Content begins here
BERNICE KIRSTEN
Blog #12
11 Jun 2021, 08:55
Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
Monoamien Oksidase Inhibeerders |
|
Selektiewe Serotonien heropname remmers |
|
Serotonien en Noradrenalien heropname remmers |
|
Selektiewe Noradrenalien heropname remmers |
|
Tetrasikliese en unisikliese anti-depressante |
|
Seretonien reseptor modulators |
|
Sirkadiese ritme reguleerders |
|
Trisikliese anti-depressante |
Sekondêre amiene:
|
Tersiêre amiene:
|
Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
- Meeste van die middels verhoog Serotonien en Noradrenalien konsentrasies by die sentrale sinapse deur een van die volgende; heropname remming, blokkering van pre-sinaptiese outoreseptor of afbraakremming. Hulle grootste funksie is dus om heropname te blokkeer en die spesifieke neurotransmitter wat gewoonlik Noradrenalien of Serotonien is te verhoog.
Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
- Dit vat ongeveer 2-3 weke vir anti-depressante om te werk en dat daar ‘n terapeutiese effek voorkom, die rede hiervoor is dat daar reeds ‘n verlaging van Serotonien in die persoon is dus moet die geneesmiddel eers die Serotonien opbou om ‘n effek te kry, aangesien die Noradrenalien en Serotonien sisteme funksioneel moet wees om ‘n effek te ontlok. Dit kan ook wees as gevolg van die multipotente werking op monoamine reseptore wat dus nie-spesifieke verhoging van Noradrenalien en Serotonien veroorsaak.
Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar:
|
Effektiwiteit |
Newe-effekte |
Veiligheid |
Trisikliese anti-depressante (TAD) |
Die geneesmiddels benodig titrasie tot minimum effektiewe dosis om dus ‘n effek te ontlok. |
|
Oordosis kan baie gevaarlik wees en selfs fataal. Dit veroorsaak dus die volgende:
|
Selektiewe serotonien heropname remmers (SSRI) |
Die geneesmiddels kan dadelik met die volle dosis begin word om ‘n effek te ontlok. |
|
Hulle is baie veiliger om te gebruik aangesien hulle newe-effek profiel baie beter is en akute dosering nie so erg soos die ander geneesmiddels is nie. |
Hoe werk mirtasepien?
- Dit is ‘n Noradrenalien en spesifieke serotonien anti-depressant. Die geneesmiddel blok α2 reseptore wat dus Noradrenalien en Serotonien vrystelling bevorder. Die Histamien (H1) reseptore en α1 reseptore word ook geinhibeer, terwyl daar ‘n indirekte stimulasie van 5-HT1A is. Blokkering van 5-HT3 en 5-HT2A.
Hoe werk venlafaksien?
- Beide die Serotonien en Noradrenalien heropname word geinhibeer en dus meer potent vir 5-HT as vir NA.
Hoe werk agomelatien?
- Die geneesmiddel herstel die liggaam se bioritmes. Primêre agonis op melatonien 1 en 2 reseptore en ‘n antagonis op 5-HT2C reseptore. Die melatonien is ‘n byproduk van van Serotonien en wat dus verantwoordelik is vir die regulering van die biologiese klop. Die melatonien herstel dus hierdie ritmes, want tydens depressie word die sirkadiese ritmes versteur. Daarom beïnvloed depressie melatonien afskeiding.
Blog #13
11 Jun 2021, 08:46
Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
- Li – ioon: Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, DAG verlaag verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfo-inositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamine en cholinergiese neurotransmissie. ß ONDERDRUKKING van beide sisteme, naamlik: Adenielsiklase & Fosfolipase sisteem. Meer as 1 neurotransmissie proses.
Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
- 0.5 – 1.5 mM, want groter as (>) 2 mM is toksies.
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
- Monoterapie van Litium word gebruik as gemoedstabiliseerder vir bipolêre steurnisse.
- Litium word met Klonasepaam, Lorasepam, Valproaat gekombineer.
Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
- Teensuur middels (bv. Na-bikarbonaat), teofillien, kaffeïen verhoog renale uitskeiding van Litium (verlaag effektiwiteit).
- Neurotoksies kombinasie met antikonvulsant (bv. karbamasepien), Kalsium kanaal blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoïen.
- Tradisionele Anti-psigotiese middels bv. chloorpromasien vererger ekstra-piramidale effekte in kombinasie met Litium
Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
- Tremore, sedasie, ataksie (afname in koördinasie en beweging), afasie (spraaksteurnis)
- Spierswakheid, moegheid
- Polidipsie, poliurie, nokturie
- Nefrogene diabetes insipidus (Li+ meng in met nier se vermoë om uriene te konsentreer)
- Tiroïedvergroting
- Leukositoses
- Edeem
- Massatoename
- Aknee, alopesie
- Seksuele disfunksie
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
- Gedurende swangerskap word vermoed dat die gebruik van litium die voorkoms van aangebore kardiogeniese afwykings verhoog (baba se hart ontwikkel nie volledig nie).
- Agtergrond: Daar is aansienlike bewyse dat postpartum-profilakse met litium die tempo van terugval in bipolêre versteuring verlaag. Dit is egter gekontraïndikeer tydens borsvoeding vanweë die groot wisselvalligheid van die oordrag in borsmelk.
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
- Gemoedstabiliseerder.
- Anti-maniese effekte tydens akute of instandhoudings fases.
- Anti-depressiewe effekte tydens akute of instandhoudings fases.
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
- Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
- Camcolith is 'n geneesmiddel met 'n beheerde vrystelling van litium / Li+. Haar plasmavlakke was 0,8 mmol / L, wat binne die terapeutiese gebied val (0,5-1,5 mmol / L). Die gewigstoename is 'n algemene newe-effek wat gepaard gaan met die gebruik van die Litium-tablette. Die diuretika (waterpille) kan interaksie met die Litium-tablette veroorsaak wat toksisiteit kan veroorsaak. Die moegheid, konstante dors, naarheid en wankelrige gevoel kan wees a.g.v. dehidrasie wat veroorsaak word deur die diuretiese tablette a.g.v. die verhoogde uitskeiding van water. Indocid is 'n nie-steroïdale anti-inflammatoriese middel (NSAIM's), wat ook bekend is dat dit 'n interaksie met Litium-tablette het wat die plasmavlakke verhoog en so toksisiteit kan veroorsaak. My aanbeveling is dus om die Diuretika-tablette (waterpille) te stop, aangesien die Camcolith geen toksisiteit toon nie, kan die pasiënt voortgaan met die gebruik daarvan, maar dit moet gedurende die Indocid-behandeling op toksiese effekte gemonitor word. Andersins moet die pasiënt 'n ander medikasie kry om haar besering te behandel.
Blog #11
12 May 2021, 14:10
Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
Fenotiasien-subfamilies | Voorbeeld | Potensie en newe effekte |
Alifatiese syketting | Chloorpromasien |
|
Piperidien syketting | Perisiasien | |
Piperasien syketting | Flufenasien |
|
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
- Mesolimbiese D2 reseptore
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
- Atipiese (nuwe generasie) middels blokkeer 5-HT2A reseptore meer as D2 wat lei tot minder EPS, prolaktieneffekte en tardiewe diskinesie
- Sterk M1, H1 en α1-blokkerende effekte
- Risperidoon en paliperidoon verhoog prolaktien en is meer geneig tot EPS
Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
- Die blokkering van 5-HT2A reseptore
Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
- Butirofenoonderivate soos Haloperidol
- Dit is 'n potente D2 blokker wat 'n hoe voorkoms vir EPS effekte het
A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
- M1 en α1-blokkade
Blog #10
29 Mar 2021, 19:04
Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
- GM's wat dopamien aktiwiteit verhoog
- GM's wat cholinergiese aktiwiteit verlaag
Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
- Amantadien is 'n metaffinoïede potensieerder van dopamien wat dus die vrystelling van dopamien verhoog asook die sintese daarvan
- Dit blokkeer die heropname van dopamien
- Amantadien kan as 'n NMDA antagonis optree as gevolg van antidiskinetiese effekte, wat met bewegingsteurnisse help
- Dit is ook 'n adenosien A2 antagonis, wat D2 reseptorfunksie inhibeer en lei tot verhoogde dopamien
Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
- Amantadien
- Metaffinoïede potensieerder van dopamien wat dus die vrystelling van dopamien verhoog asook die sintese daarvan. Dit blokkeer die heropname van dopamien
- Selektiewe MAO-B remmers
- Inhibeer selektief MAO B ensieme wat lei tot inhibisie van dopamien metabolisme en 'n verhoging in dopmamien konsentrasie in die SSS
- COMT-remmers (Entakapoon)
- COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD), dus het die verhoogde plasmavlakke van 3OMD 'n swak terapeutiese respons met l-dopa, omdat hulle kompeteer vir aktiewe transportprosesse)
- Dus verleng COMT-remmers die werkingsduur van l-dopa, verlaag perifere metabolisme en verbeter die biobeskikbaarheid
Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
- Ergotderivate
- Broomkriptien
- Nie-ergotderivate
- Pramipexole
- Ropinirole
Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
- D2 agoniste
- Ropinirole
- Broomkriptien
- D3 agoniste
- Pramipexole
Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
- Selektiewe MAO-B remmers (bv. Selegilien en Rasagilien)
- MAO-B remmers voorkom dat MPTP omgeskakel word na MPP+, wat dus beskerm teen die voorkoms van Parkinsonisme
Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
- MAO B het 'n voorkeur vir dopamien as substraat, dus is daar 'n verhoging in dopamien konsentrasie in die SSS
Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
- COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)
- Dit lei tot verhoogde plasmavlakke van 3OMD wat 'n swak terapeutiese respons met l-dopa het agv kompetering vir aktiewe transportprosesse
- COMT-remmer verleng werkingsduur van l-dopa, verlaag perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid
Hoe werk Istradefilien?
- Istradefilien is 'n adenosien A2A antagonis, wat die funksie van D2 inhibeer.
Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied
- Safinamied het 'n tweeledige werkingsmeganisme:
- Dit verhoog dopamien aktiwiteit
- Deur die potente omkeerbare inhibering van MAO-B
- Inhibisie van dopamien heropname
- Verlaag glutamaat vrystelling
Blog #9
19 Mar 2021, 16:00
Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
- Kleiner en gemiëlineerde vesels word makliker geblokkeer as groter en ongemiëlineerde vesels
Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
- Die dorsale senuwee (wat impulse gelei), is meer sensitief vir blokkasie, dus word dit makliker geblok as druk/tas senuwees
Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
- Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels, blok Natrium kanale
- Skeletspier: swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing
- Psige: verbeter gemoedstoestand, beïnvloed sentrale katesjolamien gemedieerde neurotransmissie (inhibeer NA heropname
Waarop berus die keuse van ‘n LA?
- Die aantal tyd waarvoor dit gebruik word
- Die kliniese gebruik van die anestetikum
- Die werkingsduur
Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
- Die aanvang van werking sal versnel word
Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
- Bensokaïen
- Kokaïen
- Oksibuprokaïen
Blog #8
19 Mar 2021, 13:32
Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.
Stelsel |
Halotaan | Enfluraan | Isofluraan | Desfluraan | Sevofluraan | N2O gas |
KVS |
BD, miokardium is gesensitiseerd vir die aritmogene effekte van katesjolamiene | Geen sensitisasie van die miokardium, minder ↓ as halotaan | Minder ↓ as halotaan en enfluraan. Geen sensitisasie van die miokardium nie | Minder ↓ as halotaan en enfluraan | Vinniger induksie en herstel as Isofluraan. Verhoog serebrale bloedvloei sowel as interkraniale druk | Geen effek |
SSS |
Vinnige gladde induksie, stadium II afwesig ↑ serebrale bloedvloei en ↑ intrakraniale druk |
Vinnige gladde induksie, soms konvulsies, NIE epileptici | Vinniger induksie en herstel as met halotaan | Nog vinniger induksie en herstel as met isofluraan, ↑ serebrale bloedvloei en intrakraniale druk | Minder onderdrukkend as Halotaan en Enfluraan | Swak anestetikum, potente analgetikum, amnesie |
Respiratories |
Geen saliva, brongiale sekresies of hoes | Meer↓ as Halotaan | Potente ↓ effek. Versterk agv potente skeletspierverslappende effek | Sterk reuk, irriterend op lugweg, indien as induksiemiddel → hoes, kortasem en laringospasma | Minder irriterend in lugwee | Suiwer N2O → hipoksie, meng altyd met O2 of lug. Herstelfase: N2O vinnige diffusie van bloed na alveoli, ↓ O2 druk, → hipoksie |
Niere |
Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. | Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. | Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. | Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. | Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. | Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. |
Lewer |
Hepatotoksies (raar, onvoorspelbaar) | |||||
Uterus |
↓ spierkontraksies, → eksterne draaiing van baba |
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
- Hepatotoksies by Halotaan
- Bradikardie by Halotaan
- Hipoksie by Halotaan en N2O gas
- Konvulsies by Enfluraan
- Laringospasma by Desflurane en Sevoflurane
Blog #7
16 Mar 2021, 14:20
Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Die volgende anti-epileptiese middels beinvloed die Pil se metabolisme wat dis die effek van die Pil verlaag:
- Fenobarbitoon
- Fenitoïen
- Karbamasepien
- Topiramaat
- Oksarbasepien
Die volgende middels is veilig om saam met die Pil te gebruik:
- Valproaat
- Lamotrigien
- Gabapentin
- Leviterasetam
- Vigabatrin
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
- Neonate: het 'n baie stadiger metabolisme en opruiming, dus word die konsentrasie vlakke goed gehandhaaf
- Babas en kinders: vind metabolisme vinniger plaas as by volwassenes. Daarom kan dosisse verhoog word
- Bejaardes: word laer dosisse toegedien omdat lewer en nier funksie nie meer optimaal plaasvind nie en dus lui tot stadige metabolisme en ensiem aktiwiteit
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
- Fenitoïen
- Fenobarbitoon
- Lamotrigien
- Orale kontrasepsies
Blog #6
16 Mar 2021, 11:09
Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
- MEOS (mikrosomale etanol oksidasie) aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik en is gedeeltelik verantwoordelik vir induseering van toleransie
- Kruistoleransie bv. Benzodiasepiene en ander sedatief-hipnotika
- Afhanklikheid kan veroorsaak word deur aanhoudende inname
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
- Dit veroorsaak 'n progressiewe verlaging in lewerfunksie wat ken lei tot hepatitis en lewersirrose (dis erger in vroue as mans)
- Glukoneogenese word verminder wat lei tot hipoglukemie en vetakkumulasie. Nutriëntgebreke dra ook by hieraan.
- Verhoging in die aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
- Wernicke-Korsakoff sindroom word veroorsaak deur 'n gebrek aan tiamien of vitamien B1. Dit word gekenmerk deur ataksie, verwarring, paralise van gesigspiere. Behandeling behels parenterale tiamien om permanente breinskade te voorkom.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
- Fetale alkoholsindroom is 'n teratogeniese effek wat veroorsaak word deur kinders wat in die uterus aan alkohol blootgestel word. 'n Wye verskeidenheid ontwikkelingsgebreke en kognitiewe- en gedragstekorte kom voor as gevolg van skade aan die ontwikkelende neurone. Verstandelike vertraging, groeigebreke, mikrokefalie, karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigarea is alles newe effekte van alkohol gebruik tydens swangerskap, veral in die eerste trimester.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
- Chroniese alkohol verhoog die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels soos bv. parasetamol wat hepatotoksisiteit met hoë terapeutiese dosisse kan veroorsaak
- Akute alkohol verlaag die metabolisme van middels soos bv. Fenotiasiene, TAD’e (trisikliese anti-depressante) en ander sedatief-hipnotika.
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
- Parasetamol
- Fenotiasiene
- Sedatief hipnotika
- Aspirien
Blog #5
4 Mar 2021, 18:05
Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
- Vinnige absorpsie & verspreiding vind plaas omdat alkohol lipofilies van aard is
- Alkohol onderdruk die sentrale senuweestelsel
- 'n Persoon wat in 'n vastende toestand alkohol inneem bereik piekvlakke in 30 min
- Pieke word vinniger by vrouens bereik as by mans, omdat hulle minder liggaams vloeistowwe besit
- Metabolisme van alkohol vind 90% in die lewer plaas en die res in die longe en uriene
- Volwassenes metaboliseer 7 – 10 g/h
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
Metabolisme van etanol vind in 2 ensiem sisteme plaas:
1. Alkoholdehidrogenase: lae en matige hoeveelheid
- Beperkte hoeveelheid NAD (ko-ensiem): zero-orde kinetika (7 – 10 g/h)
2. MEOS = Mikrosomale etanol oksidase sisteem (gemengde funksie oksidases) hoër konsentrasies (>100mg/dL)
- MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik, kan geinduseer word en is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
- Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene en Hipoglisemiese geneesmiddels
- Die geneesmiddels inhibeer die ensiem aldehied dehidrogenase wat veroorsaak dat asetaldehied nie gemetaboliseer word nie en lei dan tot naarheid, hoofpyn en duiseligheid
Blog #4
4 Mar 2021, 17:21
Plantaardige en/of natuurlike preparate wat op die apteek/winkelrakke staan waarvoor aansprake gemaak word dat dit anksiolitiese en/of sedatief-hipnotiese effekte het
Lavender (Lavandula officinalis)
- Laventel is in wisselwerking met die neurotransmitter GABA om die senuweestelselaktiwiteit te kalmeer en gevoelens van angs, onrus en rusteloosheid te verminder. Laventel het sedatief-hipnotiese effekte en sal die liggaam en gees voorberei vir 'n goeie nagrus.
Passionflower (Passiflora incarnata)
- Passionflower kan 'n rustige slaap bevorder, veral as slapeloosheid veroorsaak word deur 'n ooraktiewe gees met sirkelvormige gedagtes. Passieblom kan optree soos 'n afskakelaar vir die gees en is geskik vir mense wat voortdurend dinge oor en oor oorweeg. Vir kinders kan dit nuttig wees in paniekaanvalle. Passionflower is tradisioneel gekombineer met hop en valeriaan, en hierdie drie kruie werk sinergisties om die tyd wat dit nodig het om aan die slaap te raak, te verkort en die duur van die slaap te verleng.
Valerian (Valeriana officinalis)
- Dit is 'n uitstekende sedatiewe middel wat die spiere ook verslap. Valeriaan is ideaal vir mense wat nie kan slaap nie, omdat hulle spanning in hul liggame hou.