Content begins here
MARIU-LOUISE ROODT
Blog #14
20 Jun 2021, 17:14
Meriete:
Die middels kan mense help rakende konsentrasie vermoë. Stimulante soos kaffiene kan ook studente help om wakker te bly en help ook om te kan konsentreer. Middels soos metielfenidaat word wêrelwyd gebruik vir kinders wat ADHD het, dit kan ook gebruik word vir studente wat sukkel om te konsentreer tydens studies. Metielfenidaat is ook ‘n stimulant wat veroorsaak dat wanneer mense die middel gebruik ook newe-effekte kan veroorsaak.
Gevare:
Al die stimulante wat studente gebruik kan afhanklikheid veroorsaak. Die middels het ook verskeie newe-effekte. Metielfenidaat en kaffiene kan insomnia veroorsaak a.g.v. stimulerende effekte. Slaap is baie belangrik en wanneer studente te min slaap kan hulle ook nie goed konsentreer nie.
Enige medikasie het risiko’s wanneer gebruik word en daarom moet die medikasie altyd met versigtigheid gebruik word.
Blog #14
17 Jun 2021, 12:19
- Watter verskillende groepe hallusinogeniese middels is bekend?
LSD, Fensiklidien en meskalien
- Noem ‘n paar tipiese effekte van die hallusinogeniese middels en beskryf die kliniese beeld van ‘n pasiënt wat dit ingeneem het?
Verlaagde inhibisie, verlaagde angs, kalmerend, euforie en sederende effekte. Visuele versteurings en sensoriese versteurings.
- Hoe word ‘n oordosis met LSD hanteer?.
Antikoagulante middels, vasodilatore of simpatolitiese middels en die middels word intra veneus toegedien. Bensodiasepiene word gebruik om teen konvulsies te beskerm
- Hoe word ‘n oordosis anticholinergiese middels hanteer?
D.m.v. ACE-inhibeerders
Blog #13
17 Jun 2021, 12:02
Alkohol word nie deur die liggaam verteer nie en kan jou hele lyf affekteer. Oor lang termyn chroniese gebruik kan alkohol jou liggaam nadelig affekteer en ook chroniese kondisies veroorsaak bv. Lewerskade, kanker, afhanklikheid ens. Alkohol het ook positiewe effekte soos kalmerende effekte, verhoogde selfbeeld, maar die positiewe effekte bly net vir ‘n kort termyn en kan lei na akute newe-effekte soos naarheid, braking, kopseer en selfs bewussynsverlies.
Die hoeveelheid alkohol wat veilig is vir gebruik is 1 drankie per dag en nie meer as 3 keer per week nie. Of vir vroue 1 drankie per dag en vir mans 2 drankies per dag.
Wanneer mens moontlik ‘n probleem ontwikkel: Wanneer die persoon meer drink as wat hy/sy beplan het om te drink. Dat as die persoon al meer as een keer probeer het om ophou te drink, maar voor hul, hulself kan keer het hul alreeds gedrink. As die persoon die heeltyd aan alkohol drink, en aan niks anders kan drink nie omdat die begeerte vir alcohol sy denke oorheers.
Wat jy kan doen:
Indien daar vermoed word dat jy ‘n probleem het is dit belangrik om ‘n gesondheidswerker te gaan sien en moontlike opsies kan oorweeg oor hoe om die probleem te hanteer of te behandel.
Blog #13
17 Jun 2021, 11:46
Pyn is ’n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring wat geassosieer word met werklike of potensiële weefselskade.
Pyn kan akuut of chronies wees.
Akute pyn verwys na pyn wat a.g.v iets veroorsaak word bv. Operasie en inflamasie. Somaties: vel, been, gewrig, spier, bindweefsel en Visceraal: intestinale organe, bv. Dikderm, pankreas.
Chroniese pyn verwys na Funksioneel: fibromialgie, IBS, spannings tipe hoofpyn en Neuropaties: senuweeskade, postherpetiese neuralgie, diabetus en europatie.
Elke persoon ervaar pyn anders, omrede hul verskillende pyn drempel het. Sommige persone se pyn drempel is hoër as ander.
Matige pyn kan behandel word met oor-die-toonbank medikasie soos bv. Parasetamol tablette.
Middelmatige na erenstige pyn kan daar ook OTC voor gegee word bv. Parasetamol, kodeïen bevattende produkte in klein dosis. Sommige pyn kort medikasie wat slegs met ’n voorskrif gegee kan word. Bv. Post operatiewe pyn wat heelwaarkynlik met ’n sterk dosis opioed behandel sal word.
Wanneer die pyn nie meer deur die pasiënt hanteerbaar is met oor-die-toonbank medikasie nie sal die pasiënt verwys moet word na ‘n spesialis.
Blog #12
23 May 2021, 11:15
- Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
Klassifikasie van Antidepressant |
Geneesmiddels |
Trisikliese Antidepressante (TAD/TSA)
|
Sekondêre amiene:
Tersiêre amiene:
|
Monoamienoksidase inhibeerders (MAOI)
|
MAO-B Selektiewe middels:
MAO-A en B inhibeerende middel:
MAO-A selektiewe inhibeerder:
|
Serotonien Noradrenalien heropname inhibeerders (SNRI)
|
|
Serotonien reseptor moduleerders
|
|
Noradrenalien reseptor inhibeerders (NARI)
|
|
Tetrasikliese en unisikliese middels
|
Unisiklies: Bupripioon |
Sirkadiese ritmereguleerder
|
Agomelatien |
Selektiewe Serotonien reseptor inhibeerders (SSRI)
|
|
- Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Veelvuldige multipotente werking op baie monoaminergiese reseptore agv nie-spesifeke verhoging in 5HT of NA.
- Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
Akute veranderinge in amiene in die brein na antidepressant behandeling verskyn binne ure, terwyl kliniese effekte weke kan neem om te verskyn. Die lang periode wat dit neem vir kliniese effekte op die gemoedstoestand begin om te verskyn kan moontlik verband hou met die effekte van die AD op die neurotrofiese faktore BDNF
- Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
Effektiwiteit: TAD moet opgetitreer word tot by die minimum effektiewe dosis. SSRI hoef nie opgetitreer word nie en kan begin met effektiewe dosis/
Newe-effekte: TAD het anticholinergiese newe effekte, sedasie, massatoename, seksuele effekte. SSRI veroorsaak naarheid, GI effekte, verlaging in seksuele funksie en belangsteling, hoofpyn en massatoename.
Veiligheid: TAD is nie veilig in oordosis nie, word ook meestal gebruik by selfmoord, veroorsaak dodelike arritmiee en fibrilasies asook konvulsies. SSRI baie veilig ten opsigte van oordosis.
- Hoe werk mirtasepien?
Blokkade van die inhibitoriese alfa 2 reseptore:
Bevorder beide NA (outoreseptore) & 5-HT vrystelling (heteroreseptore)
Indirekte stimulasie van 5-HT1A
Blok van 5-HT3
Blok van 5-HT2A
- Hoe werk venlafaksien?
Blok 5-HT en NA heropname, meer potent vir 5-HT as vir NA
- Hoe werk agomelatien?
MT1 en MT2 agonis en 5-HT2c antagonis
Blog #13
08 May 2021, 15:30
- Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Li + ioon.
Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskappersisteme, Ig deur onderdrukking van verskeie ensieme is bleangrik in die omskakeling en hersirkulasie van membraanfosfoinositiede.
- Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
Litium het ‘n baie nou terapeutiese indeks van 0.5-1.5 mM. Konsentrasie bo 2 mM is toksies.
Die vlakke sal gemonitor word sodat toksisiteit kan vermy word tydens die gebruik van litium.
- Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Enkelmiddel: as gemoedstabiliseerder by bipolêre versteuring.
Kombinasie: Litium saam lorasepam of klonasepam indien monoterapie by bipolêre steurnis nie voldoende is nie.
- Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
Teensuur middels, soos Na-bikarbonaat, teofilien en kaffeien verhoog renale uitskeiding van litium en dus verlaag die effektiwiteit van litium.
Neurotoksisiteit verhoog in kombinasie met karbamasepien, kalsium kanaal blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoien.
Tradisionele antipsigotiese middels vererger EPS wanneer dit gebruik word saam litium,
- Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
- Tremore
- Afasie
- Ataksie
- Leukositoses
- Polidipsie
- Moegheid en swakheid
- Skildklier vergroting
- Edeem
- Massatoename
- Seksuele disfunksie
- Aknee
- Kan ook konvulsies en koma veroorsaak.
- Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Die gebruik van litium tydens swangerskap moet verkieslik vermy word. Indien daar geen ander opsie is vir behandeling nie moet litium vlakke streng gemonitor word tydens swangerskap. Dosis aanpassings sal ook nodig wees. Dit word voorgestel dat litium gestaak word kort voor geboorte en dan ‘n paar dae na geboorte hervat word.
Neonate kan simptome toon van litium toksisiteit en moet dus gemonitor word.
Tydens borsvoeding word die gebruik van litium gekontraindikeer omdat litium in die borsmelk voorkom en kan litium toksisiteit in neonate laat voorkom.
- Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Depressie
Skisofrenie
Manie
- Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Litium kan inmeng met die liggaam se elektroliet balans. As me. Polar diuretika (water pille) en Indocid(indometasien wat NSAIM is) gebruik saam met Camcolit kan dit litium vlakke verhoog en lei tot toksisiteit. Sedasie, moegheid, dors bly, bewerigheid en naarheid is tekens van litiumtoksisiteit, die toksisiteit is a.g.v. middel interaksie met litium.
Blog #11
08 May 2021, 15:09
- Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
Alifatiese verbindings- Chloorpromasien
Piperasien vervindings- Flufenasien
Piperidienverbindings- Perisiasien
Alifatiese en piperidienverbindings het lae potensie wat dan min ekstrapirimidale effekte veroorsaak. Dit kan erge sedasie veroorsaak, sterk anticholinergiese effekte, sterk alfalitiese effekte soos posturale hipotensie en is ook kardiotoksies.
Piperasien verbindings het hoë potensie en dus meer ekstrapirimidale steurnisse, swakker anticholinergiese nee effekte, swakker alfalitiese effekte, minder sederend en minder kardiovaskulêre newe effekte.
- Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Mesolimbiese dopamien 2 reseptore eerder as 5-HT 2.
- Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Atipiese middels blokkeer meer 5-HT2A reseptore as wat die middels D2 reseptore blok, waar tipiese middels meer D2 reseptore blok.
- Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
Muskariene reseptore
- Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Risperidoon en Paliperidoon, want die middels verhoog prolaktien afskeiding wat kan lei tot ander hormonale newe-effekte, dus kan die middels ekstrapiramidale effekte veroorsaak.
- A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
A.g.v. muskariene reseptor blokkade
Blog #10
04 May 2021, 14:43
1. Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Middels wat dopamienergiese aktiwiteite verhoog en middels wat cholinergiese aktiwiteite verlaag.
2. Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Indirekwerkende middel om DA aktiwiteit te verhoog
Metaffinoïede potensieerder van DA
- verhoog vrystelling van DA
- verhoog sintese van DA
- Blokkeer heropname van DA
3. Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Amantadien: Metaffinoiede potensieerder van dopamien wat die vrystelling en sintese van dopamien verhoog
Selektiewe MAO-B remmers: Inhibeer selektief MAO-B ensieme wat lei tot die inhibisie van dopamien metabolisme en verhoog die konsentrasie van dopamien in die SSS.
4. Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Broomkriptien is ergotderivaat
Pramipeksool en ropinirool is nie ergotderivate nie.
5. Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
Dopamien 2: Broomkriptien; Ropinirool
Dopamien 3: Pramipeksool
6. Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Pramipeksool is neurobeskermend, wat beteken dit kan die brein beskerm teen Parkinsonisme.
Asook MAO-B inhibeerders, beskerm teen die voorkoms van Parkinsons.
7. Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
MAO B voorkeur vir DA as substraat, dit is baie voordelig omdat ons DA vlakke in die striatum wil verhoog.
8. Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD), wat ‘n onaktiewe metaboliet is. Wanneer COMT gerem word, is daar meer L-dopa beskikbaar om oor die bloedbreinskans te beweeg en dan DA store aan te vul.
9. Hoe werk Istradefilien?
Nuwer middel wat nog nie in RSA geregistreer is nie.
Addisionele (add-on) terapie by l-Dopa/karbidopa wat af- episodes te verminder
Adenosien A2A antagonis, adenosien inhibeer D2 reseptorfunksie, wanneer Adenosien A2 gerem word, word D2 reseptofunksie nie meer geïnhibeer nie.
10. Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied
- Verhoog DA aktiwiteit
- Potente omkeerbare inhibisie van MAO-B
- Inhibisie van DA heropname
- Verlaag Glutamaat vrystelling
Blog #9
08 Apr 2021, 11:52
Blog 9
- Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
- Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
Gemiëlineerde vesels is meer sensitief vir blokkade deur ’n LA as ongemiëlineerde vesels.
-
- Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Pyn impulse is meer sensitief vir blokkade deur ’n LA as wat druk/ tas senuwees is.
- Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
Hart: Blok die Na2+ kanale en veroorsaak ’n anti-aritmiese effek.
Skeletspiere: Geen effek op skeletspier, dit is van geen kliniese belang nie.
Gemoedstoestand: Daar kan positiewe of negatiewe verandering plaasvind in die gemoedstoestande.
- Waarop berus die keuse van ‘n LA?
Die keuse van Lokale Anestetikum hang af van die tyd wat dit ’n LA neem om ‘n effek te toon en die kliniese gebruik daarvan bv. Tandheelkunde, oftalmologie ens.
- Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
Die CO2 dien as ’n buffer. Dit verhoog ook die effek van die lokale anestetikum.
- Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
Lidokaine, Bensokaïen, kokaine, oksiburokaien
Blog #8
31 Mar 2021, 09:53
Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
Middel |
KVS |
SSS |
Respirasie |
Niere |
Lewer |
Uterus |
Halotaan |
Verlaag BD, miokardium is gesensitiseerd vir die aritmogene effekte van katesjolamiene- wees versigtig in mense met hart probleme |
↑ serebrale bloedvloei en ↑ intrakraniale druk-wees versigtig by hoofbeserings omdat dit dan verdere drukking in die brein kan veroorsaak |
Geen saliva, brongiale sekresies of hoes |
|
Hepatotoksies (raar, onvoorspelbaar)-versigtige gebruik in mense met lewer probleme |
↓ spierkontraksies, → eksterne draaiing van baba |
Enfulraan |
Geen sensitisasie van die miokardium, minder ↓ as halotaan |
Vinnige gladde induksie, soms konvulsies, NIE epileptici |
Meer↓ as Halotaan |
|
|
|
Isofluraan |
Minder ↓ as halotaan en enfluraan. Geen sensitisasie van die miokardium nie |
Vinniger induksie en herstel as met halotaan |
Potente resoiratoriese onderdrukkende effek. Versterk agv potente skeletspierverslappende effek(op sy eie)-versigting in mense wat respiratoriese probleme het.
|
|
|
|
Desfluraan |
Minder ↓ as halotaan en enfluraan |
Nog vinniger induksie en herstel as met isofluraan, ↑ serebrale bloedvloei en intrakraniale druk |
Sterk reuk, irriterend op lugweg, indien as induksiemiddel → hoes, kortasem en laringospasma
|
|
|
|
Sevofluraan |
|
Potensieer effekte van nie-depolariserende skeletspierverslappers net soos die ander gehalogeneerde eters
|
Effekte soortgelyk aan desfluraan, minder irriterend vir lugweë
|
|
Ondergaan lewer metabolisme + chemies onstabiel- word versigtig gebruik by persone met lewer probleme Word gebruik as Induksie en instandhouding
|
|
N2O |
Geen effek |
Swak anesteties, potente analgetikum Amnesie
|
Suiwer N2O → hipoksie, meng dus altyd net O2 of lug. Herstelfase: N2O vinnige diffusie uit bloed na alveoli ↓ O2 druk, → hipoksie Geen skeletspierverslapping
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels
- Halotaan=hepatotoksisiteit
- Isofluraan=potente respiratoriese onderdrukkende effek
- Desfluraan=laringospasma