Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

JO-ANN ANNANDALE

Default profile image
----------

Blog #12

25 May 2021, 23:29 Publicly Viewable

1. Middels wat as AD’e gebruik word:
 

TAD

MAO-I

SSRI’s

SNRI’s

NARI’s

Tetrasikliese en unisikliese AD’e

5-HT R’e moduleerders

Sirkadiese ritmeregu - leerders

Tersiêre amiene:
Amitriptilien
Imipramien
Trimipramien
Chloorimipramien
Dotiëpien
Butriptilien

Sekondêre amiene:
Nortriptilien
Desimipramien
Lofepramien
Amoksapien
Maprotilien

Tranielsipromien
Moklobemied

 

Fluoksetien
Paroksetien
Fluvoksetien
Sertralien
Sitalopram
Esitalopram

Venlafaksien
Duloxetien

Reboksetien

Mianserien
Mortasepien
Bupropioon

Amoksapien
Maprotilien

Trasodoon
Vortioksetien

Agomelatien


2. Blokke
er die werking van 5-HT heropname inhibeerders / 5-HT transport (SERT blokkering) of om die 5-HT R’e te blokkeer.

3. Dit neem die middels ongeweer 6-8 weke
Dit is te wyte aan die tyd wat dit neem om die serotonienreseptore te beïnvloed; óf die vermindering van die aantal 5-HT-reseptore óf die desensitisering van die 5-HT-reseptore.

4.

TAD

SSRI

Effektiwiteit

Middels moet opgetitreer word tot ‘m minimum dosis.

Middels kan dadelik met die volle dosering begin word.

N/E

Ach N/E, sedasie, gewigstoename, seksuele effekte en diskontinie sindroom

Naarheid, GI-upset, diaree, verlaging in seksuele funksie en belang, hoofpyne en insomnia / hipersomnia, gewigstoename, diskontinie dindroom.

Veiligheid

Nie veilig in oordossering nie; mees algemene middel in selfmoord pogings. Veroorsaak fibrillasie en konvulsies.

Veilig in oordossering.


5. Mirtasepien blokkeer alfa2, 5-HT2A, 5-HT3, H1 en alfa1

6. Venlafaksien blokkeer 5-HT en NA heropname. Meer potent vir serotonien as NA.

7. Agomelatien antagoneer / blokkeer 5-HT2C en MT1/2 word gestimuleer – in die suprachiasmatiese kern.

Blog #13

03 May 2021, 13:51 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Die werkingsmeganisme van Li+ is dat dit die cAMP, die IP3 en die DAG 2de boodskappers beinvloed deur die verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
Die terapeutiese indeks van Li+ is 0.5-1.5 mM; dus het Li+ ‘n baie noue terapeutiese indeks en kan toksiese vlakke vinnig bereik word.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Gebruik Li+ as monoterapie by die behandeling van bipolere depressie en in kombinasie saam met valproaat vir die behandeling van akute manie in die monoterapie van valproaat nie effektief is nie.

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
Li+ kan met NSAIMs reageer (verhoog Li+ vlakke wat toksies van aard kan wees)
Li+ het interaksies met teofillien wat ‘n verlaagde effektiwiteit teweeg bring.
Li+ reageer met Ca2+-blokkers wat neurotoksies is.

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
Sedasie, tremore, ataksie, afasie
Spierswakheid, moegheid
Polidipsie, poliure, nokturie
Nefrogene diabetes insipudis
Tiroiedvergroting
Leukositose
Edeem
Massatoename
Aknee, alopesie
Seksuele disfunksie

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Tydens swangerskap word dit nie aanbeveel om Li+ te gebruik nie omdat dit die risiko verhoog dat die baba se hart nie behoorlik ontwikkel nie.
Tydens laktasie word Li+ deur die borsmelk uitgeskei, wat veroorsaak dat die baba ‘n hoe konsentrasie Li+ in hul bloed het.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Anti-depressant
Gemoedstabiliseerder
Skisofrenie

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Camcolit, ‘n Li+ bevattende middel veroorsaak ‘n plasmavlakke van 0.8mmol/L, wat in die gewenste terapeutiese indeks val. Na haar spierbesering neem sy ‘n NSAIM, Indocid, wat veroorsaak dat die Li+ vlakke verhoog en toksiese effekte kan he. ‘n Diuretika lei tot verdere verhoogde Li+ vlakke.
Gebruik parasetamol (acetaminophen), naamlik Tylenol, om die spierbesering te behandel aangesien dit geen interaksies met Li+ het nie. Staak die gebruik van Indocid en die waterpil.

Blog #11

01 May 2021, 21:50 Publicly Viewable

Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese en piperidienverbindings: chloorpromasien
Lae potensie, min EPS / Erge sedasie / Erge anticholinerge effekte / Sterk alfa-litiese effekte (posturale hipotensie) / Kardiotoksies

Piperasienderivate: Flufenasien
Hoe potensie, meer EPS / Swakker anticholinerge effekte / Swakker alfa-litiese effekte / Minder sedasie / Minder kardiovaskulere (KVS) newe-effekte

Tioxantane: Flupentiksol
Soortgelyke farmakologiese profiel as piperasienketting fenotiasiene / Minder potent as fenotiasiene / In lae dosisse, flupentiksol gebruik by behandeling van matige depressie

Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Blok mesolimbiese DA2 reseptore.
Multipotente kompeterende antagoniste: blok DA, M, α, histamine en serotonien reseptore.

Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die atipiese middels se werkingsmeganisme blokkeer 5-HT2A reseptore / is inverse agoniste op 5-HT2A en 5-HT2C meer as DA2 reseptore.

Waar die tipiese middels die DA2 reseptore blokkeer en ander soos die M -, α -, histamien – en serotonien reseptore blokkeer.

Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Minder EPS weens limbiese lokalisering van DA3 reseptor

Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Piperasienderivate: Flufenasien, perfenasien, trifluoperasien, prochloorperasien
Butirofenoonderivate: Haloperidol en droperidol
Difenielbutielpiperidien: Pimosied
Wanneer die middel sterk aan die die DA2 reseptore bind, het dit; ‘n verhoogde affiniteit vir die DA2 reseptore wat lei tot verhoogde newe-effekte van die EPS.

A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
M reseptore; anticholinerge effekte

Blog #10

11 Apr 2021, 20:08 Publicly Viewable

Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Safinamied het tweeling werkingsmeganismes. Eerstens is daar die verhoding in DA aktiwiteit. Potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibisie van DA heropname. ‘n Verlaging in glutamaat vrystelling vind plaas.

Istradefilien is ‘n adenosien A2A antagonis. Dus word die D2 reseptorfunksie verbeter aangesien antagonistiese effekte op adenosien uitgeoefen word.

Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide

Die COMT-remmers veroorsaak dat L-dopa nie gemtaboliseer kan word na 3-O-metieldopa (3OMD). Dit lei tot die verlaagde plasmavlakke van 3OMD en daar is ‘n verhoging in die terapeutiese respons met L-dopa. L-dopa is ‘n aromatiese aminosuur, so dit maak gebruik van aromatiese aminosuur transportprosesse om in die brein, die BBB en die membraan te kan beweeg. Maw verlaagde vlakke van 3OMD lei tot minder aktiewe transportproses kompetisie. L-dopa het ‘n verhoogde kans om effektief te wees. COMT-remmer verleng die werkingsduur van L-dopa, verminderde perifere metabolisme van L-dopa en verbeterde biobeskikbaarheid.

Hoe werk Istradefilien?

MAO-B selektiewe middels is die substrate van DA en tiramien. MAO-B remmers verhoog die [DA] vlakke in die striatum waar dit nodig is vir beweging.

Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

Pramipeksool, rasagelien en selegilien/ deprenil. Indien ‘n middel neurobeskermende effekte gee, beteken dit dat die persoon verlaagde simptome van depressie kan veroorsaak.

Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Dopamien 2 – broomkriptien
Dopamien 3 – Pramipeksool
Dopamien 2 – Ropinirool
Dopamien 2 en 3 - Pergolied

Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Broomkriptien is ‘n ergotderivaat. Pramipeksool en Ropinirool is nie ergotderivate nie.

Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

Amantadien verhoog dopamien konsentrasie op ‘n indirekte wyse. Amantadien is ‘n metaffinoiede potensieerder van DA. Dit verhoog die vrystelling van DA óf dit verhoog die sintese van DA óf dit blokker die heropname van DA.
Amantadien is ‘n adenosien A2 antagonis (adenosien inhibeer D2 reseptorfuksie), dus verbeter dit die D2 reseptorfuksie. Dit het anticholinergiese effekte. Antiviraal en NMDA antagonis (lei tot antidiskinetiese funksie).

Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Verbeter die rigiditeit, tremore en bradikinesie. Slegs effektief vir ‘n paar weke.

Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Die wat DA aktiwiteit verhoog en die wat ACh aktiwiteit verlaag.
 

Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Blog #9

09 Apr 2021, 12:33 Publicly Viewable
  • Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

‘n Gemiëlineerde vesel word makliker deur ‘n lokaal anestetikum geblok as ‘n ongemiëlineerde vesel.
Die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei is meer sensitief vir blokkasie, word makliker geblok as druk- of tassenuwees.

  • Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels (bv. lidokaïen). Blok natrium kanale in die hart met die doel om die aksie potensiaal te verkort en die refraktêre periode te verleng.
Skeletspier: Swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing.
Psigologiese effekte – Kokaïen: verhoog gemoedstoestand. Beïnvloed sentrale katesjolamien-gemidieerde neurotransmissie (inhibeer NA heropname)

  • Waarop berus die keuse van ‘n LA?
    Dit hang af van die tipe prosedure wat gedoen moet word. Die plek van werking, dus op watter weefsel moet die lokale anestetika ‘n effek uitoefen en wat die duur van verdowing moet wees.
  • Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
    CO2 veroorsaak direkte onderdrukkende effekte op die akson, dus potensieer dit die werking van LA.
  • Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
    Bensokaien, kokaien, oksibuprokaien

Blog #8

05 Apr 2021, 11:00 Publicly Viewable

Halotaan – 1ste van die reeks = Standaard

Status en gebruik: Nie dikwels gebruik agv. Hepatotoksisiteit + nuwer middels

SSS

Vinninge gladde induksie, maar by stadium II afwesig (waar opgewondenheid en delirium teenwoordig is)

↑ serebrale bloedvloei en ↑ intrakraniale druk

Wees versigtig by pasiente waar hoofbeserings voorkom

Outonoom

Bradikardie (harttempo ↓)

Kardiovaskulêre sisteem (KVS)

↓ BP

Miokardium is gesensitiseerd vir die aritmogene effekte van katesjolamiene (induseer aritmië)

Wees versigtig by pasiente met hartprobleme)

Respiratoriese sisteem

Geen saliva, brongiale sekresies of hoes

Muskulo-skeletaal

Skeletspierverslappende effekte stadium III

↑ aksie en werking van die nie-depolariserende skeletspierverslappers maw. die kompeterende antagoniste

  • Kortwerkend (15-20 min): Mivacurium
  • Intermediate acting (20-50 min): Atracurium / Cisatracurium / Vecuronium / Rocuronium
  • Langwerkend (> 50 min): Doxacurium / Pancuronium / Pipecuronium

↓ aksie van die depolariserende skeletspierverslappers

  • Kortwerkend: Succinylcholine

Post-operatiewe bewerasies ‘shakes’ → hipoksie (verminderde O2 na die weefsels)

Uterus

↓ spierkontraksies → eksterne draaiing van baba

Lewer

Hepatotoksies (raar, onvoorspelbaar)

Versig by pasiente met lewerdisfunksie of -siekte

Enfluraan

Status en gebruik: Nie dikswels gebruik nie. Instandhouding.

SSS

Vinninge gladde induksie

Soms konvulsies, nie epileptici

Gee nie vir pasiente met epilepsie nie omdat dit aanleiding tot konvulsies kan gee

KVS

Geen sensitisasie van die miokardium nie

Minder onderdrukkende effekte as halotaan

Respiratories

Meer onderdrukking as halotaan

Isofluraan

Status: Meer ideale middel as halotaan en enfluraan. Wyd gebruik en halotaan en enfluraan vervang. Nie vir pasiente wat spontaan moet asem haal nie.

SSS

Vinninger induksie en herstel as met halotaan

KVS

Minder onderdrukkende effkete as halotaan en enfluraan

Geen sensitisasie van die miokardium nie

Respiratories

Potente respiratoriese onderdrukkende effekte

Versterk agv potente skeletspierverslappende effekte

Versigtig by enigiemand met respiratoriese probleme of wat spontaan moet asem haal

Desfluraan

Status: Selfs meer ideaal as isofluraan of sevofluraan. Potensiaal om gebruik te word vir verskeie sjirurgiese prosedures. AGV effek op respirasie → NIE as induksie

SSS

Nog vinniger induksie en herstel as met isofluraan

↑ serebrale bloedvloei en intrakraniale druk

KVS

Minder onderdrukkende effekte as halotaan en enfluraan

Respiratories

Sterk reuk

Irriterend op lugweg

Indien as induksiemiddel gebruik word → hoes, kortasem en laringospasma

Word nie gebruik as ‘n induksie anestetikum nie omdat dit aanleiding gee tot hoed, kortasem en laringospasma

Sevofluraan

Induksie en instandhouding

Respiratories

Effekte is soortgelyk aan desfluraan, minder irriterend vir lugweë

Lewer

Ondergaan lewer metabolisme

Chemies onstabiel

Versigtig met mense wat ‘n lewerprobleem het

Muskulo-skeletaal

Potensieer effekte van nie-depolariserenede skeletspierverslappers net soos die ander halogeneerde eteres

N2O

Anorganiese gas, laggas

Word gebruik as ‘n addisionele middel saam met anestetika (want dan kan die dosis van die ander geneesmiddels verminder word)

Maar alleenmiddel in kort tandheelkundige prosedures bv. ekstraksies

Geen skeletspierverslapping

SSS

Swak anestesie

Potente analgetikum (pynstillende effekte)

Amnesia (geheueverlies)

Respiratories

Suiwer N2O → hipoksie (suurstoftekort) d.w.s meng saam met lug of O2

Herstelfase: N2O vinnige diffusie uit bleod na alveoli

Verlaagde suurstofdruk veroorsaak hipoksie

Toksiese effekte vand ie inhalasiemiddels:

  • Hepatotoksisiteit
  • Malignant hipertermie
  • Hematotoksisiteit
  • Nefrotoksisiteit

Blog #6

23 Mar 2021, 22:35 Publicly Viewable
  • Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

Indien jy alkohol kronies gebruik veroorsaak dit dat die gemengde funksie oksidasie metabolisme aktiwiteit verhoog word. Jy bou dus ‘n toleransie op aangesien die metabolisme van alkohol vinniger plaasvind en jy meer alkohol benodig om ‘n SSS effek te bewerkstellig.

Alkohol potensieer die GABA kompleks reseptor, dus met ‘n verhoogde alkohol inname word die SSS meer gestimuleer. Reseptor subsensitiwiteit vind egter plaas weens afregulering van die reseptors, spesifiek GABAA reseptor.

  • Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

Chronies inname van alkohol veroorsaak dat die hepatiese selle verhard. Dit lei tot die progressiewe verlaging in lewerfunksie wat heoatitis en sirrose kan veroorsaak.

Chroniese alkoholgebruik veroorsaak dat daar ‘n onderdrukking in glukoneogenese is wat aanleiding tot hipoglukemie en vetakkumulasie gee. Nutriëntgebreke draai by hiertoe.

Daar is ook ‘n verhoogde aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme.

  • Wat is Wernicke-Korsakoff sindroom en hoe word dit behandel?

Perifere neuropatie is waar ‘n tiamiengebrek (vit. B1 gebrek) ontstaan. Dit lei tot Wernicke-Korsakoff sindroom. Ataksie, verwarring en paralise van gesigspiere is simptome wat ervaar word.

Dit kan behandel word deur die inname van parenterale tiamien om permanente breinskade te voorkom, maar dit is nie altyd omkeerbaar nie.  

  • Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Dit is waar die ma tydens haar swangerskap alkohol chronies gebruik het. Dit lei tot teratogeniese effekte naamlik verstandelike vertraging, groeigebreke, mikrokefalie, karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigarea (laasgenoemde a.g.v. die misbruik van alkohol in die 1ste trimester).

  • Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Chroniese etanol gebruik verhoog die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels.

Akute alkohol gebruik veroorsaak die verlaging in metabolisme van middels bv. Fenotiasien, TAD’e en ander sedatief-hipnotika middels.

  • Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.

Aspirien se effekte (antiplaaitjiekleefbaarheidseffekte), vasodilatoriese middels, fenotiasiene, TAD’e (trisikliese antidepressante), sedatief hipnotika middels, parasetamol (induseer Cup 2E1)

Blog #5

21 Mar 2021, 12:47 Publicly Viewable
  • Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
  • Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
  • Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
    1. Zero-orde kinetika word gevolg, dus word dieselfde hoeveelheid alkohol in die liggaam gemetaboliseer ongeag van die inname alkohol. Bv. 1g/h vir elke 10kg liggaamsmassa.  
       
    2. Alkohol word óf deur alkoholdehidrogenase ensiemsisteem óf deur ‘n gemende funksie oksidasie sisteem (MEOS) gemetaboliseer. Die alkoholdehidrogenase ensiem is primêr verantwoordelik vir die metabolisme van lae tot matige inname van etanol. In die sisteem is ‘n beperkte hoeveelheid NAD (ko-ensiem) en vind zero-orde kinetika plaas waar 7-10 g/h gemetaboliseer word. Die tempo van afbraak bly konstant, ongeag van die inname etanol. MEOS (mikrosomale etanol oksidasie sisteem) ensiemsisteem word geïnisieer wanneer ‘n hoër konsentrasie (>100 mg/dL) etanol teenwoordig is. Die MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik van alkohol. Dit is gedeeltelik verantwoordelik vir die toleransie van alkohol.

Etanol word gemetaboliseer na asetaldehied óf deur alkoholdehidrogenase ensiemsisteem óf deur ‘n gemende funksie oksidasie sisteem (MEOS). Asetaldehied word gemetaboliseer na asetaat deur die ensiem aldehied dehidrogenase. Asetaat word omgesakel na CO2 en H2O wat uitgeskei word.

    1. Disulfiram (Antabuse®), Metronidasool (Flagyl®), Hipoglisemiese geneesmiddels en Kefalosporiene inhibeer die ensiem aldehied dehidrogenase. Asetaldehied kan nie gemetaboliseer word na asetaat nie en ‘n opeenhoping van asetaldehied vind plaas. Simptome soos naarheid, braking, hoofpyn, gloede, hartkloppings, blosing en duiseligheid word ervaar.

Blog #4

05 Mar 2021, 14:42 Publicly Viewable

Chamomile used for insomnia

Chamomile is used by most people, preferring the use of botanicals, to promote sleep and for the treatment of insomnia. The cause of sedative effects may be due to the compound (benzodiazepine-like) that is found in the flower head. Apigenin, one of the chamomile’s ingredients, binds to benzodiazepine’s receptors that causes the activation of GABAA receptors (Viola et al., 1995). There is no clinical trials that support the statement saying that chamomile facilitates sleep.

People that are hypersensitive to ragweed, marigolds, chrysanthemums, daisies and other herbs can expect allergic reactions. When chamomile is ingested in the form of a concentrated tea, it may induce vomiting. Chamomile interacts with antiplatelet –, anticoagulant (aspirin and ibuprofen) – and benzodiazepine drugs. It may inhibit CytP450, therefore warfarin, antidepressants and antiepileptic drugs, that are metabolised by CytP450 should be used with caution.

Chamomile used for anxiety

Chamomile is available in the form of capsules, supplements in tea bags and as a liquid extract. Apigenin not only activates GABAA receptors, it also stimulates the absorption of tyrosine. Tyrosine cause an increased production of monoamines. Apigenin also inhibits the activity of MAO enzyme, leading to an increased availability of monoamines in the body (Spinella, 2001). Serotonin, one of the monoamine’s neurotransmitters, bind to 5-HT1A receptors and has an anxiolytic effect.

The half-life of chamomile is short since it should be taken three times daily. When chamomile is taken in the form of  liquid extract, 1-4 ml should be used three times per day. When it’s in the form of a tincture, 15 ml is used 3-4 times per day.

Juarascio, A. and Gooneratne, N.S. 2012. Therapy in Sleep Medicine. Chamomile - an overview | ScienceDirect Topics Date used: 4th March 2021.
Kapalka, G.M. 2010. Nutritional and Herbal Therapies for Children and Adolescents. Chamomile - an overview | ScienceDirect Topics Date used: 4th March 2021.

Blog #3

04 Mar 2021, 17:33 Publicly Viewable

Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Barbiturate se absorpsie en verspreiding word beïnvloed deur die herdistribusie van die middel vanaf die brein na ander weefsel toe, bv. Tiopentoon wat narkose induseer, hoogs lipiedoplosbaar en sodoende maklik versprei vanaf die bloed na die brein, maar weer vinnig uit die brein beweeg en verder versprei na vetweefsel. Die vorming van ‘n depot vind plaas sodat verdere verspreiding kan plaasvind.

Bensodiasepiene se absorpsie word beïnvloed deur hul lipofilisiteit. Hoe meer lipofilies; hoe vinniger is hul aanvangswerking.

Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistribusie is waar die middel opgeneem word, maar nie dadelik daarna geëlimineer word nie, maar eers versprei na ander dele van die liggaam naamlik vetweefsel of spiere.

Die belang van herdistribusie is dat die eliminasie halfleeftyd verleng word en sodoende verleng nie werkingsduur van die middel.

Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.

  1. Dealkilering (Aktiewe metaboliet word gevorm)
  2. Oksidasie (CytP450: aktiewe metaboliet vorming)
  3. Konjugasie (Fase 2 van metabolisme) van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliete te vorm.

Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?

Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en Ketasolam (meer lipofilies).

Wanneer BD’e omgeskakel word na aktiewe metaboliete, verleng dit die eliminasie halfleeftyd van die middels –  >40h. Soos wat die hoeveelheid middel in die liggaam bly, akkumuleer die middel en veroorsaak verdere geneesmiddelwerking wanneer die gewenste effekte reeds bereik is.

Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?

Oksasepam, Lorasepam, Temasepam, Lormetasepam (minder lipofilies).

Die voordeel hiervan is dat die BD’e dien as keusemiddels wanneer CytP450 aktiwiteite vertraag is, bv. In bejaardes, neonate, lewersirrose en terapie met P450 ensiemremmers (simetidien, ketokonasool, eritromisien, fluvoksamien).

Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie verwys na ‘n middel wat die produksie van ‘n spesifieke ensiem verhoog. Soos wat die middel ensiemwerking induseer, verhoog die metabolisme van die middel en die konsentrasie van die middel in die sistemiese sirkulasie neem af. Dit lei tot ‘n verlaging in die terapeutiese werking van die middel.

Fenobarbitoon, ‘n barbituraat wat gebruik word vir epilepsie, lei tot ensieminduksie.