Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

ANNECKE BOTHA

Default profile image
----------

Blog #13 (LE 11.1)

10 Jun 2021, 23:48 Publicly Viewable

Pyn

Pyn is ʼn onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring wat geassosieer word met werklike of potensiële weefselskade. Pyn is 'n meganisme om die liggaam te beskerm teen voortdurende besering / blootstelling aan 'n skadelike of potensieel skadelike situasie / faktore. Pyn kan verdeel word in akute pyn (“nociceptive”) en chroniese pyn (funksionele en neuropatiese pyn). Beksadiging van die senuwees veroorsaak pyn. Die senuwees wat “gestimuleer” word deur die prikkel, stuur ʼn pynimpuls na die brein, waar die inligting verwerk word en dan beleef die persoon die gevoel pyn. Pyn kan veroorsaak word deur 'n biologiese besering waar “nociceptors” optree vir seinoordrag na die brein. Die sensitiwiteit en doeltreffendheid van 'n persoon se breinbane/sisteme bepaal  hoe die persoon pyn ervaar en dit hanteer. Dis waarom party mense meer pyn as ander ervaar en sommige mense chroniese pyn ervaar wat nie behandel kan word nie en ander se chroniese pyn wel behandel kan word. Die persepsie van pyn verskil van persoon tot persoon, want dit word beïnvloed deur die pasient se gemoedstoestand, moraal/moed en die betekenis wat die pyn vir die pasiënt het. Die primere doel van akute pynhantering is om behandeling te verskaf wat die pasiënt se pyn verminder, minimale newe effekte het en die pasient nogsteeds tolaat om te funksioneer. Tweedens word gepoog om te voorkom dat die akute pyn tot chroniese pyn progresseer.

Blog #12

16 May 2021, 01:38 Publicly Viewable

Klassifikasie van middels wat as antidepressante gebruik word:

TAD-tersiere en sekondere amiene

Sekondêre amiene:

Desimipramien

Lofepramien

Nortriptilien

Tersiêre amiene:

Amitriptillien

Butriptilien

Chloorimipramien

Dotiëpien

Imipramien

Trimipramien

MAOI

Tranielsipromien

Moklobemied

SNRI  

Duloksetien

Venlafaksien

NARI

Reboksetien

SSRI

Esitalopram

Fluoksetien

Fluvoksamien

Paroksetien

Sertralien

Sitalopram

5-HT Reseptor Moduleerders

Trasodoon

Vortioksetien

Nefasodoon

Tetra/inusiklies anti-depressante

Bupropioon

Mianserien

Mirtasepien

Sirkadiese ritmereguleerders

Agomelatien

Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Daar is veelvuldige multipotente werking op monoamienergiese resptore  wat lei tot non spesifieke verhoging van Noradrenalien konsentrasie en serotonien konsentrasie by die sentrale sinapse.

Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

14-21dae, omrede dit twee of meer weke neem vir sintese van Brein-afgeleide neurotrofe faktor.

Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

Effektiwiteit

Newe-effekte

Veiligheid

TAD’e

TAD’e benodig titrasie tot Minimum Effektiewe Dosis (MED).

  • Sedasie
  • Simpatomimeties: tremore, insomnia
  • Anticholinergies: visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring
  • KVS: ortostatiese hipotensie, disritmieë
  • Psigoses, presipiteer manie
  • Konvulsies
  • Metabolies-endokrien: massatoename, seksuele steurnisse

Akute oordosis is baie gevaarlik.

Oordosis kan die volgende tot gevolg hê:

Koma, Konvulsie en Kardiotoksiteit.

SSRI’s

Kan onmiddelik met volle dosis toediening begin.

- Angs (akuut)

- Seksuele disfunksie

- Insomnia

- Tremore

- SVK: steurnisse

- Hoofpyn

- Verlaag libido,

- EPS

- Onttrekkingsindroom

Veiliger om te gebruik aangesien hulle newe-effek profiel baie beter is

Hoe werk mirtasepien?

Blokkade van die inhibitoriese α2 reseptore- verhoog vrystelling van NA (outoreseptore) en 5-HT(heteroreseptore).

Indirekte stimulasie van 5-HT1A: angsiolities

Blokkeer 5-HT3: angsiolities en anti-emeties

Blokkeer 5-HT2A: antidepressiewe effekte

Hoe werk venlafaksien?

Blokkeer die 5-HT en NA heropname (met n hoër affiniteit vir 5-HT) en daarom sal serotonien(5-HT) konsentrasie asook Noradrenalien(NA) konsentrasie verhoog as dit nie heropgeneem word nie.

Hoe werk agomelatien?

MT1 agonis en MT2 agonis- Herstel abnormale slaapbioritmes.

5-HT2c antagonis: Disinhibisie van Dopamien(DA) en Noradrenalien(NA) vrystelling in FK (verhoog DA en NA vrystelling) -Bevorder slaap en het antidepressiewe werking.

BLOG #13

16 May 2021, 00:23 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

  • Li – ioon: Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, laasgenoemde deur verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfoinositiede.
  • IP3 2n DAG is belangrik in monoamine en cholinergiese neurotransmissie.
  • Litium soute beinvloed 2de bodskappers in adenielsiklase en fosfolipase sisteem àensieme word onderdruk.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Baie nou terapeutiese indeks van 0,5 - 1,5nM en enige iets meer as 2 mM kan toksies wees. Dit beskik oor ‘n nou/klein terapeutiese indeks en kan baie vinnig lei tot toksiese plasma konsentrasies. Dit is a.g.v. hierdie nou terapeutiese indeks belangrik om bloed plasma vlakke gereeld te neem en ook te monitor om toksisiteit a.g.v. Litium te verhoed.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium word as enkelmiddel gebruik:  Vir anti-depressiewe en anti-maniese effekte tydens akute of instandhoudings fases.

Litium word gekombineer met Valproaat vir akute maniese fase, wanneer die pasiënt nie reageer op Litium nie.

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  1. Renale suiwering kan verminder deur ACE-remmers, tiasieddiuretika, nuwe NSAID's, en fluoksetien.
  2. Litium is neurotoksies in kombinasie met Karbamasepien, Fenitoïen, Ca-remmers, Metieldopa, Losartan en Metronidasool.
  3. Renale suiwering van litium word verhoog deur: Teofillien en Kafeïen.

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Diarree, kardiotoksies, tremore, ataksie, afasie, sedasie, polidipsie, poliurie, nokturie, spierswakheid, edeem, leukositose, massatoename, tiroïedvergroting, aknee, alopesie.

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Die litium kan na die plasenta oorgedra word (asook in die borsmelk) en dus kan dit lei tot litium toksisiteit in die ongebore baba en abnormaliteite veroorsaak soos ʼn onderontwikkelde hart of dat die ontwikkeling van die hart van die ongebore baba geaffekteer word.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

  1. Gemoedstabiliseerder
  2. Skisofrenie
  3. Anti-depressant.

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Die gewigstoename is ʼn newe-effek van Litium gebruik. Sedasie, moegheid, dors bly, bewerigheid en naarheid is newe-effekte van die gebruik van die diuretikum, omdat dit ʼn verhoging in watereksresie veroorsaak.

Litium het ʼn interaksie met diuretikums (verhoging in die plasmavlakke van litium- litiumtoksisiteit)- My aanbevelling is dus om die gebruik van die diuretikums te staak.

Indocid (NSAIM) saam met Camcolith gebruik kan litium plasma vlakke verhoog in die liggaam en lei dus tot litium toksisiteit- My aanbevelling is dus om die NSAIM te staak, maar om steeds aan te hou met die gebruik van Camcolith.

#BLOG 11

15 May 2021, 22:40 Publicly Viewable

Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

  1. Alifatiese-sykettings: Lae potensie,

                                  Min ekstra-piramidale effekte (EPS),

                                  ERGE sedasie, en gewigstoename,

                                  Sterk anti-cholinergiese effekte,

                                  Sterk α-litiese effekte (posturale hipotensie),

                                  Kardiotoksies.

  1. Piperidien-sykettings: Lae potensie,

                                  Min ekstra-piramidale effekte (EPS),

                                  ERGE sedasie, en gewigstoename,

                                  Sterk anti-cholinergiese effekte,

                                  Sterk α-litiese effekte (posturale hipotensie),

                                  Kardiotoksies.

  1. Piperasien-derivate: Hoë potensie,

                                 Meer ekstra-piramidale effekte (EPS).

                                 Swakker anti-cholinergiese Newe-effekte,

                                 Swakker α-litiese effekte,

                                 Minder sedasie en

                                 Minder kardiovaskulêre Newe-effekte.

Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Dopamien 2-respetore.

Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Die tradisionele (tipiese) middels:

Multipotent kompeterende antagoniste – Blokkeer DA2 reseptore eerder as 5-HT 2 reseptore

Blokkeer ook: M (Chloorpromasien en tioridasien), α (Flufenasien die minste), histamien – 1 (Veral Choorpromasien en die tioxantene) en 5-HT R’e.

Atipiese (nuwe) genereasie middels

Multipotente antagoniste (Ook bekend as inverse agoniste) -inverse agoniste op 5-HT2a en 5-HT2c meer as DA 2 reseptore.

Dikwels hoër affiniteit vir 5-HT2 reseptore (Blokeer 5-HT2a reseptore). Kan wel ook D2 blokkeer.

Sommiges atipiese middels blok ook: Sterk M1 (Klosapien en Olansepien), H1 (Almal) en α1- blokkerende (Klosapien, Risperidoon, Ziprasidoon) effekte. 

Klosapien het ‘n uitgesproke D4 blokkerende effek, so ook vir 5-HT- Maar so

te sê geen affiniteit vir D2.

Ziprasidoon is ‘n D2, 5-HT2A, 5-HT1D antagonis maar ‘n 5-HT1A agonis.

Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Die blokkade van Dopamine-2 reseptore verminder die risiko van ekstrapiramidale newe-effekte (EPS).

Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

  1. Haloperidol, want dit is ‘n Potente Dopamien-2 blokker, het ʼn hoër affiniteit vir Dopamien-2 reseptore as vir 5-HT2 reseptor. Verlaging in dopamienvlakke veroorsaak dan EPS.
  2. Piperasien-derivate, as gevolg van die hoë sterkte en die feit dat dit 'n hoë affiniteit het vir Dopamine-2 reseptore.

A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Muskariniese (M)- reseptore blokkers.

#BLOG 10

30 Apr 2021, 17:10 Publicly Viewable

Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Geneesmiddels wat DA aktiwiteit verhoog.

Geneesmiddels wat Ach aktiwiteit inhibeer/verlaag.

Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Dit verhoog DA aktiwiteit d.w.s. dit gaan die DA verhoog.

Amantadien is ‘n metaffinoide potensieerder van DA d.w.s.: Dit verhoog die sintese van DA, verhoog die vrystelling van DA en dit blokkeer die heropname van DA.

Amantadien is 'n Adenosien A2 antagonis - dit veroorsaak ʼn verhoging in die Dopamien vlakke  (D2 reseptorfunksie word geïnhibeer).

Amantadien het anticholinergiese effekte, dit is antiviral, dit het antidiskinetiese effekte- kan gesien word as 'n NMDA antagonis (help met bewegingsteurnisse).

Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

  1. Amantadien- 'n metaffinoïede potensieerder van DA – verhoog die vrystelling en sintese van dopamien en dit blokkeer die heropname van DA.
  2. KOMT-RemmerKOMT metaboliseer L-DOPA na 3-O-metieldopa (3OMD) wat ‘n onaktiewe metaboliet is. 3OMD kompeteer met L-DOPA vir aktiewe transport en gevolglik het die verhoogde plasma vlakke van 3OMD 'n swak terapeutiese respons met L-Dopa. KOMT-remmers verlaag die perifere metabolisme, verbeter die biobeskikbaarheid en verleng die werkingsduur van L-Dopa. Bv. Entakapoon.
  3. Selektiewe MAO-B inhibeerders- MAO-B ensiem het ‘n voorkeur vir DA as substraat. Deur die MAO-B ensieme te blok, word DA nie afgebreek nie en die DA konsentrasie in die SSS verhoog

Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivaat: Broomkriptien

Nie-ergotderivate: Pramipeksool & Ropinirool

Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

Dopamien-2: Broomkriptien, Ropinirool,

Dopamien-3: Pramipeksool.

Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Selegilien en Rasagilien (Selektiewe MAO-B inhibeerders).

MAO-B inhibeerders verminder die voorkoms van Parkinson se siekte deur te voorkom dat MPTP omgeskakel word na MPP+.

Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

MAO-B ensiem het n voorkeur vir DA as substraat. Deur die MAO-B ensieme te blok, word DA nie afgebreek nie en die DA konsentrasie in die SSS verhoog.

Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

KOMT metaboliseer L-DOPA na 3-O-metieldopa (3OMD) wat ‘n onaktiewe metaboliet is.

3OMD kompeteer met L-DOPA vir aktiewe transport en gevolglik het die verhoogde plasma vlakke van 3OMD 'n swak terapeutiese respons met L-Dopa.

KOMT-remmers verlaag die perifere metabolisme, verbeter die biobeskikbaarheid en verleng die werkingsduur van L-Dopa.

Bv. Entakapoon.

Hoe werk Istradefilien?

Istradefilien is ‘n Adenosien A2 antagonis- Verhoog die dopamien vakke omdat adenosien die D2-Reseptor funksie blok. D.w.s. as adenosien geblok word kan dit nie die D2-Reseptore se funksie inhibeer nie en DA aktiwiteit sal verhoog.

Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide

Dit het ‘n 2 ledige Meganisme van werking:

1. Dit verhoog DA aktiwiteit 

    -Inhibeer MAO-B (omkeerbaar) 

    -Inhibeer DA heropname

2. Dit verlaag glutamaat vrystelling.

#BLOG 9

1 Apr 2021, 08:22 Publicly Viewable

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  1. Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Gemiëlineerde vesels word makliker geblok as ongemiëlineerde vesels.

  1. Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Druk tasssenuwees vuur vinniger seine uit, wat selektief geblok word. Dorsale senuwees word stadiger geblok. 

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels -Lidokaien is klas 1 middel wat Natrium kanale blokkeer in die hart met die doel om die Aksie Potensiaal te verkort en die refraktere periode te verleng.
  • Skeletspier: Swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing.

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

  • Die tipe prosedures wat gedoen moet word (kliniese gebruik van die anestetikum).
  • Die werkingsduur van die LA (aantal tyd waarvoor dit gebruik word).
  • Die tipe weefsel waarop die LA moet werk vir verlangde effek.

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Die koolstofdioksied dien as buffer vir die Lokale Anestetika. Dit sal die effekte van die Lokale Anestetika versterk.

'n Vinniger aanvang van die LA word bereik. Dit verhoog ook die effektiewe konsentrasie van die nie-geïoniseerde vorm van die LA-  slegs die nie-geïoniseerde vorm kan die plasmamembraan oorsteek om 'n effek te hê, en sodoende sal die aanvangstyd van die streekblok verkort word.

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Bensokaïene,
  • Kokaïene en
  • Oksibuprokaïene.

#BLOG 8

31 Mar 2021, 22:38 Publicly Viewable

Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.

Halotaan

SSS: Vinnige gladde induksie, verhoog serebrale bloedvloei en verhoog die intrakraniale druk.

KVS: Bloeddruk verlaag, miokardium is gesensitiseerd vir die aritmogene effekte van katesjolamiene.

Respiratories: gGeen speeksel sekresie op brongi, geen hoes refleks.

Uterus: Verlaagde spierkontraksie wat eksterne draaiing van baba veroorsaak.

Lewer: Hepatotoksies, word deur die lewer gemetaboliseer.

Enfluraan

SSS: Vinnige, gladde induksie.

KVS: Nie sensitisering van miokardium, minder bloeddruk verlaging as Halotaan.

Respiratories: Verlaag die asemhaling, meer verlaging as Halotaan.

Isofluraan

SSS: Vinniger induksie en herstelling as Halotaan.

KVS: Verminder bloeddruk, minder verlaging van bloeddruk as halotaan en enfluraan.

Respiratories: Potente onderdrukkende effekte. Moet nie vir 'n pasiënt gee wat spontaan moet asem haal nie of wat respiratoriese problem het nie. Word net gebruik vir die instandhouding.

Desfluraan

SSS: Nog vinniger induksie en herstel as isofluraan. Verhoog serebrale bloedvloei en intrakraniale druk.

KVS: Minder bloeddruk verlaging as Halotaan en enfluraan.

Respiratories: Skerp reuk. Vermei as 'n induksiemiddel omdat die die lugweg irriteer. Veroorsaak hoes, asemnood en laringospasma.

Sevofluraan

Effekte soortgelyk aan desfluraan, maar minder irriterend vir lugweë. Potensieer effekte van nie-depolariserende skeletspierverslappers net soos die ander gehalogeneerde Eters.

Ondergaan metabolisme en chemies onstabiel.

Laggas (N20)

SSS: Swak anesteties, potente analgetikum, amnesia.

KVS: Geen effekte.

Respiratories: Suiwer N2O gee hipoksie, dus meng ons altyd dit met suurstof of lug.

Dit het geen skeletspierverslappende effekte nie.

Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.

Die belangrikste toksiese effekte by inhalasiemiddels:

By die gebruik van Halotaan: Hepatoksisiteit kan voorkom by die gebruik van Halotaan, omdat Halotaan deur die lewer gemetaboliseer word. 

Laggas moet altyd saam suurstof gegee word, omdat dit hipoksie kan veroorsaak wanneer dit suiwer gegee word aan die pasiënt.  Dit moet ook altyd saam met 'n ander anestesie middel gegee word omdat dit alleenlik nie potent genoeg is nie. 

Desfuraan: Desfuraan het ʼn skerp reuk, dit is irriterend vir die lugweë, en as ʼn induksiemiddel veroorsaak dit dat die pasiënt gaan hoes, asemnood en laringospasma. Dus word Desfuraan nie gebruik word om anestesie te induseer nie. Desfuraan word dus net gebruik vir instandhouding. 

Enfluraan moet verkieslik nie vir pasiënte wat epilepsie het gegee word nie, omdat dit erge konvulsies kan veroorsaak.

Sevofluraan word ook deur die lewer gemetaboliseer so daarom is dit belangrik om seker te maak daar word nie te veel daarvan gegee aan die pasiënt nie.

Metoksiefluraan kan toksies wees wanneer daar teveel van dit gegee word aan die pasiënt.

#BLOG 7

16 Mar 2021, 23:24 Publicly Viewable
  1. Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Fenobarbitoon, Karbamasepien, Fenotoien, Okskarbasepien en Topiramaat. Die rede hoekom hierdie middels nie saam met die Pil gedrink moet word nie, is omdat dit die effektiwiteit van die Pil verminder.

Valproaat, Lamotrigine, Gabapentin en Leviterasetam. Die rede dat hierdie middels veilig is om saam met die Pil te drink, is omdat dit nie inmeng met die pil se metabolisme nie.

  1. Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Daar is individuele variasie t.o.v. absorpsie en metabolisme van die middels.

  • Neonate: baie stadiger metabolisme en opruiming.
  • Babas en kinders: Metabolismes is vinniger as by volwassenes. Daarom kan dosisse verhoog word
  • Bejaardes: Lewer en nier funksie vind nie meer optimaal plaasvind nie en lui dus tot stadige metabolisme en ensiem aktiwiteit wat dan veroorsaak dat daar laer dosisse toegedien moet word.

  1. In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
  • By bejaarde pasiente
  • Indien die geneesmiddel nie effektief is nie.
  • Om te kyk vir enige newe-effekte.
  • By neonate indien nodig.
  • By moontlike geneesmiddelinteraksies
  • Lewersiektes
  • Valporaat met die gebruik van fenitoïen, fenobarbitoon en lamotrogien
  • Tydens swangerskap
  • Chroniese nierversaking
  • Hipoalbumienemie
  • Verplasende geneesmiddels
  • HIV-pasiënte

#BLOG 6

7 Mar 2021, 16:34 Publicly Viewable
  1. Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

Mikrosomale etanol oksidasie (MEOS) aktiwiteit verhoog met die chroniese gebruik van alkohol en kan geïnduseer word en dit is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie teenoor alkohol.

  1. Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
    • Daars ʼn progressiewe verlaging in lewerfunksie, hepatitis & sirrose kan plaasvind.
    • Beskadiging van die lewerfunksie is erger by vrouens as mans.
    • Daar is ʼn verlaging in glukoneogenese wat aanduiding gee tot hipoglukemie en vetakkumulasie, nutriëntgebreke dra ook by tot die bogenoemde.
    • Daar is verhoogte aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme.

  1. Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Dit is die sindroom wat gepaard gaan met neurologiese skade aan die onderste gedeelte van die brein, thalamus en hipotalamus. Hierdie sindroom kan ontstaan deur die tekort van tiamien- Vitamien B1. Die sindroom veroorsaak chroniese geheue steernisse. Simptome van die Wernicke-Korsakoff-sindroom is: Verwarring, paralise van gesigspiere en  ataksie.

Parenterale tiamien kan toegedien word om permanente breinskade te voorkom.

  1. Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Dit is die sindroom wat voorkom by ʼn baba van ʼn ma tydens die chroniese alkoholgebruik van die ma gedurende haar swangerskap. Die fetus in die uterus was heeltyd blootgestel aan die alkohol. Teratogeniese effekte kom voor by hierdie sindroom. Die sindroom sluit seker kenmerke in soos: verstandelike vertraging, mikrokefalie, groeigebreke, karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigarea.

  1. Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

By chroniese alkoholgebruik verhoog metaboliese transformasie van ander geneesmiddels waarby akute alkoholgebruik is daar ʼn verlaagde metabolisme van middels, bv. Fenotiasiene, TAD’e e.a. sedatief-hipnotika middels.

  1. Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
  1. Parasetamol
  2. Bloeddruk verlagende middels
  3. Vasodilatore
  4. Hipoglisemiese middels.

#BLOG 5

7 Mar 2021, 15:06 Publicly Viewable
  1. Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol ondergaan zero-orde kinetika. Etanol word vining deur die liggaam geabsorbeer en versprei. Wanneer ʼn persoon vastend is sal die alkohol binne 30 minute die piek bloed alkohol konsentrasie (BAC) bereik. Volume van distribusie speel ook ʼn rol in die verspreiding van die alkohol in die liggaam. Die konsentrasie van alkohol in die SSS styg baie vining, omdat die SSS voorsien word met baie bloed en dus sal daar met aanhoudende inname van alkohol ʼn toename in die BAC wees.

  1. Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Etanol ondergaan metabolisme in die liggaam. Hierdie metabolsime vind plaas deur twee ensiem sisteme nl. 1. Alkoholdehidrogenase en 2. Mikrosomale etanol oksidasie(MEOS).

By alkoholdehidrogenase is daar ʼn beperkte hoeveelheid ko-ensiem NAD en dit veroorsaak dus dat daar ʼn zero-orde kinetika dan plaasvind. Dit beteken dat ongeag hoeveel ingeneem word, dat die tempo van die afbraak konstant gaan bly. Dit is belangrik om te weet dat daar dan met alkoholdehidrogenase lae en matige hoeveelhede ingeneem moet word.

By MEOS verhoog die aktiwiteit deur chroniese gebruik, en dit is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie.

Albei 1 en 2 maak die eind produk : Asetaldehied wat verdure metabolisme ondergaan.

  1. Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
  • Disulfiram
  • Metronidasool
  • Hipoglisemiese geneesmiddels
  • Kefalosporiene.

Hierdie geneesmiddels onderdruk aldehied dehidrogenase met die gevolg dat die asetaldehied ophoop en nie gemetaboliseer word nie. Opeenhoping van asetaldehied lei tot naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duiseligheid.