Content begins here
MARI VAN RHYN
Blog #10
8 Apr 2021, 17:16
Leergedeelte 8.2: Werkingsmeganismes van antiparkinsonistiese middels
Blog #10
- Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Geneesmiddels wat dopamien aktiwiteit verhoog en geneesmiddels wat lei tot verlaagde cholinergiese aktiwiteit
- Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Metaffnoiede dopamien potensieerder, verhoog die vrystelling en sintese van dopamien en inhibeer ook die heropname van dopamien. Die geneesmiddel is ook ‘n NMDA antagonis wat lei tot antidiskinetiese effekte.
- Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Metaffnoiede dopamien potensieerder nl. Amantadien wat verhoogde vrystelling en sintese van dopamien veroorsaak en inhibeer ook die heropname van dopamien.
MOA-inhibeerders, naamlik Selegilien en Rasagilien verhoog indierek dopamien konsentrasies deurdat dit selektief monoamien-oksidasie B inhibeer. Hierdie ensiem is verantwoordelik vir dopamien metabolisme, dus word verhoogde dopamienvlakke verkry.
COMT-inhibeerders bv. Entakapoon en Tolkapoon wat levodopa omskakel na 3-O-metieldopa
- Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergotderivaat: Broomkriptien
Nie-ergotderivaat: Pramipeksool en Ropinirool
- Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
D2 - Bromokriptien en Ropinirool
D3 - Pramipeksool
- Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Pramipeksool, verlaag die affektiewe simptome soos depressie deurdat die vernietiging van dopamien produserende selle in die liggaam verstadig word
- Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
MOA-B het ‘n voorkeer vir dopamien as substraat en deur hierdie ensiem te inhibeer sal die metabolisme van dopamien verlaag word, dus word verhoogde dopamienvlakke verkry in die striatum.
- Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
COMT-inhibeerders word in kombinasie met levodopa gebruik. Dit voorkom dat levodopa omskakel na 3-O-metieldopa, dus verhoogde vlakke van levodopa, dit verlaag oog dus die perifere metabolisme van levodopa en lewer verbeterde biobeskikbaarheid van levodopa.
- Hoe werk Istradefilien?
Dit is ‘n adenosien A2A antagonis wat gebruik word as aanvullende terapie met levodopa/karbidopa, omdat dit keer dat adenosien die D2 reseptor funksie inhibeer.
- Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied
MAO-inhibeerder soortgelyk aan Rasagilien en Selegilien. Dit verlaag die metabolisme van dopamien deur die ensiem MOA-B omkeerbaar te inhibeer wat lei tot verhoogte dopamien vlakke. Dit veroorsaak ook verlaging in die vrystelling van glutamaat.
Bronnelys
- Katzung, B.G. ed. 2015. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 492-509.
Blog #9
20 Mar 2021, 22:53
6.3 EFFEKTE EN KLINIESE GEBRUIKE
Blog #9
Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:
- Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
- Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
Kleiner en gemielineerde vesels word makliker geinhibeer as groter ongemielineerde vesels
-
- Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Dorsale senuwees in meer sensitief vir inhibisie as druk/tassenuwees en sal daarom makliker geinhibeer word.
- Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
Senuwees:
- Kleiner en gemiëlineerde vesels word makliker geblok as groter en ongemiëlineerde vesels
- Geaktiveerde pynsenuwees vuur vinniger af, pynsensasie word dus selektief geblok deur lokale anestetika - groter affiniteit vir oop ioonkanale
- Vesels in middel van dik senuweebundel stadiger geblok as die aan die buitekant van die bundel - verskil van sensitiwiteit
Hart:
- Klas 1 anti-aritmiese middels bv. Lidokaien wat ‘n Natrium kanale inhibeerder in die hartis,wat die aksie potensiaal(AP) verkort en die refraktêre periode verleng - kan toksiese effekte tot gevolg hê
Skeletspier:
- Swak blokkerende effeken daarom geen kliniese toepassing
- Waarop berus die keuse van ‘n LA?
- Duur van terapie
- Die spesifieke kliniese gebruik wat benodig word bv. vir olftalmiese gebruik
- Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
Die aanvang van werking word verhoog, omdat CO2 potensiering van die lokale anesterikum tot gevolg het.
- Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
Kokaïen, Bensokaïen en Oksibuprokaïen
Bronverwysing
Katzung, B.G. ed. 2015. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 459-473.
Blog #8
20 Mar 2021, 20:18
LE 5.3. Inhalasie anestetika en hul werkingsmeganisme en effekte
BLOG #8
HALOTAAN
1e van reeks → standaard
Effekte |
|
SSS:
|
|
Outonoom: |
|
KVS:
|
|
Respiratories stelsel: |
|
Muskuloskeletaal: |
|
Uterus:
|
|
Lewer : |
|
Status + gebruik: |
|
ENFLURAAN
Effekte |
|
SSS:
|
|
KVS: |
|
Respiratories: |
|
Status: |
|
ISOFLURAAN
Effekte |
|
SSS: |
|
KVS:
|
|
Respiratories:
|
|
Status:
|
|
DESFLURAAN
Effekte |
|
SSS:
|
|
KVS: |
|
Respiratories:
|
|
Status:
|
|
SEVOFLURAAN
Effekte |
|
|
|
N2O
Anorganiese gas
Effekte |
|
SSS:
|
|
KVS: |
|
Respiratories:
|
↓ O2 druk, → hipoksie
|
Status:
|
|
Belangrikste toksiese effekte van inhalasie anestetika
AKUTE TOKSISITEIT:
- Hepatotoksies - Halotaan
- Hematotoksisiteit.
- Malignante hipertermie
- Nefrotoksisiteit
CHRONIESE TOKSISITEIT:
- Mutagenisiteit, teratogenisiteit en reproduktiewe effekte
- Karsinogenisiteit
Bronnelys
Katzung, B.G. ed. 2015. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 440-471.
Blog #7
12 Mar 2021, 03:00
4.3 FARMAKOKINETIKA
BLOG #7
- Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?
Fenobarbitoon, Karbamasepien, Fenitoïen, Okskarbasepien, Perampenel en Topiramaat
Die implikasie hiervan is dat ‘n sterker dosering kontrasepsie benodig word om effektiewe geneesmiddelkonsentrasie vlakke in die liggaam te lewe en om effektief te wees.
- Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
- Valproaat
- Lamitrogine
- Gabapentin
- Leviterasetam
- Vigabatrin
- Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Neonate het baie stadige metobolisme en moet daarom lae doserings ontvang.
Babas en kinders het daarenteen baie vinnige metabolisme en moet dus ‘n hoër dosering ontvang as wat byvoorbeel vir volwannes gegee word.
Bejaardes se lewer- en nierfunksies is nie meer optimaal nie, en moet om hierdie rede laer dosering van die geneesmiddel ontvang.
- In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
Plasmabloedvlakmonitering moet volhou word wanneer ‘n pasient nier- of lewersiektes het, swanger is, bejaarde pasiente omdt hul lewer- en nierfunksionering verswak is, wanneer toksisiteit verwag word, wanneer geneesmiddelterapie gekombineer word met die byvoeging van bykomende geneesmiddel of wanneer dosering van bestaan terapie aangepas word.
Bronverwysing
Katzung, B.G. ed. 2015. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 409-439
Blog #6
10 Mar 2021, 23:17
3.3 CHRONIESE EFFEKTE VAN ALKOHOL
Blog #6
- Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
- SSS aanpassing tot chroniese gebruik op reseptore of op 2de boodskapper vlak waar nodige aanpassings gemaak word
- Verhoging in metaboliese tempo met chroniese gebruik van alkohol (indusering van MEOS)
- Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
- Progressiewe verlaging in lewerfunksie, veroorsaak hepatitis & sirrose simptome, asook verharding van lewerselle
- Glukoneogenese verlaging - hipoglukemie en vetakkumulasie (nutriëntgebreke dra by hiertoe)
- Verhoogte aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme, nie net MEOS nie, ander ensieme ook - dra dus by tot interaksies met ander geneesmiddels
- Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Wernicke-Korsakoff sindroom is ‘n neurologiese toestand wat gepaard gaan met simptome soos ataksie, verwarring en paralise van gesigspiere. Hierdie sindroom word hoofsaak veroorsaak deur ‘n tiamien (vitamien B1). Dit word veroorsaak deur chroniese alkohol gebruik.
BEHANDELING: parenterale toediening van tiamien om permanente breinskade te voorkom, maar dit is nie altyd omkeerbaar nie
- Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Fetale alkoholsindroom ontstaan wanneer ‘n vrou alkohol gebruik terwyl sy swanger is. Die gebruik van alkohol tydens swangerskap het teratogeniese effekte vir die fetus wat kan lei tot die volgende manifestasie van die sindroom in die kind:
- Verstandelike vertraging
- Groeigebreke
- Mikrokefalie (brein is kliener as wat dit normaalweg is)
- Karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigarea
- Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akute alkohol gebruik: Verlaagde metabolisme van sekere geneesmiddels bv, fenotiasiene, wat veroorsaak dat akkumulasie van die geneesmiddel in die liggaam plaasvind
Chroniese alkohol gebruik: Verhoog metaboliese transformasies van ander geneesmiddels in die liggaam bv. parasetamol wat die toksiese metaboliet NAPQI vorm
- Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
- Potensieering van hipertensiewe geneesmiddel effekte wat lei tot ‘n styging in bloeddruk
- Potensieering van die vasodilatoriese effekte van nie-sedatiewe geneesmiddels
- Potensieering van hipoglusemiese geneesmiddels wat veroorsaak dat die pasient se bloedsuiker na gevaarlik lae vlakke daal
- Potensieering van aspirien se anti-plaatjiekleefbaarheid effekte, wat veroorsaak dat bloeding ‘n probleem kan wees wanneer dit in kombinasie met alkohol gebruik word
Bronverwysing
Katzung, B.G. ed. 2015. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 396-408
Blog #5
10 Mar 2021, 20:49
3.1 FARMAKOKINETIKA
Blog #5
- Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.
Alkohol is ‘n klien wateroplosbare molekule wat vinnig geabsorbeer word uit die gastro-intestinale kanaal. Omdat alkohol ook ‘n hoë lipofiliese karakter het, word dit wyd versprei deur die liggaam en kan ook oor die bloedbreinskans beweeg. In vastende toestande sal piekvlakke van alkohol in die liggaam binne 30 min bereik word.
Die volume van distribusie van alkohol is ook afhanklik van die totale aantal liggaam water wat ‘n persoon beskik, wat beinvloed word deur die persoon se liggaamsmassa. 90% van alkohol word deur die lewe gemetaboliseer en die oorblywende 10% deur die longe en uriene. Die “fixed amount” vir alkoholmetabolisme in ‘n volwasse persoon is ongveer 1g/10kg liggaamsmassa
- Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.
1. Alkoholdehidrogenase:
- Lae en matige hoeveelhede alkohol in die liggaam
- Beperkte hoeveelheid NAD (ko-ensiem): zero-orde kinetika, (7 – 10 g/h)
- Ongeag die hoeveelheid alkohol ingeneem bly die tempo van metabolisme konstant.
2. MEOS = Mikrosomale etanol oksidasie (Gemengde funksie oksidases)
- Hoër konsentrasies van alkohol in die liggaam (>100mg/dL)
- MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik, en kan dus ook geinduseer word, is ook gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie ontwikkeling.
- Eindproduk van beide ensiemsisteme= Asetaldehied
- Asetaldehied word dan omgeskakel na asetaat deur die ensiem aldehied dehidrogenase
- Asetaat word daarna omgeskakel na CO2 en H2O wat dan uitgeskei kan word
- Aldehied dehidrogenase ensiem is afhanklik van ‘n ko-ensiem nl. NAD
- ALdehied dehidrogenase het ook die karaktereienskap dat dit inhibeer kan word deur sekere geneesmiddels of die werking daarvan kan verlaag word
- Dit lei tot opeenhoping van asetaldehied wat simptome sekere simptome veroorsaak nl:
- Naarheid
- Hoofpyn
- Hartkloppings
- Blosing
- Duiseligheid
- Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene, Hipoglisemiese geneesmiddels
- Hierdie middels onderdruk aldehied dehidrogenase met die gevolg dat asetaldehied ophoop en nie gemetaboliseer word nie.
- Hierdie opeenhoping van asetaldehied lei tot newe-effekte soos naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duiseligheid
- Disulfiram word ook gebruik in die behandeling van chroniese alkoholisme, om mense te help om nie te drink nie, omdat die kombinasie van disulfiram met alkohol hierdie slegte simptome veroorsaak
Bronverwysing
Katzung, B.G. ed. 2015. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 396-408
Blog #4
4 Mar 2021, 17:58
2.5. BLOG #4
Die gebruik van alternatiewe geneesmiddels vir die behandeling van insomnia en angs is baie gewild, omdat hierdie behandeling beduidend minder newe-effekte tot gevolg het as wat geskeduleerde behandeling toon. Alternatiewe behandeling word dus verkies om eerste te gebruik voordat geskeduleerde behandeling oorweeg word, soos behandeling met bensodiasepiene of SSRI’s.
Die volgende natuurlike/alternatiewe preparate word gebruik vir die behandeling van angs en insomnia;
Angs:
- Chamomile (Matricaria recutita) – binding aan GABA reseptore asook modulering van monoamien neurotransmissie
- Valerian (Valeriana officinalis) – soortgelyke werking as bensodiasepiene, maar bind eerder aan die beta-subeenheid op die GABAA-reseptor
- Hops (Humulus lupulus) – vermoed dat dit toenemende vlakke van neurotransmittor-γ-aminobutyric acid (GABA) veroorsaak
- St. John’s Wort (Hypericum perforatum) – word vermoed dat dit die brein inhibeer om die neurotransmittors soos GABA, serotonien, NA, en dopamien te gebruik
- Kava-kava (Piper methysticum) is ‘n GABA-kanaal moduleerder en lei tot verswakte GABA binding
- Ginkgo biloba - modulering van cholinergiese en monoamien padweë
- Ashwagandha (Withania somnifera) - veroorsaak GABA-mimetiese aktiwiteit
- CBD (Cannabidiol) – werk vermoedelik in op die CB1 en 2 in die SSS in wat help met angs
- Lavender (Lavandula angustifolia) – bevat terpenes, waarvan linalool en linalylacetate ‘n kalmerende effek op die chemiese reseptore in die brein het
Insomnia:
- Valerian (Valeriana officinalis) - soortgelyke werking as bensodiasepiene, maar bind eerder aan die beta-subeenheid op die GABAA-reseptor asook werking op α1-reseptore
- Hops (Humulus lupulus) – is ‘n melatonien reseptor moduleerder en word ook vermoed dat dit toenemende vlakke van neurotransmittor-γ-aminobutyric acid (GABA) veroorsaak
- Melatonin – regulering van die slaap/wakker siklus
- Lavender (Lavandula angustifolia) – verhoog die stadige diep-slaap stadiums in die slaapsiklus
- Passionflower – (Passiflora incarnata) – GABA gemedieerde angsiolitikum, asook ‘n gedeeltelike bensodiasepien reseptor agonis
Bronnelys
- Katzung, B.G. ed. 2018. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 1131-1145.
- Saeed, S.A., Bloch, R.M. and Antonacci, D.J., 2007. Herbal and dietary supplements for treatment of anxiety disorders. American family physician, 76(4), pp.549-556.
- van der Watt, G., Laugharne, J. and Janca, A., 2008. Complementary and alternative medicine in the treatment of anxiety and depression. Current opinion in psychiatry, 21(1), pp.37-42.
- Attele, A.S., Xie, J.T. and Yuan, C.S., 2000. Treatment of insomnia: an alternative approach. Alternative Medicine Review, 5(4), pp.249-259.
Blog #3
2 Mar 2021, 21:54
2.3. Blog #3
- Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed? Wat is die kliniese belang hiervan?
Bensodiasepiene se lipofiliteit bepaal die tempo van absorpsie asook die verspreiding daarvan in die SSS. Geneesmiddels wat meer lipofilies van aard is, bv. Triasolam, Zolpidem en Zaleplon, word vinnig geabsorbeer en deur die liggaam versprei om die brein te bereik. Dus het hierdie middels ‘n vinnige aanvang van werking, maar ook ‘n kort halfleeftyd.
- Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?
Geneesmiddels met hoë lipofiliteit versprei via die bloed na die brein en daarna weer via die bloed terug na ander weefsel, insluitend vet en spiere. Hoogs lipofiliese geneesmiddels toon groter herverdeling. Daar ontstaan ‘n depot-effek deurdat die geneesmiddel in hierdie weefsel akkumuleer en verlengde werking toon. Hierdie akkumulasie kan lei tot toksiese geneesmiddelkonsentrasie vlakke wat ernstige newe-effekte kan lewer.
- Hoe word die BD’e gemetaboliseer? Gee die verskillende stappe in die proses.
Bensodiasepien met hoë lipofiliteit se metabolisme vind stapsgewys plaas deur ‘n biotransformasie te ondergaan deur middel van hepatiese mikrosomale ensieme. Die stappe is as volg:
- Dealkinering vind plaas om aktiewe metaboliete te vorm
- Oksidasie deur middel van Sitochroom P450 vir die vorming van ‘n aktiewe metaboliet
- Konjugasie van die gekonjugeerde metaboliet met glukuronsuur om ‘n onaktiewe wateroplosbare metaboliet te vorm wat in die uriene uitgeskei kan word
Bensodiasepiene wat laer lipofiliteit toon word gekonjugeer om wateroplosbare metaboliete te vorm om uitgeskei te kan word, en ondergaan nie die bogenoemde biotransformasie voordat dit uitgeskei kan word nie.
- Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?
Diazepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en ketazolam word deur middel van dealkinering gemetaboliseer na Desmetieldiasepam. Hierdie aktiewe metaboliet wat gevorm word lei tot verlengde werkingsduur van die geneesmiddel en kan dus gebruik word waar hierdie eienskap ten bate sal wees met geneesmiddelterapiee.
- Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?
Oksasepam, Lorasepam, Temasepam en lormetazepam. Die voordeel van hierdie geneesmiddels is daarin dat dit gebruik kan word vir bejaardes, neonate, pasiente met lewersirrose, en terapiee wat gepaard gaan met sitochroom P450 ensiemremmers bv. Simetidien, Ketokonasool, Eritromisien en fluvaksamien.
- Wat is ensieminduksie? Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?
Ensieminduksie verwys na ‘n verhoging in die aantal ensieme as gevolg van ‘n stimulus wat deur ‘n molekule veroorsaak word. Barbiturate is sterk/potente ensieminduseerders. Deur ensiemwerking te induseer word die geneesmiddelmetabolisme verhoog en kan dus gebruik word om toksisiteit te verminder of voorkom met geneesmiddels wat depot-effek veroorsaak. Daarenteen kan hierdie verhoogde ensiemwerking ook lei tot sub-terapeutiese geneesmiddelkonsentrasie vlakke.
Bronnelys:
- Katzung, B.G. ed. 2018. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 381-395.
- Brand, L. (2021). Sedatief-hipnotiese middels. Leereenheid 2. Pharmacology FKLG 312. Potchefstroom: NWU: Faculty of Health Sciences School of Pharmacy.
Blog #2
2 Mar 2021, 20:54
2.2. BLOG #2
- Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
Anterograde amnesie verwys daarna dat pasiënte wat ‘n sekere geneesmiddel geneem het se geheue beïnvloed word deurdat hul gebeure gedurende die werkingsduur van die geneesmiddel nie kan onthou nie. Voorbeelde van geneesmiddels wat dit kan veroorsaak sluit in meeste bensodiasepien geneesmiddels. (Maar triazolam se effek is groter as die van temazepam)
- Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
Langtermyn gebruik van bensodiasepiene verlaag die tyd wat dit neem om aan die slaap te raak, en verhoog die totale slaap tydperk, veral in pasiente wat minder as 6 ure per nag slaap. Dit het ‘n klein verlagende effek op REM slaap, en hoë dosisse bensodiasepiene verminder REM slaap in totaal. Dit veroorsaak ook dat die duur van NREM fase 2(fase van diep ontspanning) verleng word en die duur van NREM fase 4(diep slaap wat moeilik is om van wakker te word) verminder. Dit beteken dan dat die pasient diep en ontspannende slaap sal kry, maar ook nie sal hoef te sukkel om wakker te word nie.
- Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?
Barbiturate, Midazolam, Diazepam en Lorazepam. Hierdie geneesmiddels word gebruik om anterograde amnesie te veroorsaak met operasies sodat pasiente nie kan onthou wat in die operasie gebeur het nie.
- Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
Fenobarbitoon, Klonasepam, Klobasam, Nitrasepam, Lorasepam en Diasepam
- Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?
Dit inhibeer die poli-sinaptiese reflekse en met hoë dosering verlaag/onderdruk dit ook die transmissie by die neuromuskulere aansluiting.
- Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.
Sedatief-hipnotika geneesmiddels, insluitende sommige bensodiasepiene en barbiturate, wat intraveneus toegedien word veroorsaak ‘n medullêre onderdrukking in die SSS. By terapeutiese dosisse vind respiratories onderdrukking plaas, wat ten bate is in pasiente met pulmonêre siektes, en kardiovaskulêre onderdrukking in pasiente wat kardiovaskulere siektes het.
Sedatief-hipnotika wat teen te hoë dosisse aan pasiente met pulmonere siektes het, gegee word, kan veroorsaak dat die respiratoriese onderdrukking ernstig van aard is en kan lei tot die pasient se dood.
Bronnelys:
- Katzung, B.G. ed. 2018. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 381-395.
- Brand, L. (2021). Sedatief-hipnotiese middels- Leereenheid 2. Pharmacology FKLG 312. Potchefstroom: NWU: Faculty of Health Sciences School of Pharmacy.
Blog #1
22 Feb 2021, 19:55
M van Rhyn
30105277
FKLG 312: Blog #1
- Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?
Potensiaalafhanklike en ioonafhanklike kanale
- Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
Ionotropies |
Metabotropies |
Direkte werking |
Indirekte aktivering |
Ligand bind aan die ioonkanaal en beïnvloed direk die ioonkanaal
|
G-proteien gemidddeld, Verandering in membraanpotensiaal van sel lei tot die werking van kanale. Sein word oorgedra vanaf die selliggaam na die terminaal. |
Korter proses omdat geen 2de boodskappe teenwoordig is nie, en kanale slegs oop vir kort periode |
Langdurige proses, modulering van sinaps vurings tempo |
- Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.
Potensiaalafhanklike kanale: benodig ‘n membraanpotensiaal verandering, metabotropiese reseptore ter sprake, G-proteiene is betrokke en maak gebruik van 2de boodskappers, langdurige proses
Ligandbemiddelde ioonkanale: neurotranmittor bind direk aan ioonkanaal, ionotropiese reseptore betrokke, korter proses as potensiaalafhanklike kanale
- Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.
Ionotropiese reseptore |
Metabotropiese reseptore |
GABA-A reseptore |
Adrenergiese en Noradrenergiese reseptore:
|
Asetielcholien reseptore (AcH):
|
Asetielcholien reseptore (AcH):
|
Glutamaat reseptore:
|
Glutamaat reseptore:
|
Serotonien reseptore:
|
Serotonien reseptore:
|
|
Histamien reseptore:
|
|
Dopamien reseptore:
|
1. Metaboliese veranderinge (METABOTROPIESE reseptore, Potensiaalafhanklike kanale)
Die neurotransmitter bind aan die G-proteïn gekoppelde reseptor op die transmembrane gedeelte van die neuron. Die neurotransmitter dien dus as die ‘eerste boodskapper’ in die proses. Die G-protein wat ondergaan ‘n konformasie verandering en GTP vervang GDP op die α-gedeelte van die G-proteïn. Die α-gedeelte van die G-proteien ontbind dan om een van 2 prosesse te verrig– die proses herhaal tot die neurotransmitter ontbind vanaf die reseptor. Die proses is lang van duur en neem dus langer as ligandbemiddelde ioonkanale.
Die prosesse is as volg:
1. Die G-proteïn (met sy α-deel) kan die reseptor aan ‘n potensiaalafhanklike kanaal koppel om uiteindelik ‘n respons te ontlok
2. Die G-proteïn dien as ‘n skakel tussen die reseptor en die betrokke tweede boodskapper wat aan die G-proteïn gekoppel is om ‘n respons te ontlok
- Adenielsiklase sisteem: Die α-subeenheid van die G-proteïn beweeg na ‘n proteïn op die selmembraan en aktiveer ‘n ensiem en 2de boodskapper naamlik adenielsiklase wat as skakel dien om ATP na AMP om te skakel om uiteindelik ioonkanale te beïnvloed om ‘n respons te ontlok.
- Fosfolipase sisteem: Die α-subeenheid van die G-proteïn aktiveer ‘n membraangeassosieerde ensiem naamlik fosfolipase-C wat dan tweede boodskappers aktiveer om ioonkanale te beïnvloed en ‘n sellulêre effek te ontlok. Die 2de boodskappers teenwoordig is IP3 (Ionosientrifosfaat) en DAG (Diasielgliserol)
2. Ligandbemiddelde ioonkanale = IONOTROPIES RESEPTORE
Die neurotransmitter bind aan die ionotropiese reseptor wat die ioonkanaal direk beïnvloed. Dus word daar geensins van tweede boodskappers gebruik gemaak nie. Die iookanaal sal gereguleer word d.m.v. die interaksie tussen die ligand en die reseptor.
- Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.
EPSP: (Aktiverende/Eksitatoriese post sinaptiese potensiaal)
Post sinaptiese depolarisasie het ‘n eksitatoriese membraan potensiaal tot gevolg. Dit lei tot ‘n toename in die ioondeurlaatbaarheid van die membraan en die SSS word gestimuleer.
Voorbeeld: Serotonien at depolarisasie via die natriumioonkanaal veroorsaak
IPSP: (Inhiberende post sinaptiese potensiaal)
Post sinaptiese potensiaal hiperpolarisasie lei tot die inhibering van die opwekking van die aksiepotensiaal op die post-sinaptiese membraan. Dus word die SSS onderdruk.
Voorbeeld: GABA-A wat hiperpolarisasie via die chloorioonkanale veroorsaak
- Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?
Ca+2 veroorsaak sinaptiese vesikulêre eksositose deurdat die intrasellulere calsium konsentrasie verhoog. Dit veroorsaak dat die neuro-oordragstowwe in die vesikels vrygestel word en die sinaptiese oordrag begin.