Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

ELMARIE BORCHERDS

Default profile image
----------

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 14

31 May 2021, 16:06 Publicly Viewable

Watter verskillende groepe hallusinogeniese middels is bekend?

  • Fensiklidien
  • LSD
  • Meskalien

Noem ‘n paar tipiese effekte van die hallusinogeniese middels en beskryf die kliniese beeld van ‘n pasiënt wat dit ingeneem het?

Psigose, belemmerde oordeelsvermoë en roekelose gedrag, naarheid, braking, parestesie.

So ‘n persoon het ‘n versteurde waarneming van die realiteit. ‘High’. Psigedeliese, ‘mind revealing’ effekte.

Hoe word ‘n oordosis met LSD hanteer?

Die persoon moet gekalmeer word. Bensodiasepiene en antipsigotiese middels kan gebruik word vir sedasie.

Hoe word ‘n oordosis anticholinergiese middels hanteer?

‘Physostigmine Salicylate’ inspuiting

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 13

31 May 2021, 14:00 Publicly Viewable

Pyn is ‘n onaangename sensoriese, d.w.s. gevoel, en emosionele ervaring wat ‘n persoon ervaar. Hierdie gevoel kan geassosieer word met werklike (been breek, sny, kop besering) of potensiële weefselskade (veranderinge in die brein/lyf wat tot besering of pyn persepsies kan lei). Pyn is ‘n subjektiewe ervaring. Dit beteken dat elke persoon pyn anders ervaar. Dit is omdat sommige mense ‘n hoër pyndrumpel het as ander, elke persoon se persepsie/denke oor hoeveel pyn iets kan veroorsaak, genetika, hoeveel slaap ‘n persoon inkry, die persoon se gesindheid ens.

Hoe ‘n persoon pyn hanteer is ook verskillend. Die belangrikste om pyn te hanteer is om eerstens die bron van die pyn te identifiseer. Indien dit iets is wat ‘n persoon kan vermy, sodat hulle pyn dienooreenkomstig kan vermy sal dit die pyn verminder of wegneem. Ander pyne is egter meer kompleks en het medikasie nodig. Oor die toonbank medikasie is soms voldoende, maar daar moet geag word dat jy nie meer as die voorgeskrewe/aangetoonde hoeveelheid drink om die pyn te verlig nie, anders kan ‘n persoon tolerant raak teen die pyn medikasie, oordoseer ens. Wanneer jy vir meer as ‘n week aanhoudende pyne ervaar en die pyn word nie verlig deur vermyding of medikasie nie, moet jy jou dokter besoek om verdere ondersoek in te stel oor jou pyn.

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 12

24 May 2021, 10:47 Publicly Viewable

Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.

TAD

MAOI’s

SSRI’s

SNRI’s

NARI’s

Tetrasiklies en unisikliese AD’s

5-HT reseptor moduleerders

Sirkadiese ritme reguleerders

Tersiere amiene

Amitriptillien

Imipramien

Trimipramien

Chloorimipramien

Dotiëpien

Butriptilien

Tranielsipromien

Moklobemied

Fluoksetien

Paroksetien

Fluvoksamien

Sertralien

Sitalopram

Esitalopram

Venlafaksien

Duloxetien

Reboksetien

Mianserien

Mirtasepien

Bupropioon

Trasodoon

Vortioksetien

Agomelatien

Sekondere amiene

Nortriptilien

Desimipramien

Amoksapien*

Maprotilien* Lofepramien

Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Almal het ‘n effek op konsentrasies van sertonien m.b.t. heropname remming, afbraak remming, blokkade van reseptors.

Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

6-8 weke. Daar moet eers ‘n funksionele verandering plaasvind met die serotonien reseptore en transport meganismes. Dit vat ‘n tyd vir hierdie verandering om plaas te vind om op die ou einde die werking te weeg te bring.

Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

TAD

SSRI’S

Effektiwiteit

Begin met minimum effektiewe dosis en titreer op, soos nodig.

Kan met volle dosis begin.

Newe-effekte

Sedasie, tremore, insomnia, visie steurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring, ortostatiese hipotensie, disritmie, psigose, konvulsies, massa toename, seksuele steurnisse.

Insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, seksuele disfunksie, akute angs, EPS, onttrekking sindroom

Veiligheid

Baie gevaarlik. Oordosis kan fataal wees met simptome soos: agitasie, delirium, neuromuskulêre irriteerbaarheid, respiratoriese onderdrukking, sirkulatoriese kollaps, hiperpireksie, disritmie, koma, konvulsies, kardiotoksisiteit.

Veiliger a.g.v minder ernstige reaksies (angs) wanneer ‘n persoon oordoseer.

Hoe werk mirtasepien?

Blokkeer alfa 2 reseptore (bevorder 5-HT en NA vrystelling), Blok histamine1 (sedasie en massatoename) en alfa 1 reseptore. Blok 5-HT2a (antideppresief) en 5-HT3 (angsiolities en anti-emeties) reseptore. Stimuleer indirek 5-HT1a reseptore (angsiolities).

Hoe werk venlafaksien?

Blokkeer 5-HT (groter affiniteit) en NA heropname.

Hoe werk agomelatien?

Agoneer Melatonien 1 en 2 reseptore. Antagoneer 5-HT2c reseptore.

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 13

10 May 2021, 11:08 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Beïnvloed adenielsiklase en fosfolipase ensiemsisteme (cAMP, IP3, DAG)

Verlaag ensieme belangrik vir omskakeling en hersirkulering van membraanfosfinositiede.

IP3 en DAG is belangrik in monoamiene en cholinergiese neurotransmissie en word ook beïnvloed.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

0.5-1.5nM

Dit is ‘n klein terapeutiese indeks en plasmavlakke moet dus goed gemonitor word om toksisiteit te voorkom. (>2nM is toksies)

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Enkel middel: Bipolêre versteuring, akute maniese episodes

Kombinasie: Antidepressante en Litium, vir simptoombehandeling wanneer antidepressante nog moet begin werk. Litium en Valproaat, as pasiënt nie reageer op Litium alleen.

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  • Toksisitiet saam middels wat inmeng met elektroliet balans: diuretikums (tiasiede), NSAIM’s, ACE inhibeerders, fluoksetien
  • Verhoging in renale uitskeiding saam teensuurmiddels, teofillien en kaffeïen. Dit verlaag die effektiwiteit van Litium.
  • Neurotoksies saam karbamasepien, kalsium kanaal blokkers, angiotensien reseptor blokkers (lorsartan), metieldopa, fenotoien.
  • Ekstrapiramidale effekte saam tradisionele anti-psigotiese middels.

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Akute toksisiteit: SVK simptome – naarheid, braking, diarree.

Neurotoksiese effekte: tremore, sedasie, ataksie, afasie, nefrogene diabetes insipidus, leukositose, edeem, massa toename, aknee, alopesie, seksuele disfunksie, polidipsie, poliurie, nokturie.

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Die moet versigtig gebruik word by swangerskap, veral tydens die eerste trimester.

Kontraindikeerd by borsvoeding, omdat litium in borsmelk teenwoordig is en toksisiteit in die kind kan veroorsaak.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Depressie, skisofrenie, bipolêre versteuring.

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit (LiCo3) 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid(NSAIM) R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Me. Polar drink ‘n NSAIM (Indocid) saam Litium. Dit lei tot verhoogde litium vlakke en toksisiteit/newe effekte (massatoename, ataksie, moegheid, polidipsie, naarheid).

Ek sal voorstel dat die NSAIM vervang word met ‘n ander analgetiese middel, wat nie litium se plasma vlakke sal verhoog nie. Indien daar nie ‘n plaasvervanger is nie, moet Litium se dosis verlaag word om toksisiteit te verminder.

Sy is immers baie jonk. Ek sou voorstel dat sy alternatiewe behandeling gebruik as litium bv. Lamatrogien, Valproaat ens.

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 11

10 May 2021, 09:13 Publicly Viewable

Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese (Chloorpromasien) en Piperidien (Perisiasien) het ‘n lae potensie, het min ekstra-piramidale effekte (EPS), sterk anticholinergiese effekte, baie erge sedasie en veroorsaak gewigstoename. Dit kan ook ortostatiese hipotensie veroorsaak en kardiotoksies wees.

Piperasien (Flufenasien, Perfenasien, Trifluoperasien, Prochloorperasien) het ‘n hoë potensie, het meer EPS, swakker anticholinergiese effekte, minder sedasie en ook minder kardiotoksisiteit.

Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Dopamien 2 reseptore

Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Tipiese middels: Mesolimbiese dopamien 2 reseptore word primêr deur die middels geblok. Dit blok ook D2 reseptore in die CESA en het anti-emetiese eienskappe.

Atipiese middels: Blok 5-HT2a reseptore/inverse agoniste en sal meer die 5-HT2a/c reseptore blok as die Dopamien 2 reseptore.

  • Dit blok die konstriktiewe aktiwitweit van die h/d 5-HT2 reseptore.
  • h/d reseptore verhoog die vrystelling van DA, NA, Glutamaat, GABA, ACH ens in die korteks, limbliese stelsel en striatum.
  • 5-HT2c stimulasie inhubeer DA vrystelling in die korteks en limbiese stelsel.

Watter respetore wat deur ou geneesmiddles geblok word het ‘n laer risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Dopamien 2 respetore

Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Fenotiasiene – piperasien derivate bv. Flufenasien, Perfenasien, Trifluoperasien, Prochloorperasien.

Haloperidol – potente DA2 blokker

Dit het ‘n hoë potensie.

A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Alfa reseptore geblok deur multi-potente geneesmiddels

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 8

30 Mar 2021, 17:50 Publicly Viewable

Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

Stelsel

Halotaan

Enfluraan

Isofluraan

Desfluraan

Sevofluraan

N2O

SSS

Stadium 2 is afwesig.

Verhoogde serebrale bloedvloei en intrakraniale druk.

Vinnige induksie – kan konvulsies veroorsaak.

** nie Epilepsie

Vinnige induksie

Vinnige herstel

Vinnige induksie en herstel.

Verhoog serebrale bloedvloei en intrakraniale druk.

Soortgelyk aan desfloraan

Analgetikim

Amnesia

Swak anesteties

KVS

Verlaagde bloeddruk.

Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte van katesjolamiene.

Verlaging van bloeddruk

Verlaging in bloeddruk

(minder as vorige 2)

Verlaging in bloeddruk

(minder as vorige 3)

-

Respiratories

Geen irritasie

Onderdrukkend

Potent onderdrukkend

Irriterend

** vermy as induksie middel a.g.v. newe effekte

Irriterend

(minder as desfluraan)

Hipoksie as suiwer gegee. Dus meng met lug.

Lewer

Hepatotoksies

** Nie by lewersiektes

Uterus

Verlaagde spierkontraksie wat gebruik word vir eksterne draaïng van baba.

Muskulêr

Spierverslapper, Verhoog nie-depolariseerende effekte en verminder depolariserende effekte. Spier ‘twitching’. Hipoksie kan voorkom.

Spierverslappende effekte

Potensieer nie-depolariserende effekte.

-

 

Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasie middels.

  • Hepatotoksisiteit
  • Bradikardie
  • Konvulsies
  • Hipoksie
  • Irriterende lugweg effek

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 7

17 Mar 2021, 08:28 Publicly Viewable
  • Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Die volgende middels verminder die effektiwiteit van die Pil:

Fenobarbitoon

Karbamasepien

Fenitoïen

Okskarbasepien

Topitamaat

Die implikasie hiervan is dat die Pil vinniger gemetaboliseer word en daarvolgens sal ‘n onbeplande swangerskap kan plaasvind, omdat die Pil se effektiwiteit beïnvloed word deur die geneesmiddels.

Middels wat eerder gegee moet word is:

Valproaat

Lamatrogine

Gabapentin

Leviterasepam

Vigabatrin

Hierdie middels meng nie in met die metabolisme van die Pil nie en is dus meer effektief vir voorbehoeding gesamentlik met die anti-epilepsie middel.

  • Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Neonate se metabolisme is stadiger as die van babas en kinders (wat ‘n vinniger metabolisme as volwassenes het). Bejaardes het ‘n afname aan metabolisme tempo. Daarom sal bejaardes ‘n laer dosis ontvang om toksisiteit te voorkom, omdat die geneesmiddel stadig afgebreek word en ‘n hoer konsentrasie plasma geneesmiddel vlak sal veroorsaak. Babas en kinders kan ‘n hoër dosis ontvang omdat hul metabolisme vinnig is, andersins gaan daar sub terapeutiese vlakke in die pasiënt bereik word, wat tot oneffektiwiteit van die geneesmiddel kan lei. Neonate moet ook dus, soos die bejaardes ‘n laer dosis kry, omdat hul metabolisme nog nie ten volle ontwikkel het nie kan ‘n hoë dosis tot toksisiteit lei.

  • In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Met gebruik van fenitoïen. Omdat daar ‘n zero-orde kinetika inskop bo 10g/ml fenitoïen in die plasmavlakke, is daar ‘n groter kans vir toksisiteit. ‘n Klein verhoging in Fenitoïen dosis kan die konsentrasie bloedplasma vlak baie verhoog.

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 6

11 Mar 2021, 22:24 Publicly Viewable

Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

  • Mikrosomale etanol oksidase (MEOS) ensiem sisteem: Chroniese alkohol inname induseer hierdie sisteem wat dan toleransie teweeg bring.
  • Daar is ook kruistoleransie wat intree wanneer alkohol saam ander sedatief hipnotiese middels gebruik word.

Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

  • Wanneer mens chronies alkohol gebruik is daar ‘n verlaag in jou hele lewerfunksie, soortgelyk aan lewersirrose en hepatitis effekte.
  • Daar is ‘n afname in die werking van glukoneogenese, wat gewoonlik glukose in die liggaam vermeerder. Dit lei tot hipoglukemie, nutriënt gebreke asook oneweredige abnormale vet akkumulasie.
  • Chroniese alkohol gebruik veroorsaak ‘n verhoogde hepatiese ensiem aktiwiteit. Dit impliseer dat lewerselle geneesmiddels vinniger metaboliseer. Die gevolg is dat geneesmiddels vinniger afgebreek word en nie effektief gaan werk nie.

Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

  • Hierdie sindroom is ‘n verstandelike versteuring, wat gepaard gaan met ataksie (beweging steurnisse), verwarring en paralise van gesigspiere.
  • Alkoholiste kan hierdie sindroom ontwikkel a.g.v. ‘n tiamien (B1) gebrek in die liggaam.
  • Die sindroom kan behandel word deur parenterale tiamien vir die pasiënt toe te dien (voorkom breinskade) asook behandeling van alkoholisme self (oorsaak elimineer). Hierdie behandeling is veral van toepassing op chroniese alkohol gebruikers.
  • Verdere behandeling behels B1 aanvullings/inspuitings asook dieet aanpassings, vir verhoogde inname van B1 vitamines.

Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Fekale alkoholsindroom is die onomkeerbare teratogeniese effek by ‘n kind, waar die moeder alkohol gebruik het tydens swangerskap (veral in die eerste trimester).

Kliniese waarneembare effekte by ‘n kind, wat fetale alkoholsindroom het, is: verstandelike vertraging, groei gebreke, mikrokefalie (verkleinde brein i.v.m. kinders dieselfde ouderdom), onderontwikkelde middel-gesigarea. Hierdie kinders het gewoonlik breinskade.

Daar is geen behandeling om die sindroom om te keer nie, maar mens kan wel die simptome behandel en verlig, bv. stimulante vir hiperaktiwiteit, antidepressante vir depressie a.g.v. onderontwikkelde emosie ens.

Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

  • Chroniese alkoholgebruik veroorsaak:
    • Verhoogde metaboliese veranderinge van ander geneesmiddels bv. interaksies met absorpsie, metabolisering ens.
    • Hepatotoksisiteit is ‘n risiko omdat toksiese metaboliete vorm met die gebruik saam ander middels, spesifiek parasetamol.
  • Akute alkoholgebruik lei tot verlaging in die metabolisme van ander geneesmiddels, bv. fenotiasien, antidepressante en sedatief hipnotiese middels. Dit lei dat die konsentrasie geneesmiddels akkumuleer en additiewe SSS effekte tot gevolg het.

Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 

  • Aspirien- potensieer antiplaatjie kleefbaarheid effekte.
  • Bensodiasepiene- potensieer sedatiewe effekte.
  • Vasodilatore- Alkohol het vasodilatoriese effekte.
  • Hipoglisemiese geneesmiddels.

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 5

8 Mar 2021, 07:26 Publicly Viewable

Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol molekules is klein en wateroplosbaar. Dit word dus vinnig geabsorbeer vanuit die spysverteringstelsel. Weens sy lipofilisiteit versprei etanol ook vinnig deur die liggaam.

Die etanol molekules word hoofsaaklik deur die lewer gemetaboliseer (deur 2 ensiem sisteme) en afgebreek na asetaldehied. Oorblywende etanol molekules word deur die longe, sweet en urine uitgeskei uit die liggaam.

Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Daar is twee metaboliese ensiem sisteme wat verantwoordelik is om etanol te metaboliese, nl.: Die alkoholdehidrogenase sisteem. Hierdie sisteem kan lae tot matige hoeveelhede etanol metaboliseer d.m.v. aldehied dehidrogenase ensiem. Gedurende metabolise word waterstof ione na die ko-ensiem NAD oorgedra, wat dan veroorsaak dat NAD aktief raak en ook help met die metabolise van etanol. Daar is wel ‘n beperkte hoeveelheid NAD en dus kan hierdie sisteem net ‘n sekere hoeveelheid etanol metaboliseer.

Mikrosomale etanol oksidasie (MEOS): Hierdie sisteem is verantwoordelik vir metabolisering van hoë konsentrasies etanol deur middel van oksidase. MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik van etanol. Die sisteem word ook geïnduseer wanneer alkohol ingeneem word. Die nadeel is dat die sisteem verantwoordelik is vir ophou van toleransie teen alkohol. In hierdie sisteem word etanol ook afgebreek na asetaldehied.

Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

Disulfiram

Metronidasool

Hipoglisemiese middels

Kefalosporiene

Hierdie geneesmiddels onderdruk die ensiem aldehied dehidrogenase. Dit veroorsaak dat asetaldehied (produk van alkohol metabolisme) nie afgebreek word na asetaat ens. nie. Die opeenhoping van asetaldehied veroorsaak naarheid, braking, hoofpyn, gloede en duiseligheid.

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 2

2 Mar 2021, 22:48 Publicly Viewable

Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

  • Anterograde amnesie is wanneer jy aan geheueverlies lei (amnesie) tydens die gebruik en werkingsduur van ‘n spesifieke middel bv. Triasolam en Temasepam

Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.

  • Bensodiasepiene het ‘n effek op ‘n persoon se slaap patrone:
    • Dit verkort die tyd wat dit neem om aan die slaap te raak.
    • Verhoog die totale slaap wat ‘n persoon kry.

(Hierdie geld vir mense wat minder as 6ure per nag slaap)

  • Bensodiasepiene verminder REM slaap – dosis afhanklike effek
  • Mense wat aan angstigheid, insomnia, depressie, epilepsie ens. lei (wat hierdie sedatief, hipnotiese middels benodig) sukkel soms om aan die slaap te raak weens hul brein wat nie afskakel nie. Die middels help om pasiënte aan die slaap te maak. Verder word hul gereeld in die nag wakker en onderbreek hul slaap siklus. Dit lei tot uitputting, wat verdere newe-effekte kan hê bv. Angstigheid. Die middels help dan om die hoeveelheid slaap wat ‘n pasiënt kry te vermeerder om newe effekte van hul toestand te verminder.

Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik.  Kan jy verduidelik hoekom?

  • Lorasepam
  • Midasolam
  • Diasepam
  • Barburate
  • Hierdie middels is sederend. Sedasie vorm deel daarvan dat anestesie suksesvol gedoen kan word. Onderdrukking van die SSS vind plaas sodat anestesie effektief kan wees, veral tydens sjirurgie.

Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

  • Fenobarbitoon (Barburaat)
  • Klobasam (BD)
  • Klonasepam (BD)

Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

  • Karbamate is asetielcholien-esterase (AchE) inhibeerders, wat die konsentrasie Ach in die liggaam hoog hou vir ‘n lang ruk omdat ensieme dit nie afbreek nie. Ach het parasimpatiese effekte en lei dat spiere verslap/ontspan.
  • BD’s bind aan die GABA reseptore wat ‘n sedatiewe effek teweeg bring en spiere verslap.

Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.

  • Sedatief hipnotika onderdruk die SSS. D.w.s. dit onderdruk die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels in die liggaam, sodat ‘n persoon minder newe effekte, bv. Hiperventilasie, hartkloppings, angstigheid, tremore, depressie ens. beleef nie. Die effek is dus dat daar ‘n afname is in die respiratoriese werking asook ‘n afname in die intensiteit van die kardiovaskulêre sisteem (afname in hartklop en frekwensie van werking) is.