Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

CHRISTINE STEYN

Default profile image
----------

Blog #13

01 Jun 2021, 23:15 Publicly Viewable

Wat is pyn en wat veroorsaak dit?

Onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassossieer met werklike / potensiële weefselskade. Die persepsie van pyn word beïnvloed deur die pasiënt se gemoedstoestand,moral / moed en die betekeniswat die pyn vir die pasiënt het.  Verder kan pyn ook kan verdeel in akute en chroniese pyn. 

Akute pyn verwys na nosiseptiewe pyn wat verdeel kan word in somatiese (vel, been, gewrig, spier, bindweefsel) en viserale pyn (intestinale, organe).  Chroniese pyn verwys na funksionele en neuropatiese pyn.  Funksionele pyn sluit in fibromialgie, IBS, spanningstipe hoofpyn en neuropatiese pyn verwys na senuweeskade, postherpetiese neuralgie en diabetiese neuropatie.

Hoekom ervaar mense pyn verskillend?

Elke persoon interpreteer en moduleer pyn verskillend.  Dit hang af van die breinsturktuur self en hoe elkeen se sensoriese reseptore (nosiseptore) reageer wanneer die reseptore ‘n onaangename stimuli ervaar.

Belangrike beginsels van pynhantering en verwysing

Die hantering van pyn berus op die volgende:

  • Oorsake van die pyn;
  • Waar die pyn geleë is;
  • Hoe intens die pyn is;
  • Die tipe pyn – skerp, tintelend, dowwe pyn;
  • Is die pyn aanhoudend, kom-en-gaan;
  • Watter aktiwitieite maak pyn erger / verbeter;
  • Huidige medikasie - pynverligting
  • Watter impak het die pyn op lewenstyl – kwaliteit van slaap / verlies van aptyt.

Wat is pyn en wat veroorsaak dit?

Onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassossieer met werklike / potensiële weefselskade. Die persepsie van pyn word beïnvloed deur die pasiënt se gemoedstoestand,moral / moed en die betekeniswat die pyn vir die pasiënt het.  Verder kan pyn ook kan verdeel in akute en chroniese pyn. 

Akute pyn verwys na nosiseptiewe pyn wat verdeel kan word in somatiese (vel, been, gewrig, spier, bindweefsel) en viserale pyn (intestinale, organe).  Chroniese pyn verwys na funksionele en neuropatiese pyn.  Funksionele pyn sluit in fibromialgie, IBS, spanningstipe hoofpyn en neuropatiese pyn verwys na senuweeskade, postherpetiese neuralgie en diabetiese neuropatie.

Hoekom ervaar mense pyn verskillend?

Elke persoon interpreteer en moduleer pyn verskillend.  Dit hang af van die breinsturktuur self en hoe elkeen se sensoriese reseptore (nosiseptore) reageer wanneer die reseptore ‘n onaangename stimuli ervaar.

Belangrike beginsels van pynhantering en verwysing

Die hantering van pyn berus op die volgende:

  • Oorsake van die pyn;
  • Waar die pyn geleë is;
  • Hoe intens die pyn is;
  • Die tipe pyn – skerp, tintelend, dowwe pyn;
  • Is die pyn aanhoudend, kom-en-gaan;
  • Watter aktiwitieite maak pyn erger / verbeter;
  • Huidige medikasie - pynverligting
  • Watter impak het die pyn op lewenstyl – kwaliteit van slaap / verlies van aptyt.

Blog #12

18 May 2021, 21:22 Publicly Viewable

Klassifikasie van middels wat as antidepressante gebruik word

Klassifikasie

Geneesmiddel

1.

Trisikliese antidepressante (TAD)

Tersiêre:

Amitriptillien, Imipramien, Trimipramien, Chloorimipramien, Dotiëpien, Butriptilien

Sekondêre:

Notriptilien, Desimipramien, Lofepramien, Amoksapien, Maprotilien

2.

Mono-amienoksidase inhibeerders (MAO-i)

Tranielsipromien

Moklobemied

3.

Selektiewe serotonien heropname remmers (SSRI’s)

Fluoksetien, Paroksetien, Fluvoksamien, Sertralien, Sitalopram, Esitalopram

4.

Serotonien & noradrenalien heropname remmers (SNRI’s)

Venlafaksien, Duloxetien

5.

Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI’s)

Reboksetien

6.

Tetrasikliese antidepressante

Unisikliese antidepressante

Mianserien, Mirtasepien

Bupropion

7.

Serotonien reseptor-moduleerders

Trasodoon, Vortioksetien

8.

Sirkadiese ritmereguleerders

Agomelatien

Wat het hierdie middels se werkingsmeganismes in gemeen?

Hierdie middels verhoog serotonien en noradrenalien konsentrasies by sentrale sinapse deur op te tree as heropname remmers, afbraakremmers en blokkade van presinaptiese alfa-2 reseptore.

Hoe lank neem dit vir hierdie middels se werkingsmeganismes om te verskyn?

14 – 21 dae, a.g.v. die tyd wat dit neem vir serotonien om ‘n effek te toon.

Verskil tussen TAD’e en SSRI’s

TAD’e

SSRI’s

Effektiwiteit

Benodig op titrasie tot minimum effektiewe dosis

Kan dadelik begin met volle dosis

Newe-effekte

Anit-cholinergiese newe-effekte

Toksisiteit: Sedasie, tremore, insomnia, ortostatiese hipotensie, disritmieë, psigose, konvulsies, massatoename, seksuele steurnisse

Insomnia, EPS, verlaagde libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, ontrekkingsindroom

Veiligheid

Verhoogde risiko vir oordosering – fetaal.

Veiliger in akute oordosering, nie sederend nie, maar kan moontlik gewigsverlies veroorsaak

Meganisme van werking van mirtasepien:

Mirtasepien is ‘n tetrasikliese, noradrenalien en spesifieke serotonien antidepressant.  Dit blok alfa-2 reseptore, 5-HT2A, 5-HT3, H1 en alfa-1 reseptore.

Meganisme van werking van venlafaksien:

Blokkeer beide 5-HT en NA heropname, maar is meer potent vir 5-HT as vir NA.

Meganisme van werking van agomelatien:

Primêre agonis op melatonien (MT-1 en MT-2), antagoneer 5-HT2C en veroorsaak disinhibisie van dopamien en noradrenalien vrystelling.  Dus verhoog dit dopamien en noradrenalien-vrystelling.

Blog #13

29 Apr 2021, 22:19 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganisme van litium

Litium beïnvloed die cAMP, IP3 en DAG 2de boodskappersisteme deur verskeie ensieme wat belangrik is vir die omskakeling en hersirkulasie van die mebraanfosoinositiede te verminder.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Litium het ‘n baie klein terapeutiese indeks (TI = 0.5 – 1.5 mM).  Indien dit meer as 2 mM is kan dit toksies wees.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium word gebruik as enkelmiddel in die profilaktiese behandeling van maniese episodes, sowel as die behandeling van akute maniese episodes.  Dit word dus gebruik vir die behandeling van bipolêre steurnis.  Litium kan gekombineer word met antidepressante as ‘n gemoedstabiliseerder.

Noem 3 kliniese betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  1. Verhoogde renale uitskeiding en dus verlaagde effektiwiteit wanneer in kombinasie met teensuurmiddels (natriumbikarbonaat), teofillien en kafeïen gebruik word.
  2. Verhoogde toksisiteit wanneer in kombinasie gebruik word met diuretika (tiasiede), NSAIM’s, ACE inhibeerders en fluoksetien.  Dehidrasie kan ook lei tot verhoogde litium-vlakke.
  3. Neurotoksies kombinasies met karbamasepien, klasium-blokkers, losartan, metieldopa, metrondiasool en fenitoïen.

Noem die belangrikse newe-effekte van litium

  1. Tremore, sedasie, ataksie, afasie
  2. Spierswakheid, moegheid
  3. Polidipsie, poliurie, nokturie
  4. Nefrogene diabetes insipidus
  5. Tiroïedvergroting
  6. Leukositoses
  7. Edeem
  8. Massatoename
  9. Aknee, alopesie
  10. Seksuele disfunksie

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Kategorie D middel – litium toediening word geassossieer met aangebore kardiovaskulêre abnormaliteite, maar wanneer die voordeel-risiko assessering gedoen is kan behandeling voortgesit word. Kategorie D verwys ook na lewensbedreigende situasies en dus moet litium met versigtigheid hanteer word in swanger vrouens. Litium word deur borsmelk uitgeskei, en dus word borsvoeding nie aanbeveel nie.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium

  1. Huntington se siekte
  2. Behandeling van weerstandige en herhalende (unipolêre) depressie
  3. Aggresiewe of “self-mutilating behaviour”

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

 Haar newe-effekte soos massatoename, moegheid, bewerig en naarheid kan moontlik toegeskryf word aan litimium tokisisiteit.  Die NSAIM wat sy gebruik kan bydra tot verlaagde renale uitskeiding van litium, wat kan bydra tot toksiese-vlakke.  Sy gebruik ook ‘n diuretikum wat verhoogde litium herabsorpsie kan veroorsaak.  Haar dosis kan verlaag word na een keer per dag, saans, omdat haar plasmavlakke moontlik gestabiliseer het by 0.8 mmol/L.

Blog #11

29 Apr 2021, 11:00 Publicly Viewable

1.  Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe-effekte?

Alifaties:  Chloorpromasien

Piperidien:  Perisiasien

Piperasien:  Flufenasien

Alifaties en piperidienverbindings:

Hierdie middels het ‘n lae potensie, met min EPS

Hul newe-effekte sluit in erge sedasie, anticholinergiese effekte (hardlywigheid, urine retensie, droë mond, ens), posturale hipotensie en kan moontlik kardiotoksies wees.

Piperasienderivate:

Hoër potensie met meer EPS en hierdie middels se newe-effekte is ook minder as alifatiese en piperidienverbindings.

2.  Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Blok primêr mesolimbiese DA2-reseptore, maar kan ook multipotente kompeterende antagoniste wees, en DA-, M-, alfa-, histamien- en serotonienreseptore blok.

3.  Hoe verskil die werkingsmeganisme van atipiese middels van die van die tipiese middels?

Die atipiese middels het ‘n hoër affiniteit vir 5-HT reseptore en blokkeer 5-HT2a reseptore of dien as inverse agoniste op 5-HT2a en 5-HT2c meer as vir DA2-reseptore.  Tipiese middels blokkeer primêr DA2-reseptore.

4.  Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe-effekte?

DA3-reseptore

5.  Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Piperasienderivate soos Flufenasien, perfenasien, trifluoperasien en prochloorperasien.

Butirofenone soos haloperidol.

Rede: EPS word veroorsaak deur dopamien wat geblok word of wanneer dopamienstore uitgeput word in die basale ganglia.  Die verlies van dopamien boots die idiopatiese patologie van die ekstrapiramidale sisteem na.

6.  Agv watter reseptroblokkade het die alifiatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe-effekte?

Cholinergiese-reseptore wat geblok word veroorsaak ‘n hoër insidensie van outonome newe-effekte.

Blog #9

21 Mar 2021, 14:48 Publicly Viewable
  1.  Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

Gemielineerde vesels met ongemielineerde vesels?

Kleiner en gemielineerde veseks word makliker geblok as groter en ongemielineerde vesels.

  1. Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei?

Geaktiveerde pynvesels word vinniger gevuur en pynsensasie word selektief geblok deur LA, terwyl vesels in die middel van die dik senuweebondel word stadiger geblok as die aan die buitekant van die bondel.

  1. Lys van effekte van LA op ander weefsel

KVS:  LA blok natrium-kanale in die hart met die doel om die aksie potensiaal te verkort en die refraktere periode te verleng.  Dit sluit in klas-1 anti-aritmiese middels in.

Skeletspier:  Geen kliniese toepassing nie, omdat dit ‘n swak blokkerende effek uitoefen

Kokaien:  Verhoog gemoedstoestand en inhibeer noradrenalien heropname, vasokonstriksie

  1. Waarop berus die keuse van LA?

Die keuse berus op die tipe prosedure wat gedoen word, die tipe weefsel waarop die prosedure op uitgevoer word e nook hoe lank die prosedure gaan wees.

  1. Waarom word oplossings soms met CO2 versadig?

CO2 potensieer die werking van LA deur die:

  1. Direkte onderdukkende effekt van CO2 op die akson
  2. Konsentreer LA binne in die senuweebondel
  3. Omskakeling van LA na aktiewe katioon

  1. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

Bensokaien

Kokaien

Oksibuprokaien

Blog #8

21 Mar 2021, 14:41 Publicly Viewable

1.  Belangrikste effekte

Halotaan

Enfluraan

Isofluraan

Desfluraan

Sevofluraan

N2O

SSS

Vinnige, gladde induksie

á serebrale bloevloei

á intrakraniale druk

Vinnige, gladde induksie

Vinniger induskie

Nog vinniger induksie

á serebrale bloedvloei

á intrakraniale druk

Swak anasteties

Potente analgetikum

Potente amnesie

KVS

â bloeddruk

Nie sensitisering van miokardium

Minder bloeddruk â

Nog minder bloeddruk â

Nie sensitisering van miokardium

Minder bloeddruk verlaging

Geen effek

Respiratories

Nie speeksel-brongiale sekresie

Nie hoes nie

Nie irreterend

Bied meer verligting as halotaan

Potente onderdrukkende effek

Versterk agv potente skeletspier-

Verslappende effek

Irriterende effek agv skerp reuk

Veroorsaak hoes, asemnood & laringospasma

Minder irriterend op lugweg

Hipoksie

Lewer

Hepatotoksies

Word deur lewer gemetaboliseer

Uterus

â spierkontraksie

Veroorsaak eksterne draaiing van baba

Uitsondering

Kan aanleiding gee tot aritmie

Kan konvulsies presenteer

Nie gegee vir pasiënte wat spontaan moet asemhaal nie

Geen skeletspier-verslappende

effek

2.  Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels

  • Nefrotoksisiteit
  • Hematotoksisiteit
  • Maligne hypertermie
  • Hepatotoksisiteit

Blog #7

10 Mar 2021, 21:47 Publicly Viewable

Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? 

  • Lamotrigine
  • Topiramaat
  • Okskarbasepien
  • Karbamasepien
  • Fenobarbitoon
  • Fenitoïen

Interaksie van anti-epileptiese middels met orale kontrasepsie middels kan lei tot ‘n afname in die serum-konsentrasie vlakke van die kontrasepsie middels en dit kan ‘n onbeplannede swangerskap veroorsaak, sowel as deurbraak bloeding.  Orale kontrasepsie middels kan ‘n afname in die beheer van toevalle en toksisiteit veroorsaak.

Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

  • Vigabatrin
  • Leviterasetam
  • Gabapentin
  • Pregabalin

Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed?

Neonate:

Middels word stadiger gemetaboliseer.

Baba’s en kinders:

Middels word vinniger gemetaboliseer in vergelyking met volwassenes.

Bejaardes:

Middels word stadiger gemetaboliseer en moet dus laer dosisse ontvang.

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

  • Om te monitor vir enige newe-effekte
  • Wanneer die die hoeveelheid toevalle / konvulsies nie afneem nie
  • Tydens swangerskap
  • Bejaarde pasiënte
  • Moontlike geneesmiddel interaksies
  • Om moontlike aanpassings te maak ten opsigte van pasiënt se dosis

Blog #6

07 Mar 2021, 12:20 Publicly Viewable

Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

Chroniese gebruik van alkohol kan MEOS induseer sowel as die aktiwiteite verhoog van MEOS.  Dit is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie.  Chroniese alkohol gebruik veroorsaak ook dat die SSS aanpassings moet maak, en metabolisme word so verhoog omdat ‘n hoër dosis alkohol ingeneem moet word om dieselfde effek te kry. Hierdie dra by tot toleransie en afhanklikheid.

Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewe en lewermetabolisme?

Die lewer is die belangrikste orgaan wanneer dit kom by die metabolisme van alkohol.  Chroniese gebruik lei tot progressiewe verlaging in lewerfunksie, hepatitis en sirrose.  Glukoneogenese word ook onderdruk, wat hipoglukemie en vetakkumulasie kan veroorsaak.  Dit veroorsaak dan dat daar nutriëntgebreke voorkom, wat opsigself weer bydra tot verminderde glukoneogenese.  Chroniese alkoholgebruik verhoog verder ook die aktiwiteite van lewermikrosomale ensieme.

Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Dit is ‘n neurologiese effek van chroniese alkohol gebruik.  Perifere neuropatie ontstaan as gevolg van ‘n tiamien (Vitamine-B1-tekort) wat ataksie, verwarring en paraliese van gesigspiere veroorsaak.  Dit kan as volg verdeel word:

  • Wernicke enkefalopatie:  Dui op die paraliese van gesigspiere en distale parestesie van hande en voete.
  • Korsakoff se psigose:  Dui op demensie en geheueverlies

Behandeling:  Parenterale tiamien word toegedien om permanente breinskade te voorkom.

Wat is fetale alkoholsindroom? 

Die inname van chroniese alkohol tydens swangerskap wat geassosieer word met teratogeniese effekte. Fetale alkoholsindroom word veroorsaak deur etanol wat die plasenta oorkruis en die fetus bereik.  Die lewer van die fetus het baie min alkoholdehidrogenase aktiwiteite en kan dus nie die etanol genoegsaam metaboliseer nie.

Karaktereienskappe van fetale alkoholsindroom sluit in intrauteriene groei vertragings, mikrokefalie, swak koördinasie, karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigsarea (gesig het ‘n platter voorkoms) en geringe gewrigsafwykings.  Hartdefekte en verstandelike vertraging kan ook in erge gevalle voorkom.

Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Chroniese alkohol inname verhoog die metabolisme transformasie van ander geneesmiddels, terwyl akute inname verlaag die metabolisme van middels.

Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.

  • Parasetamol
  • Hipoglisemiese geneesmiddels
  • Aspirien
  • Vasodilatore

 

Bron:

Brand, L. 2021. Alcohols. Study unit 3 [PowerPoint Presentation]. Unpublished lecture notes on eFundi, FKLG312. Potchefstroom: NWU.

Blog #5

07 Mar 2021, 10:50 Publicly Viewable

Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol ondergaan zero-order kinetika.  Daar is ‘n beperkte hoeveelheid NAD ko-ensieme in die liggaam teenwoordig, wat dan maak dat die alkpholdehidrogenase ensiemsisteem versadigbaar is. Hierna sal tokisiese / newe-effekte intree.

Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme

Alkohol (etanol) word deur twee ensiemsisteme gemetaboliseer:

1.  Alkoholdehidrogenase sisteem:

Hierdie ensiemsisteem is primêre verantwoordelik vir die metabolisme van etanol, en vind plaas met ‘n lae tot matige inname van alkohol.  Ongeag die hoeveelheid wat ingeneem word, bly die tempo van afbraak konstant.

2.  MEOS:
Die gemengde funksie oksidasie sisteem tree in met hoë konsentrasies (meer as 100 mg/dL) inname van alkohol, gewoonlik wanneer alkohol chronies ingeneem word.  Dit induseer MEOS en aktiwiteite verhoog, wat dus sal bydra tot alkohol toleransie.

Beide hierdie ensiemsisteme metaboliseer etanol na asetaldehied, waarna dit omgeskakel word na asetaat deur middel van aldehied dehydrogenase.

Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

Geneesmiddels soos disulfiram, metronidasool, hipoglisemiese geneesmiddels en kefalosporiene verhoed dat aldehied dehydrogenase asetaldehied omskakel na asetaat toe.  Opeenhoping van asetaldehied veroorsaak simptome soos naarheid, braking hoofpyn, hartkloppings, blosing en duisligheid.

Bron:

Brand, L. 2021. Alcohols. Study unit 3 [PowerPoint Presentation]. Unpublished lecture notes on eFundi, FKLG312. Potchefstroom: NWU.

Blog #4

02 Mar 2021, 16:19 Publicly Viewable

Planaardige en/of natuurlike preparate wat moontlik anksiolities en/of sedatief-hipnotiese effekte het

Hierdie middels word dikwels as alternatief voorgeskryf, veral omdat middels, soos bensodiasepie (wat chronies gebruik word) langtermyn newe-effekte toon.  Plantaardige en/of natuurlike preparate wat gebruik kan word:

Anksiolitika

Plantaardige / natuurlike preparate

Meganisme van werking

Gardeniae fructus

Gedeeltelike verligting van angs

Totukola

Centalla asiatica

Valerian

Valeriana officinalis

Aktiveer glutamaatsuur dekarboksilase (GAD) wat die omskakeling van glutamaat na GABA verhoed

German chamomile

Matricaria recutita

Hops

Humulus lupulus

Inhibeer ensiematiese aktiwiteite van GAD

Llemon balm

Melissa officinalis

Verhoog vlakke van GABA

Morinda citrifolia

GABA reseptor agonis

Sanjoinine A

Aktiveer chloriedioon-kanale en GABA-bensodiasepien reseptore

Ginkgo

Stabiliseer gemoed en versterk kognetiewe funksie

St. John’s Wort

Hypericum perforatum 

Verhoed dat die brein neurotransmitters soos serotonien, GABA en dopamine opgebruik.

Kava-kava

Piper methysticum

Het dieselfde effek as alkohol op jou brein, en help dus dat jy ontspanne, rustig en kalm voel

Lavender oil

Lavandula angustifolia

Potensieer GABAa-reseptore, verhoed glutamaat binding in brein

Sedatief-hipnotika

Valerian and valerenic acid

Valeriana officinalis L., Valerianaceae

Aktiveer –Ht5a reseptore

Saffron

Crocus sativus L

Bevat chemikalieë wat gemoed verander, teen hoë dosisse verhoog hoeveelheid slaap

Passionflower

Passifloraincanata

Bind aan GABA-A-reseptore, verhoog Slow-Wave-State (SWS) tydens slaap

California poppy

Eschscholzia californica

Bind aan 5-HT1a en 5-HT7 reseptore

Scullcap

Scutellaria lateriflora

Tree op as GABA agonis

Magnesium

Tree op as GABA agonise n help dat monoamiene heg aan reseptore

Melatonin

Reguleer wakker-slaap-siklus, verhoog REM,behandeling vir insomnia by pasiënte wat beta-blokkers gebruik

Bron:

Liua, L., Liua, C., Wanga, Y., Wang, P., Li, Y. & Lia, B.  2015.  Herbal medicine for anxiety, depression and insomnia.  Current Neuropharmacology, 13(4): 481-493.

Katzung, B.G., 2018. Basic & Clinical Pharmacology. 14th ed. United States of America: McGraw-Hill Education.