Content begins here

Blogs

Help Opens in a new window

DALEEN LE ROUX

Default profile image
----------

Blog #10

10 May 2021, 18:39 Publicly Viewable

Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Dopaminergiese middels (verhoog dopamien vlakke) en Anticholinergiese middels (verlaag cholinergiese aktiwiteit)

Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Amantadien is ‘n NMDA antagonis.  Dit verhoog die vrystelling en sintese van dopamien en dit blokkeer die heropname van dopamien.  Hierdeur verbeter dit die rigiditeit, tremore en bradikinese.

Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Selektiewe MAO-B remmers verhoog dopamien vlakke, omdat MAO-B inhibeer word, dus word verlaag dit dopamien heropname.

Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivate – Broomkriptien

Nie-ergotderivate – Pramipexole

                                Ropinirole

Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

Broomkriptien – Gedeeltelike agonis op D2 reseptore

Pramipexole – D3 reseptore

Ropinirole – D2 reseptore

Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Selektiewe MAO-B Remmers – Selegilien & Rasagilien

Dit vertraag die progressie van die siekte.

Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Dit inhibeer die MAO-B ensieme wat dopamien metaboliseer, dus verhoog die dopamien konsentrasie in die sentrale senuweestelsel.  Dit is ook neuronbeskermende middels.

Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

COMT-remmers inhibeer COMT ensieme wat l-dopa metaboliseer na 3OMD toe.  3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse, dus as daar minder 3OMD is, verleng l-dopa se werkingsduur en biobeskikbaarheid.

Hoe werk Istradefilien?

Istradefilien is ‘n Adenosien A2A antagonis.  Adenosien inhibeer D2 funksie en meng in met GABA vrystelling.

Bespreek die werkingsmeganisme van safinamie

Word gebruik om dopamien aktiwiteit te verhoog.  Dit is ‘n sterk, omkeerbare inhibeerder van MAO-B ensieme.  Safinamied inhibeer ook dopamien heropname en verlaag glutamaat vrystelling.

Blog #9

17 Apr 2021, 12:14 Publicly Viewable

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Kleiner gemiëlineerde vesels word makliker geblokkeer as groter ongemiëlineerde vesels, omdat hulle minder sensitief is vir die blokade deur die LA.

  • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Geaktiveerde pynvesels vuur vinniger, dusk an pynsensasie voorkom of dit selektief geblokkeer word deur LA.  Senuwees wat geleë is in die middel van ‘n dik senuweebundel, word stadiger geblokkeer as die senuwee in die buitekant van die bundel, want die buitenste senuwee word vinniger blootgestel aan hoër konsentrasies van die anestetika.

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart – Klas 1 anti-aritmiese middels en kan lei tot kardiale depressie.
  • Skeletspier – het ‘n swak blokkerende effek op skeletspier, maar het geen kliniese toepassings nie.

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

Keuse van LA berus op:

  • Die tipe prosedure wat uitgevoer word.
  • Die tipe weefsel waarop die LA gebruik wil word.
  • Die werkingsduur van die LA.

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Dit sal die LA se aanvang van werking versnel.

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Bensokaïen
  • Kokaïen
  • Oksibuprokaïen

Blog #8

1 Apr 2021, 10:34 Publicly Viewable

Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.  Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.

N2O

Halotaan

Enfluraan

Isoflurane

Desflurane

Sevoflurane

SSS

Swak anestetikum

Potente analgetikum

Amnesia

Vinnige gladde induksie, stadium II afwesig

­ serebrale bloedvloei

­ intrakraniale druk

Vinnige gladdespier induksie

Soms konvulsies

Nie epilepitici nie

Vinniger induksie en herstel as met Halotaan

Nog vinniger induksie en herstel as isofluraan

­ serebrale bloedvloei

­ Intrakraniale druk

-

KVS

Geen effek

¯BD

Miokardium is gesensitiseerd vir die aritmogene effekte van katesjolamiene

Geen sensitisasie van die miokardium nie

Minder onderdrukkend as halotaan

Minder ¯ as halotaan en enfluraan

Geen sensitisasie van die miokardium nie

Minder ¯ as halotaan en enflurane

-

Respirasie

Suiwer – veroorsaak hipoksie (meng altyd met O2)

¯O2 druk

Geen saliva, brongiale sekresies of hoes

Meer onderdrukkend as Halotaan

Potente ¯ effekte

Versterk agv potente skeletspierverslappende effek

Sterk reuk

Irriterend op lugweg

As induksiemiddel – hoes

Kortasem en laringospasma

Minder irritasie as desfluraan

Lewer

Hepatotoksies (raar en onvoorspelbaar)

Uterus

¯ Spierkontraksies

Uitsonderings

Geen skeletspierverslappende effek

Nie vir pasiënte wat spontaan moet asemhaal nie.

Nie as induksie nie – agv effek op respirasie

Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels

Akute tokisiteit:

  • Nefrotoksisiteit
  • Hematoksisiteit
  • Maligne hipertermie
  • Hepatotoksisiteit

Chroniese toksisiteit:

  • Mutagenisiteits effekte
  • Teratogenisiteitseffekte
  • Reproduktiewe effekte
  • Karsinogeniteit

Blog #7

30 Mar 2021, 10:20 Publicly Viewable

Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Fenobarbitoon, Fenitoïen, Karbamasepien, Okskarbasepien en Topiramaat beïnvloed die metabolisme van die Pil, dus verlaag dit die Pil se effektiwiteit.  Bykomende geboortebeperkingsmaatreëls of hoër dosisse orale kontrasepsie kan nodig wees.

Valproaat, Lamotrigine, Gabapentin, Leviterasetam en Vigabatrin is veilig om saam met die Pil te gee.

Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Neonate metaboliseer die middels stadiger as wat kinders en volwassenes kan, maar babas en kinders kan weer die middels vinniger metaboliseer as wat volwassenes kan.  Bejaardes ontvang laer dosisse omdat die metabolisme nie meer so vinnig is nie.

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

In gevalle waar proteïenbinding plaasvind is plasmabloedvlakmonitering nodig.  Wanneer toestande, soos chroniese nierversaking, lewersiektes, hipoalbumienemie, brandwonde, swangerskap, wanvoeding en ouderdom, voorkom is dit ook nodig om bloedvlakmonitering toe te pas.

Geneesmiddels met nou terapeutiese indeks benodig ook plasmabloedvlakmonitering.

Blog #6

12 Mar 2021, 13:38 Publicly Viewable

Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

MEOS aktiwiteit verhoog a.g.v. chroniese alkoholinname. 

Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

Chroniese alkohol gebruik veroorsaak progressiewe afname in lewerfunksie.  Dit veroorsaak ook lewersiektes soos hepatitis en sirrose.  Die effekte op die lewer is oor die algemeen erger by vrouens as by mans.  ‘n Toename in lewermikrosomale aktiwiteit word veroorsaak en daar word ook ‘n afname in glukoneogenese opgemerk.  Die opmerking word verger deur hipoglukemie, vetakkumulasie en nutriëntgebreke.

Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Wernicke-Korsakoff-sindroom in ‘n geheueversteuring wat geassosieer word met alkoholisme en wat veroorsaak word deur ‘n tekort aan vitamien B1.

Tiamien word gebruik om die sindroom te behandel.

Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Wanneer ‘n swanger vrou alkohol misbruik tydens haar swangerskap, kan die baba verskillende ontwikkelingsafwykings en kognitiewe tekortkominge hê a.g.v. ontwikkelende neurone wat beskadig word. 

Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Akute alkohol misbruik veroorsaak ‘n verlaging in die metabolisme van middels bv. fenotiasiene, TAD’e en sedatief-hipnotika.

Chroniese alkohol misbruik lei tot verhoogde metabolisme van ander geneesmiddels, omdat Cyt P450 geinduseer word.

Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 

  • Vasodilatore
  • Hipoglisemiese middels
  • Verhoog antiplaatjiekleefbaarheidseffekte van aspirien
  • Verhoog SSS onderdukking wanneer gekombineer met sedatief-hipnotika

Blog #5

8 Mar 2021, 11:45 Publicly Viewable

Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol word volgend zero-orde kinetika in die liggaam gemetaboliseer in die alkoholdehidrogenase ensiemsisteem wanneer lae tot matige hoeveelhede alkohol ingeneem word.  Die ko-ensiem NAD metaboliseer slegs ‘n beperkte hoeveelheid alkohol.  Wanneer die NAD-ensiem versadig is, sal die effekte van die hoër inname van alkohol duideliker word, omdat die metabolisme nie sal toeneem wanneer daar ‘n toename in alkohol inname is nie.

Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Etanol word volgens twee ensiemsisteme gemetaboliseer.  Die sisteme is Alkoholdehidrogenase (zero-orde kinetika) en MEOS (gemengde funksie oksidase).  Die eindproduk van etanolmetabolisme is asetaldehied.

Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporien & Hipoglisemiese geneesmiddels.

Die geneesmiddels inhibeer Aldehied dehidrogenase, wat veroorsaak dat die persoon naarheid en blosende reaksies ervaar, selfs as is net ‘n klein hoeveelheid alkohol ingeneem.  Die reaksies word veroorsaak deur die akkumulasie van asetaldehied.

Blog #4

3 Mar 2021, 13:31 Publicly Viewable

Baie pasiënte verkies plantaardige- of natuurlike middels. Daar is verskeie middels wat angsiolitiese- en sedatief-hipnotiese uitwerkings het.

Angs:

  • Camomile
  • St. John’s Wort
  • Valerian root
  • Kava

Insomnia:

  • Camomile
  • Skullcap
  • Passiflora

Blog #3

3 Mar 2021, 13:00 Publicly Viewable

Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Die middels se vet oplosbaarheid of lipofiliteit bepaal hoe vinnig die geabsorbeer en versprei word.  Hoe hoër die middel se lipofiliteit is, hoe vinniger is die aanvang van werking.

Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistribusie is wanneer hoogs-lipied oplosbare middels versprei word na die brein, niere en hart, hierna word dit eers na die spiere en vette toe versprei word.

Dit veroorsaak vinnige aanvang van werking, asook ‘n korter werkingsduur.

Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.

Bensodiasepiene word volgens stappe gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme.

  1. Dealkilering
  2. Oksidasie
  3. Konjugasie – fase 2

Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?

Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en Ketasolam.

Dit veroorsaak ook ‘n verlenging in die werkingsduur van die middels.

Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?

Oksasepam, lorazepam, temazepam, lormetazepam.

Dit kan gebruik word in gevalle waar P450 ensiemremmers (bv. simetidien, ketokonasool, eritromisien en fluvoksamien) gebruik word, bejaardes en neonate kan die middels ontvang, asook pasiënte met lewersirrose kan die middel gebruik of ontvang.

Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie is wanneer ‘n molekule van die middel ‘n ensiem aktiveer.

Barbiturate, veral Fenobarbital.

Dit kan lei tot ‘n verhoging in  metabolisme en opruiming van die geneesmiddels.

Blog #2

2 Mar 2021, 18:21 Publicly Viewable

Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Anterograde amnesia is wanneer die pasiënt nie kan onthou wat gebeur het tydens die werkingsduur van die geneesmiddel nie.

Geneesmiddels soos midazolam, lorazepam en diazepam kan hierdie effek veroorsaak.

Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.

Dit verkort die tyd wat dit die pasiënt neem om aan die slaap te raak en verleng ook die pasiënt se slaaptyd as hy/sy gewoonlik minder as 6 ure slaap. 

Dit verkort die fase 4 NREM se tyd wat dit duur en verleng die fase 2 NREM.

Hierdie middels kan tot voordeel van die pasiënt wees omdat dit slegs ‘n klein onderdrukkende effek op REM slaap.

Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?

Midazolam, lorazepam & diazepam.

Dit kan anterograde amnesie veroorsaak (onvermoë om te onthou) en word additief as SSS onderdrukkers gebruik.

Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

Hoë dosisse Barbitorate en sekere bensodiasepiene soos diazepam en lorazepam word as anti-konvulsante gebruik.

Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

Inhibering van die polisinaptiese reflekse het ‘n spierverslappende effek.

Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels

Hoë dosisse van die sedatief-hipnotika kan lei tot medullêre depressie of dood.  Die respiratoriese- en kardiovaskulêre stelsels word in die medulla oblongata beheer, dus as dit oormatig onderdruk word kan dit negatiewe effekte hê.

Blog #1

23 Feb 2021, 15:05 Publicly Viewable
  1. Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?

Potensiaalbemiddelde- en Ligandbemiddelde ioonkanale.

  1. Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.

Potensiaalbemiddeld:

Ligandbemiddeld :

‘n Verandering in die sel se membraanpotensiaal veroorsaak dat die kanaal oop- of toemaak.

Wanneer die ligand (neurotransmitter) aan die ioonkanaal bind, maak die kanale oop of toe.

Sein word hierdeur vanaf die selligaam na die terminaal oorgedra.  G-proteïene word hiervoor gebruik.

Meer as een stof kan hierdeur beweeg deur gebruik te maak van ionotropiese reseptore.

Betrokke kanale: Na+-, K+- en Ca2+-kanale.

Sinaptiese transmissie  tussen neurone.

  1. Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.

Ionotropiese reseptore is verantwoordelik vir vinnige sinaptiese transmissie, waar metabotropiese reseptore se transmissie langer (kan minute duur) vat.

  1. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.

Ionotropies: GABAA

        Nikotinies

        EAA

        5-HT3

Metabotropies: Adenielsiklase stelsel

Fosfolipase C stelsel

  1. Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.

EPSP

IPSP

Verskil

Aktiverend en veroorsaak depolarisasie.

Inhiberend en veroorsaak hiperpolarisasie.

Voorbeeld

Asetielcholien

Glutamaat

Serotonien

g-amino bottersuur

  1. Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Wanneer depolarisasie plaasvind, vind ‘n influks van kalsium-ione plaas. As gevolg van die kalsium, word neurotransmitters vrygestel wat aan reseptore kan bind.