Content begins here
LOUIS VLOTMAN
Blog #10
9 Apr 2021, 21:03
Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme
- Middels wat dopamien aktiwiteit bevorder.
- Middels wat asetielcholien aktiwiteit verlaag.
Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Amatadien is ‘n metaffinoiede pottensieerder van dopamien. Die sintese en vrystelling van dopamien word verhoog. Heropname va dopamien word ook geblokkeer en het n anticholinergiese werking. Amatadien antagoneer ook NMDA.
Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
- MOA-B inhibeerders: dopamien se metabolisme word onderdruk en dus verhoog die vlakke van dopamien in die SSS
- Salfinamied: verhoog die dopamien aktiwiteit (omkeerbare inhibisie van MOA-B en die inhibisie van dopamien heropname) en verlaag die glutamaat vrystelling.
- Istradefillien: antagoneer adenosien A2
- KOMT remmers: Dit verhoog Dopamien deur KOMT te blok. KOMT metaboliseer L-Dopa na 3-O-Metieldopa. KOMT kompiteer met L-Dopa vir transport, daarom as KOMT geblok word is meer L-Dopa.
Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergotderivate: Broomkriptien
Nie ergot derivate: Pramipeksool, Ropinirool
Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
- Broomkriptien: Dopamien 2
- Ropiniroool: Dopmanien 2
- Pramipeksool: Dopamien 3
Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Rasagelien en Selegillien- Dit verlaag die siekte se progresiwieit
Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
Hierdie middels onderdruk die metabolisme van dopamien wat lei tot die oorsaak dat dopamien vlakke in die SSS toeneem.
Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
Dit verhoog Dopamien deur KOMT te blok. KOMT metaboliseer L-Dopa na 3-O-Metieldopa. KOMT kompiteer met L-Dopa vir transport, daarom as KOMT geblok word is meer L-Dopa.
Hoe werk Istradefilien?
Antagoneer adenosien A2. Adenosien inhibeer D2 se funksie.
Bespreek die werkingsmeganisme van Safinamied
Verhoog die dopamien aktiwiteit deur omkeerbare inhibisie van MOA-B en die inhibisie van dopamien heropname
Verlaag die glutamaat vrystelling.
Blog# 9
9 Apr 2021, 20:41
Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
- Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels- kleiner gemilieneerde vesels word makliker geblok as groter dikker ongemilieneerde vesels.
- Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei- Dorsale senuwee is meer sensitief vir blokkasie.
Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
Op skeletspiere is daar ‘n swak blokkerende effek en dus geen kliniese toepassing
Die hart is dit klas 1 arritmiese middels
Waarop berus die keuse van ‘n LA?
Die tipe prosedure wat uitgevoer gaan word. Tipe weefsel waar die prosedure plaasvind. Duur van prosedure.
Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
CO2 onderdruk die akson van die senuwee direk. Konsentreer LA binne die senuweebondel. Laat die LA omskakel na ‘n aktiewe katioon.
Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
Bensokaien
Kokaien
Oksibuprokaien
Blog #8
9 Apr 2021, 12:55
Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
Middel |
KVS |
SSS |
Respirasie |
Niere |
Lewer |
Uterus |
Uitsondering |
Halotaan |
Laer bloeddruk Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte van Katesjolamiene (gee dus aanleiding tot aritmieë) |
Vinnige gladde induksie (staium 2 afwesig) serebrale bloedvloei intrakraniale druk |
Nie irriterend Geen speeksel-brongiale sekresie Geen hoes |
(Geen) |
Hepatotoksies Deur lewer gemetaboliseer |
Laer spierkontraksie Veroorsaak eksterne draaiïng van baba |
Skeletspierverslappende effekte (staium 3), verlaagde werking van nie-depolariserende skeletspierverslappers bv suksinielcholien, werking op depolariserende skeletspierverslappers bv atracurium, tubocurarine Nie dikwels gebruik agv hepatotoksisiteit en nuwer middels |
Enfluraan |
geen sensitisering van miokardium Minder BD verlaging as halotaan |
Vinnige gladde induksie |
Meer onderdrukking as halotaan |
(Geen) |
(Geen) |
(Geen) |
Hoofsaaklik vir die gebruik van instandhouding Kontra-indikasie met epilepsie (kan konvulsies presenter) |
Isofluraan |
Minder verlaging in BD as halotaan en enfluraan geen sensitisering van miokardium |
Vinniger induksie en herstel as halotaan |
Potente onderdrukkende effek Versterk agv potente skeletspierverslappende effek |
(Geen) |
(Geen) |
(Geen) |
Het eie skeletspierverslappende effek Wyd gebruik Nie vir pasiënte wat spontaan moet asemhaal nie |
Desfluraan |
Minder onderdrukking as halotaan en enfluraan |
Nog vinniger induksie en herstel as isofluraan serebrale bloedvloei en intrakraniale druk |
Skerp reuk Irriterend op lugweg Indien gebruik as induksiemiddel veroorsaak hoes, kortasem en laringospasma |
(Geen) |
(Geen) |
(Geen) |
Word verkieslik eers bygevoeg wanneer die pasiënt reeds onder anestesie is |
Sevofluraan |
(Geen) |
(Geen) |
Effekte soortgelyk aan die van desfluraan, alhoewel minder irriterend op lugweg |
(Geen) |
Ondergaan lewer metabolisme en is chemise onstabiel (versigtig by pasiënt met lewersiekte) |
(Geen) |
Een van die nuwer middels Gebruik as induksie en instandhouding |
N2O |
(Geen) |
Swak anestetikum (want MAC > 100) Potente analgetikum (pynverligting) Amnesie (geheueverlies) |
Suiwer N2O veroorsaak hipoksie. Meng dus altyd met O2 / lug Hestelfase vinnig (N2O vinnige diffusie van bloed na alveoli Laer O2 druk – hipoksie |
(Geen) |
(Geen) |
(Geen) |
Geen skeletspierverslapping Addisionele middel in anestesie Enkelmiddel vir kort tandheelkundige prosedures bv ekstraksies |
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
Bradikardie
Hepatotoksisiteit
Hipoksie
Irriterende lugweg
Konvulsies
Blog #7
9 Apr 2021, 12:26
Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?
Die volgende middels meng in met die Pil se metabolisme; Carbamazepine, Oxcarbazepine, Perampanel, Phenobarbitone en phenytoin. Die implikasies wat dit lewer is dat dit die effektiwiteit van die Pil verlaag wat kan lei tot ‘n verhoogde ongewenste swangerskap syfer. Dit kan ook fetale newe effekte hê en teratogeniese oorsake lewer.
Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Lamotrigine, Valproate, Gabapentin, Leviteracetam and Vigabatrin.
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
In neonate word middels stadiger gemetaboliseer dus beteken dit dat laer dosise gegee moet word. Kinders en adolosente het vinniger metabolisme en moet dus hoër dosise gegee word. Geriatriese pasiente het ‘n baie stadiger metabolisme en laer dosise moet gegee word, veral indien hulle lewer of nier inkorting het.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
In die gevalle waar proteienbinding plaasvind, bv. in gevalle waar proteienbinding geaffekteer is deur siektes soos lewer siektes, brandwonde, swangerskappe, wanvoeding.
Blog #6
19 Mar 2021, 16:47
Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
MEOS word geprikkel na gebruik an chroniese alkohol gebruik. Ensieme word geinduseer wat lei tot meer alkhol wat verteer word oor tyd.
Reseptor sub-sensitiwiteit ontstaan agv die reseptore wat konstant kompenseer vir al die alkohol stimulasie.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Lewerfunksie neem af wat kan lei tot simptome van lewersirrose en/of hepatitis. Glukoneogenese vind ook in ‘n verlaagde vlak plaas wat aanstoot tot hiperglukemie en vetakkumulasie kan gee. Dit veroorsaak ook verhoogde lewermikrosomale ensieme wat geneesmiddel interaksies kan verhoog.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
As gevolg van chroniese alkohl gebruik word die senuwees in die SSS beskadig. Omdat daar ‘n tekort aan Tiamien is. Dit kan simptome soos verwarring, gesigspier paralise en bewegingsteurnisse verooksaak.
Dit kan deur parentale toedienning van Tiamien (vit B1) deur pille of inspuitings.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Die sindroom ontstaan wanneer ‘n swanger vrou veral in haar eerste trimester chroniese alkohol gebruik. Die alkohol gebruik meng in met die kind se groei en ontwikkeling wat lei tot van die volgende gebrekke en/of simptome by kinders:
Verstandelike vertraging, groeigebrekke, mikrokefalie, karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigarea.
Die brein van ‘n FAS baba is ook onderontwikkeld. Daar is geen vastgestelde veilige hoeveelheid alkohol gebruik tydens swangerskap nie, en mens kan nie bepaal hoveel wanneer veilig is nie.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Chroniese etanol verhoog metaboliese transformasie van ander GMs. Parasetamol en chroniese alkohol saam kan hepatotoksiese metaboliet tot gevolg. Hierdie metaboliet NAPQI aan die lewerselle bind en aanleiding gee tot lewertoksisiteit. Alkohol induseer CYP 2E1.
Akute alkohol verlaag metabolisme van ander GMs. Wat lei tot ophoop van medikasie wat dan verlengde leeftyd of akkumulasies tot gevolg het.
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
Vasodilatore, Aspirien, Middels wat SSS onderdruk, Parasetamol.
Blog #5
19 Mar 2021, 15:41
Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Etanol ondergaan zero-orde kinetika. Wat beteken dat ‘n beperkte hoeveelheid van die ko-ensiem NAD beskikbaar is. Alkohol word dus teen ‘n konstante tempo gemataboliseer in die liggaam, ongeag hoeveel ingeneem word.
Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
- Alkoholdehirogenase:
Word gebruik om lae en matige hoveelhede alkohol te verteer. Beperkte NAD ko-ensieme wat lei tot ‘n zero-orde kinetika en alkhohol 7-10g/h verteer.
- MEOS:
Hierdie weg verteer hoër konsentrasies alkohol- meer as 100mg/dL. MEOS aktiveer met chroniese alkohol gebruik dit kan geïnduseer word en gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie.
Albei weë se eindproduk is asetaldehied.
Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene, Hipoglisemiese GM
Aldehieddehidrogenase word gerem deur die bg. Middels wat ‘n opeenhoping van Asetaldehied wat simptome van hoofpyn en naarheid. Selfde newe effekte as teveel drink Hung-over effek.
Blog #4
19 Mar 2021, 15:16
Anksiolitikum:
- Cannabidol
- Chamoline
- Gingko Biloba
- Kava kava
- Lemon balm
- Lime blossom
- Passionflower
- St. john’s wort
- Valerian
Insomnia:
- Basic minerals as Magnesium and zinc
- Chamoline
- Lavender
- Valerian root
Blog #3
4 Mar 2021, 13:42
Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed? Wat is die kliniese belang hiervan?
Die absorbsie van bensodiasepiene wor deur die lipofilisiteit bepaal wat lei tot vinnige of stadige verspreiding. Hoe meer lipofiel die stof is hoe vinnger versprei dit deur die SSS. Klinies sal jy moet besluit of jy kortwerkend of langwerkende middels benodig.
Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?
Die verspreiding van ‘n middel vanaf een weefsel/orgaan na ‘n ander bv. Vanaf die brein na ander weefsel. Dit is belangrik om te weet of die herdistribusie oor die BBS gaan en of dit ‘n invloed op bv. Die fetus in ‘n swager vrou gaan hê.
Hoe word die BD’e gemetaboliseer? Gee die verskillende stappe in die proses.
- Dealkilering (wat aktiewe metaboliete kan veroorsaak)
- Oksidasie (CYT P450: Aktiewe metaboliet)
- Konjugasie (Fase 2) van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliet te vorm.
Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?
Diasepam, Chloorasepaat, Prasepa, Chloordiasepoksied, Ketasolam.
Aktiewe metaboliete drae by tot verlengde werkingsduur. Dit kan kummulatiewe effekte hê met veelvoudige dosisse. Dit speel ook ‘n rol in neonate, bejaardes, pasiënte wat op ensiemremmers is en lewersirrose.
Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?
Oksasepam, Lorasepam, Temasepam, Lormetasepam.
Jy kan dit gee vir pasiënte met bogenoemde toestande- dit is dus keuse medikasie vir sulke pasiënte.
Wat is ensieminduksie? Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?
‘n Toestand waar sekere medikasie ensieme se werking bevorder- ensiem produksie versnel. Medikasie soos die ouer Barbiturate, Fenobarbital en Meprobamaat. Dit kan die werking van medikasie verlaag omdat dit vinniger deur meer ensieme afgebreuk word. Kan dus die werkingsduur verlaag.
Blog #2
4 Mar 2021, 12:46
Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
Anterograde amnesie is ‘n kondisie waarin ‘n persoon geen nuwe herinneringe kan skep of onthou nie (in die werkingsduur van die medikasie). Dit kan wees dat pasiënte gedeeltelik of totale geheue verlies ondergaan.
Medikasie wat dit veroorsaak sluit in: Meeste Bensodiasepiene maar meer in Triasepam as Temasepam. Anterograde amnesie word minder soos wat die dosis verlaag word.
Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
Bensodiasepiene verminder die tyd om aan die slaap te raak en verhoog die totale slaaptyd- slegs in pasiënte wat gewoonlik minder as 6 ure per nag slaap.
Hierdie sedatief-hipnotiese medikasie verhoog die duur van fase 2 NREM (Non rapid eye movement wat beteken diep slaap)
Bensodiasepiene het ‘n klein verminderende effek op REM (rapid eye movement) slaap gewoontlik die slaap waarin die brein redelik aktief is.
Hoë dosisse verminder REM slaap.
Bensodiasepiene verminder die duur van fase 4 NREM
Zolpidem verminder REM slaap, min effek op SWS (slow wave sleep)
Dit is belangrik dat die pasiënt kennis neem van hoe die medikasie sy slaap patroon gaan beïnvloed menend of hy meer om minder REM SWS of NREM slaap gaan hê. Die Pasiënt moet verstaan as sy slaap patroon beïnvloed word waarom dit so is en of dit die gewenste resultate is.
Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?
Barbiturate en Midasolam, Diasepam, Lorasepam- Dit drae by tot die ontspanning en geheue verlies voor die operasie wat help dat die pasient nie trauma ervaar nie. Dit kan help om die spiere te verslap asook om pyn te verminder.
Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
Hoë dosisse Barbiturate en sekere Bensodiasepienes: Klonasepam, Klobasam. Klonasepam en Klobasam is ook profilakties vir epilepsie. Asook Fenobarbitoon.
Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die Bensodiasepiene?
Diasepam en Meprobamaat inhibeer polisinaptiese reflekse.
Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.
Hierdie middels veroorsaak ‘n vreeslike onderdrukking in die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsel- wat nog meer kan vereger word indien pasiënte reeds aan so ‘n ondeliggende siekte ly. Dit kan lei tot die dood. En soos die dosis toeneem neem die onderdrukking ook toe veral as dit IV toegedien word.
Blog #1
20 Feb 2021, 21:57
Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?
- Ligand bemiddeld
- Potensiaal bemiddeld
Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
Ligand bemiddeld |
Potensiaal bemiddeld |
Vind vinnig plaas |
Vat lank om plaas te vind |
Bestaan uit ionotropiese reseptore |
Bestaan uit Metabotropiese reseptore |
Ioonkanaal word direk beïnvloed (geen tweede boodskapers) |
Ioonkanaal wod indirek beïnvloed omdat tweede booodskappers eers gevorm word. |
Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.
Albei reseptore vorm deel van die seintransduksie proses. Ionotropiese reseptore bind meestal direk aan die slemembraan en is ook dus vinniger. Metabotropies reseptore vorm eers ‘n 2e boodskapper en bind aan ‘n G-Proteïen wat die proses stadiger maak. By Metabotropies reseptore verander die metaboliese prosesse gewoontlik.
Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.
Ionotropies:
- GABAA (y-Amino bottersuur)
- Nikotinies (Asetielcholien)
- EAA (Glutamaat)
- 5-HT (Serotonien)
Metabotropies:
Bestaan uit twee stelsels:
Asenielsiklase stelsel
- Beta 1&2
- Dopamien 1 en 2
- Alfa 2
- 5-HT A & B
- M2
- GABAB
- M4
- mGlu1
Fosfolipase:
- Alfa 1
- 5-HT 2
- M1, 3 en 5
- H1
- mGlu8
Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.
EPSP: is ‘n eksitatoriese postsinaptiese potensiaal- dit vorm ‘n meer positiewe membraan potensiaal a.g.v. die depolariserende stroom. Dit beweeg nader aan die drempel van eksitasie. Dit het dus ‘n aktiveerende effekt op ‘n sel.
BV. ACh bind aan ‘n respeptor- Na+ Kanaal open- verooraak depolarisasie post-sinapties- aktiveer die sel in die SSS
IPSP: is ‘n inhiberende postsinaptiese potensiaal- Wat ‘n hiperpolarisasie stroom is, dus vorm ‘n meer negatiewe membraan potensiaal, wat dan verder beweeg van die drempel van eksitasie.
BV. GABA bind aan ‘n reseptor- Cl- kanaal open- hiperpolarisasie van die post sinaptiese selmembraan vind plaas- ihiberende effek van die sel in die SSS.
Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?
Kalsium dra by tot die ontwikkeling en vrystelling van neurotransmitters- dit laat toe dat neurotransmitters in vesikels vrygestel word (wanneer kalsium dit stimuleer). Dan word die NT in die sinaptiese spleet vrygestel wat veroorsaak dat die potensiaal kan vorm.