Content begins here
R BOON
Blog 14 LE 12.5
12 Jun 2021, 22:39
Watter verskillende groepe hallusinogeniese middels is bekend?
Hallusinogene word verdeel in die volgende groepe verdeel:
- Fensiklidien
- LSD
- Meskalien
- Psilosibien
- 5-HT2a agoniste
- Skopolamien
Noem ‘n paar tipiese effekte van die hallusinogeniese middels en beskryf die kliniese beeld van ‘n pasiënt wat dit ingeneem het?
- Psigose is algemeen.
- Belemmerde oordeelsvermoe wat lei tot roekelose gedrag
- By oordosis veroorsaak dit nystagmus, erge hipertensie, konvulsies wat fatal kan wees.
- Psigedeliese “mind revealing” effekte
- Ook somatise effekte soos naarheid, swakheid en parestesieë
- Paniekreaksie by “bad trips”
Hoe word ‘n oordosis met LSD hanteer?
LSD is n sedatief hipnotika. By n akute oordosis word die respiratoriese en kardiovaskulere stelsel onderdruk. Die behandeling is ondersteuning, Bensodiasepiene soos haloperidol, word gegee vir LSD oordosis. Flumazenil keer die bensodiasepien effek om.
Hoe word ‘n oordosis anticholinergiese middels hanteer?
Asetielcholinergiese inhibeerder soos physostigmine intaveneus of intramuskuler toe te dien. Dit is n ongelaaide tersiere amien en oorskrei die bloedbreinskans.
Blok #13 LE 12.2
12 Jun 2021, 08:58
Alkohol, wat doen dit regtig aan my liggaam?
Alkohol gebruik het baie toegeneem by minderjariges. Dit word gebruik vir verskeie redes soos om “cool” te wees of sosiaal te verkeer. Sommige mense drink dit vir ander redes soos streshantering of dit help jou om met sekere goed te “cope”. Maar hoe werk dit? Wat veroorsaak dat alkohol n persoon so goed laat voel? Dopamien is n chemiese substans in elke persoon se liggaam. Dit beheer hoe jy beweeg en wat jou emosionele respons is. Alkohol veroosaak n verhoging in die dopamien se aktiwiteit en laat jou goed voel. Alkohol veroorsaak ook n verhoging in die vrylating van endorfiene. Endorfiene verminder pyn en dit veroorsaak n goeie gevoel. Dit is die “aangeneme” van alkohol. Die onaangename gevoelings wat persone van alkohol kry is naarheid en braking, kopsere, moegheid en dors. Alkohol iriteer die maagwande wat veroorsaak dat jy naar voel. Die grootste problem met alcohol gebruik is die ongelukke wat gebeur wanneer mense nie helder dink nie of nie by hulle volle bewustheid is nie. Die langtermyn gebruik van alcohol kan die volgende gesondheids probleme veroorsaak: lewer siektes, pankreatitis, kardiovaskulere siektes hartsiektes) en selfs kanker. Die hoeveelheid alkohol wat jy kan inneem voordat jy dronk raak is afhangend van jou bloed alkohol konsentrasie vlakke. Tussen 1-2 drankies tas alreeds jou reaksie tyd aan en jy voel ontspanne. Jou oordeel word verminder by 3-4 drankies. Tussen 5-7 drankies veroorsaak vissie steurnisse en reaksie tyd word nog verminder, mense raak baie emosioneel hier. Tussen 8-10 drankies word jou spraak aangetas en meer as 10 kan jy jou bewustheid verloor. Hoeveel drankies is vir jou veilig om te drink? Studies het bewys dat mans wat 2 drankies elke aand drink en vrouens net 1 drankie n aand drink het sekere voordele. Maar julle mag eers as julle 18 is die teorie beproef. Wanneer mans meer as 14 drankies n week inneem word hy gesien as n swaar drinker en vrouens meer as 7 drankies n week. Alkoliste neem alkohol nogsteeds ten spite van die wet of gesondheidsprobleme. Die mense met alkolisme begin elke dag met n drankie. Wanneer jy weet jy het n alkohol problem moet jy n gesondheidswerker gaan sien, dit kan jou dokter of selfs apteker wees. Die persone kan jou verwys na n rehabilitasie sentrum of medisyne voorskryf wat sal help om die begeerte vir alcohol te verminder.
https://www.vox.com/2018/4/24/17242720/alcohol-health-risks-facts
https://www.medicalnewstoday.com/articles/305062#long-term-effects-
Blog #13 LE 11.1
10 Jun 2021, 21:31
Pyn is n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potentiele weefselskade. Pyn se intensieteit kan op n skaal van 1-10 gemeet word. Pyn word die beste gemeet aan wat die pasient se dit is. Elke persoon kan pyn anders ervaar. Wanneer n persoon seer kry word spesiale weefsel senuselle, genoem nosiseptors, geaktiveer en stuur seine na die rugmurg en dan na die brein. Die stimulu word deur die neurone en glia in die brein geprosesseer. Die stimuli word deur middel van elektriese seine van een deel van die brein na n ander deel gestuur. Pyn word deur n sensoriese weg na die korteks van die brein gestuur. Die deel van die brein besluit wat om met die pyn stimuli te doen. Motoriese netwerk word gestimuleer sowel as modulerende netwerk wat endorfien vrystel wat pyn verminder. Die sensitiwiteit van die brein vir die stimulasie bepaal hoe goed jy pyn hanteer of hoe goed jou brein endorfiene vrystel. Daar is dus varieering in die brein-pyn-sisteme. Matige pyn kan behandel word sonder n voorskrif. Vir erger pyn word opioiedanalgetika wat stimulasie van pyn verminder of endorfien vrystelling verhoog. Respiratoriese onderdrukking en afhanklikheidsvorming moet gemonitor word.
Blog #13 LE 9.5
10 Jun 2021, 20:10
Blog 13
Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Werkingsmeganisme: Li + ioon
Dit beïnvloed cAMP, IP3 & DAG 2e boodskappersisteme, lg deur onderdrukking van verskeie ensieme. Litium is belangrik in omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede. IP3 & DAG is belangrik in monoamien en cholinerge neurotransmissie.
Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
0.5 - 1.5 mM; >2 mM = toksies. Dit is belangrik om toksisiteit te voorkom maar steeds n effektiewe dosis te gee wat die uitwerking van belang sal gee.
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Litium word as enkelmiddel gebruik vir monoterapie vir bipolere versteuring.
By weerstandge skitsofrenie kan litium saam met 2 antipsigotiese middels gegee word.
Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
- Dehidrasie, diuretika (tiasiede), NSAIM’s, ACE I’s & fluoksetien ↑ Li+ vlakke, toksisiteit
- Teensuur middels (bv. Na-bikarbonaat), teofillien, kaffeïen ↑ renale uitskeiding van Li+ (verlaag effektiwiteit)
- Neurotoksies kombinasie met karbamasepien (sekere APM’s?), Ca2+ blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoïen
Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
Dit het n nou terapeutiese indeks en toksisiteit kan vining verkry word. Newe effekte by toksisiteit: Tremore, sedasie, ataksie, afasie
Spierswakheid, moegheid
Polidipsie, poliurie, nokturie
Nefrogene diabetes insipidus (Li+ meng in met nier se vermoë om uriene te konsentreer) Tiroïedvergroting
Leukositoses
Edeem
Massatoename
Aknee, alopesie
Seksuele disfunksie
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Litium moet nie gebruik word tydens borsvoefing nie. Dit word afgeskei in die borsmelk en word so deur die baba ingeneem.
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Bipolere versteuring
Depressive
Skitsofrenia
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Camcolit se aktiewe bestandeel is litium karbonaat.Die newe effekte van Camcolit is naarheid, diarree, versteurde vissie, polirie, lighoofdigheid, spierswakheid en lomerigheid.
Indocid bevat endometasien as aktiewe bestandeel. Indocid se newe-effekte is hoofpyn, duiseligheid, braking, diarree, konstipasie, irritasie van die rectum en “ringing” in die ore.
Die waterpille se newe effekte is n verhoging in urinering en natrium verlies. Ander newe effekte sluit in duiseligheid, kopseer, dehidrasie, spierspasmas, gout en impotensie.
Ek sal aanbeveel dat Me B. Polar die waterpille stop drink omdat die inmeng met haar behandeling. Die gebruik van litium saam die waterpille kan lei tot dehidrasie. Dus sal haar dors les. Die waterpille is nie noodsaaklik nie omdat sy dit net drink om gewig te verloor. Ek sal dus haar raad gee rondom n gesonde dieet sowel as fisiese aktiwiteit. Haar plasmavlakke vir litium is normal (Reikwydte:0,5-1,5). Endometasien is n NSAID en kan dus toksiese litium vlakke produdeer. Die gebruik Indocid moet dus nie lank gebuik word nie en bloedvlakke moet gemonitor wees.
Blog #12 Le 10.2
5 Jun 2021, 00:18
Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
- Trisikliese antidepressante (TAD)
Tersiere amiene: Amitriptillien, Imipramien, Trimipramien, Chloorimipramien, Dotiëpien, Butriptilien.
Sekondere amiene: Nortriptilien, Desimipramien, Lofepramien.
- Monoamienoksidase inhibeerders (MAOI): Omkeerbaar, non-selektief: Tranielsipromien. Onomkeerbaar, MAO-A selektief: Muklobemied.
- Selektiewe seretonien heropname inhibeerders (SSRI)
Fluoksetien
Paroksetien
Fluvoksamien
Sertraline
Sitalopram
Esitalopram
- Seretonien en nordrenalien heropnameremmers (SNRI): Venlafaksien, Duloxetien.
- Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI): Reboksetien.
- Tetrasikliese en unisikliese antidepressante: Mianserien en Mirtasepien.
Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Die middels verhoog Noradrenalien- en seretonien konsentrasie by sentrale sinapse deur: Heropname remming , afbraakremming en deur presinaptiese α2 outoreseptor te blokkeer.
Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
14 tot 21 dae of meer.
Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
Effektiwiteit:
TAD benodig titrasie tot effektiewe dosis
SSRI kan onmiddelike met volle en effektiewe dosis begin.
Newe-effekte:
TAD: Sedasie; Simpatomimeties: tremore, insomnia; anticholinerg: visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring ;KVS: ortostatiese hipotensie, disritmieë; Psigoses, presipiteer manie; Konvulsies; Metabolies-endokrien: massatoename, seksuele steurnisse.
SSRI: Beter newe-effek profile. Newe effekte sluit in: Insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, vermindering in libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), EPS en onttrekkingsindroom.
Veiligheid: Teratogeniese eienskappe aangemeld met die gebruik van TAD en SSRI by swangerskap.
TAD oordosis is baie gevaarlik. Tien keer die daaglikse dosis kan fatal wees. Dit kan agitasie, delirium, neuromuskulêre irriteerbaarheid, konvulsies, koma, respiratoriese onderdrukking, sirkulatoriese kollaps, hiperpireksie en disritmieë veroorsaak.
SSRI: Potensiele dodelike kombinasie indien dit saam met n MAOI gegee word. Sowel as hoë toksisiteit in kombiasie met TAD en Karbamasepien. Dit is veiliger in akute oordosis. SSRI word beter verdra by kinders of tieners en is veiliger in oordosis.
Hoe werk mirtasepien?
Dit blokkeer die inhibitoriese α2 reseptore wat beide NA (outoreseptore) & 5-HT vrystelling (heteroreseptore) bevorder. Indirekte stimulasie van 5-HT1A: angsiolities. Blokkade van 5-HT3: angsiolities, verminder naarheid. Blokkade van 5-HT2A: antidepressiewe effekte.
Hoe werk venlafaksien?
Is n SNRI. Dit blokkeer beide 5-HT en NA heropname, meer potent vir 5-HT as vir NA. Dit het n kort halfleeftyd. Dit het minder anticholinerge en kardiale newe effekte.
Hoe werk agomelatien?
MT1 en MT2 agonis en 5-HT2c antagonis. 5-HT2c-antagonisme veroorsaak disinhibisie van DA en NA vrystelling in frontale korteks dus vind DA en NA vrystelling plaas. Dit word deur die lewer gemetaboliseer en word dus gekontraindikeer by persone met lewerprobleme.
Blog#11
28 Apr 2021, 21:27
Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
Alifatiese syketting: chloorpromasien (Largactil®)
Piperidien syketting: perisiasien (Neulactil®)
Piperasien syketting: flufenasien (Modecate®), perfenasien, trifluoperasien, prochloorperasien
Alifatiese en piperidienverbindings het n n lae potensie en beskik oor die volgende newe effekte: erge sedasie, sterk anticholinergiese effekte, sterk a-litiese effekte(postural hipotensie) en is kardiotoksies.
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Mesolimbiese D2 reseptore
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Atipiese middels: Blokkeer 5-HT2A reseptore meer as D2.
Tipiese middels: Blokkeer mesolimbiese D2 reseptore.
Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
Blokkade van die mesolimbiese dopamien 2 reseptore.
Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Haloperidol. Dit het die hoogste affiniteit vir D2 reseptore.
A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
Dopamien 2 en muskariniese reseptorblokkade.
Blog#10
3 Apr 2021, 11:19
Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Geneesmiddels wat:
- Dopamien aktyiwiteit verhoog
- Cholinergiese aktiwiteit onderdruk
Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Dit is n metaffinoiede potensieerder van dopaminen. Amantadien verhoog Dopamien aktiwiteit indirek deur:
- Vrystelling van dopamien te verhoog
- Sintese van dopamien te verhoog
- Blokkeer heropname van dopamien (Adenosien A2 antagonis, inhibeer D2 reseptor funksie.
Amantadien is n NMDA antagonis (gee antidiskinetiese effekte) wat versteurde beweeglikheid antagoneer. Amantadien verbeter rigiditeit, tremore, en bradikinese, maar dit is slegs effektief vir n paar weke.
Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
- Amantadien (sien vorige vraag)
- Selektiewe MAO-B remmers: MAO-B is voorkeur substraat vir dopamien, dus veroorsaak MAO-B remmer dat dopamien nie aan die substraat bind nie en minder dopamien word afgebreek.
- Entakapoon: Dit is n COMT remmer, COMT metaboliser l-dopa na 3-O-metieldopa (onaktief). Die COMT remmer veroorsaak dus dat l-dopa se werkingsduur verleng word en meer dopamien gemetaboliseer kan word.
Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergotderivate |
Nie ergotderivate nie |
Broomkriptien |
Pramipexole |
|
Ropinirole |
Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
D2 agonis: Ropinirole
A2 antagonis: Amantadien (inhibeer D2 reseptorfunksie)
Afiniteit vir D3 reseptors: Pramipexole
Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
MAO-B remmers soos selegilien en rasagilien word as neurobeskermende middels beskou. Dit beteken dat dit die neurons beskerm of gespaar word. Die middels keer die afbraak van dopamien in die brein wat help om Parkinson se siekte te behandel.
Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
- MAO-B voorkeur vir dopamien substraat
- Dit verhoog dopamien konsentrasie in SSS
- Neurobeskermende middel.
- Word gekontra-idikeer met Petidien, tramadol, SSRI’s, OTC verkoue preparate, lewerdisfunksie.
Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
COMT metaboliseer l-dopa na 3-o-metieldopa (3OMD) wat n onaktiewe produk is. Vehoogde 3OMD swak terapeutiese respons met l-dopa. COMT-remmer verleng werkinsduur van l-dopa, verminder perifere metabolisme, verbeter biobeskikbaarheid.
Hoe werk Istradefilien?
Istradefilien word as addisionele terapie by l-dopa/karbidopa wat af-episodes ervaar. Dit is n adenosine A2a antagonis.
Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide.
Salfinamide het n nuwe tweeledige werkingsmeganisme. Dit verhoog dopamien aktiwiteit deur potent omkeerbare inhibisie van MAO-B end it inhibeer dopamien heropname. Dit verminder ook glutamaat vrystelling.
Blog#9
2 Apr 2021, 23:03
Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.
Gemielineerde vesels is kleiner en word makliker geblok as die groter ongemielineerde vesels
Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.
Geaktiveerde pynvesels vuur vinniger, pynsensasie selektief geblok deur LA. Dus druk/ tassenuwees reageer vinnigeras dorsale senuwee impulse. Vesels in die middel van dik senuweebundel stadiger geblok as die buitekant van die bundle.
Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.
•Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels
•Skeletspier: swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing
Waarop berus die keuse van ‘n LA?
Dit berus op die kliniese gebruik van die LA.
- Werkingsduur van die Anestetika
- Tipe area of weefsel war LA moet ontvang
- Die procedure wat gedoen moet word
- Die durasie van die LA
Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?
Koolstofdioksied bevorder die effekte van van Lokale anestetika
Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?
- Bensokaien
- Kokaien
- Oksibuprokaien
Blog #8
2 Apr 2021, 22:15
Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
Halotaan
KVS |
SSS |
Respirasie |
Niere |
Lewer |
Uterus |
Ander |
Verminder bloeddruk, miokardium is gesensitiseerd vir die aritmogene effekte van katesjolamiene |
Vinnig gladde induksie, stadium ii afwesig, verhoogde serebrale bloedvloei en verhoogde intrakraniale druk |
Geen saliva, brongiale sekresies of hoes |
|
Hepatoksies (raar en onvoorspelbaar) |
Spierkontraksies wat eksterne draaing van baba |
Outonome stelsel: bradikardie. Muskulo-skeletal: skeletspier verslappende effekte, stadium iii, post operatiewe bewerasie= hipoksie. Status en gebruik: nie dikwels gebruik a.g.v hepatotoksisiteit en nuwer middel. |
Enfluraan
KVS |
SSS |
Respirasie |
Niere |
Lewer |
Uterus |
Ander |
Geen sensitisasie van die miokardium, minder onderdrukking as halotaan |
Vinnige gladde induksie, soms konvulsies, NIE EPILEPTIES |
Meer onderdrukking as halotaan |
|
|
|
Status: nie dikwels gebruik instand houdend |
Isofluraan:
KVS |
SSS |
Respirasie |
Niere |
Lewer |
Uterus |
Ander |
Minder onderdrukkende effek as halotaan en enfluraan. Geen sensitisasie van die miokardium nie. |
Vinniger induksie en herstel as met halotaan |
Potente onderdrukkende effek. Versterk a.g.v potente skeletspierverslappende effek |
|
|
|
Status: meer ideale middel as halotaan en enfluraan. Wyd gebruik en halotaan en enfluraan vervang. Nie vir pasiente wat spontaan asem moet haal nie. |
Desfluraan
KVS |
SSS |
Respirasie |
Niere |
Lewer |
Uterus |
Ander |
Minder onderdrukkende effek as halotaan en enfluraan |
Nog vinnigerinduksie en herstel as met isofluraan, verhoog serebrale bloedvloei en intrakraniale druk |
Sterk reuk, irriterend op lugweg, indien as induksiemiddel- hoes, kortasem en laringospasma |
|
|
|
Status: Selfs meer idiaal as isofluraan of sevofluraan. Potensiaal om gebruik te word vir verskeie sjurugiese prosedures a.g.v effek op respirasie. NIE induksie |
Sevofluraan (Effekte soortgelyk aan Desfluraan)
KVS |
SSS |
Respirasie |
Niere |
Lewer |
Uterus |
Ander |
|
|
|
Minder irritasie in lugweg |
|
Ondergaan metabolisme en is chemise stabiel |
Potensieer nie effekte van die nie depolariseerde spierverslappers soos die ander gehalogeneerde esters |
Induksie en instandhouding |
|
N2O (Stikstofdioksie/ Laggas)
KVS |
SSS |
Respirasie |
Niere |
Lewer |
Uterus |
Ander |
Geen effek |
Swak anestetikum, potente analgetikum, amnesie |
Suiwer: Hipoksie, meng altyd met O2 van lug. Herstelfase: N2O vinniger diffusie van bloed na alveoli, verminder O2 druk-Hipoksie |
|
|
Geen skeletspierverslapping |
Status: Asaddisionele middel in anestesie. Enkelmiddel vir kort tandheelkundige prosedures. |
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
Hepatotoksisiteit
Kardiale arritmias
Neurotoksisiteit
Postopperatiewe naarheid en braking
Respiratoriese onderdrukking en irritasie
Maligne hipertemia
Postanestetiese agitasie
Blog#7
20 Mar 2021, 23:22
Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Anti-epileptiese middels wat die pil beinvloed: Fenobarbitoon, Phenytoin, Carbamazepine, Oxcarbazepine en Topiramate.
Die middels verminder die Pil se effektiwiteit en kan lei tot onbeplande swangerskap.
Anti-epileptiese middels wat veilig is om te gebruik: Valproaat, Lamotrogine, Gabapentin, Leviterasetam en Vigabatrin.
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Neonate het n stadiger metabolisme. Fenobarbitoon is keusemiddel by neonate en kinders.
Babas en kinders het n vinniger metabolisme as volwassenes.
Bejaardes se metabolisme is stadiger. Daar is n vermeerdere insidensie van sentraal senuwee stelsel toksisiteit, verlaagde renale funksie dus onderdruk dit opruiming van vigabatrin en gabapentin. Daar bestaan ook n verhoogde risiko vir hiponatremie met oksarbasepien, karbamasepien.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
Valproaat verminder metabolisme van Fenitoien, Fenobarbitoon en Lamotrigine. Plasmavlakke moet gemoniteer word om optimale terapie aan pasient te gee.