word gekenmerk met sielkundige, sosiale, kulturele, fisiologiese faktore, en benadeel dikwels die persoon se gesondheid en sosiale lewe.
Simptome van chroniese alkoholisme sluit in diarree, hallusinasies, anoreksie, gewigsverlies, neurologiese en psigiatriese versteurings, vetterige verergering van die lewer en ander verwante probleme. Behandeling van chroniese alkoholisme hang af van die erns van die toestand, die simptome en ander persoonlike en mediese geskiedenis.
- Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
- Aspirien: alkohol potensieer die antiplaatjiekleefbaarheidseffekte van aspirien
- Bensodiasepiene: etanol potensieer verdere senuweestelsel onderdrukking
- Vasodilatore: etanol verslap ook vaskulêre gladdespiere
- Hipoglisemiese middels: Etanol veroorsaak hipoglukemie. Indien nog middels bygevoeg word kry die pasiënt so n lae glukemie telling dat hy/sy selfs in n koma kan ingaan.
Blog 5
19 Mar 2021, 22:00
Blog 5: Alkohole
- Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Zero-orde kinetika.
Dit beteken net ‘n sekere hoeveelheid alkohol word gemetaboliseer, alkohol kan dan ophoop in die ligaam en sentrale senuwee effekte word dan ervaar.
- Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Alkoholdehidrogenase
Ongeag die hoeveelheid alkohol wat ingeneem word bly die tempo van metabolisme dieselfde.
Mikrosomale etanol oksidase
Verhoog met chroniese gebruik, dus is dit verantwoordelik vir gedeeltelike toleransie. Die eind produk van die proses is asetaldehied.
- Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Die volgende is inhibeerders van aldehied dehidrogenase:
Disulfiram
Metronidasool
Hipoglisemiese geneesmiddels
Kefalosporiene
Blog 1
23 Feb 2021, 22:45
- Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?
Die neuronale selmembrane het 2 soorte kanale nl. Potensiaalafhanklik en Ligandafhanklik ioonkanale.
- Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
Potensiaalafhanklik |
Ligandafhanklik |
Metabotropiese reseptore is betrokke |
Ionotropiese reseptore is betrokke |
Kanale word gereguleer deur verandering in die sel se membraan potensiaal |
Kanale word gereguleer deur die interaksies wat neurotransmitters met hulle reseptore het |
Sinpatiese oordrag is stadiger |
Sinaptiese oordag is vinnig |
- Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.
Ionotropies: Die neurotransmitter bind direk aan die reseptor, die kanaal word gereguleer deur die interaksie van die ligand en die reseptor
Metabotropies: G-protein gekoppelde transmembraan reseptore is betrokke, die kanale open nie direk nie want daar is tweede boodskappers betrokke.
- Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.
- Ionotropiese reseptore:
- GABA-A (gamma amino bottersuur as neurotransmitter)
- Nikotinies (asetielcholien as neurotransmitter)
- Eksitatoriese aminosuur (glutamaat as neurotransmitter)
- 5-HT3 (serotonien as neurotransmitter)
- Metabotropies
- Adenielsiklase sisteem:
- Beta 1+ 2
- Dopamien 1 + 2
- Alfa 2
- 5-HT1
- M2 +M4
- mGlu1
- Fosfolipase sisteem:
- Alfa 1
- 5-HT2
- M1
- H1
- mGlu8
- Adenielsiklase sisteem:
- Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.
EPSP is ‘n eksitatoriese postsinaptiese potensiaal.
Depolariserende stroom veroorsaak dat die membraanpotensiaal meer positief is, en nader aan die drempel van eksitasie. Bv. Asetielcholien bind aan die nikotiniese reseptor, wat die Na-ioonkanaal oopmaak en veroorsak dan die depolarisasie van die post-sinaptiese membraan. Post-sinaptiese potensiaal aktiveer die sentralesenuweestelsel.
IPSP is ‘n inhiberende postsinaptiese potensiaal.
Hiperpolariseerde stroom veroorsaak dat die membraanpotensiaal negatief raak en verder van die drempel van eksitasie. Bv. GABA bind aan die GABA-A reseptor, wat die Cl-ioonkanaal oopmaak en veroorsaak die hiperpolarisasie van die post-sinaptiese membraan. Post-sinaptiese potensiaal inhibeer die SSS.
- Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?
Die kalsium gaan die terminale binne en veroorsaak die samesmelting van die sinaptiese vesikels, wat neurotransmitters bevat, met die membraan van die pre-sinaptieseneuron. Die vesikels stel die neurotransmitters in die sinaptiese spleet vry en hulle versprei na die reseptore wat op die post-sinaptiese membraan gevind word.