Content begins here
ELSUNE HOUGH
Blog #12
25 May 2021, 18:19
- Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
TAD |
MAOI’S |
SSRI |
SNRI |
NARI |
Tertrasikliese en Unisikliese AD |
5-HT R-moduleerders |
Sirkadiese ritme reguleerders |
Tersiere Amiene |
Tranielsipromien |
Fluoksetien |
Venlafaksien |
Reboksetien |
Mianserien |
Trasodoon |
Agomelatien |
Amitriptillien |
Moklobemied |
Paroksetien |
Duloxetien |
|
Mirtasepien |
Vortioksetien |
|
Imipramien |
|
Fluvoksamien |
|
|
Bupropioon |
|
|
Trimipramien |
|
Sertralien |
|
|
|
|
|
Chloorimipramien |
|
Sitalopram |
|
|
|
|
|
Dotiepien |
|
Esitalopram |
|
|
|
|
|
Butriptilien |
|
|
|
|
|
|
|
Sekondere Amiene |
|
|
|
|
|
|
|
Nortriptillien |
|
|
|
|
|
|
|
Desimipramien |
|
|
|
|
|
|
|
Amoksapien |
|
|
|
|
|
|
|
Maprotilien |
|
|
|
|
|
|
|
Lofepramien |
|
|
|
|
|
|
|
- Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Meeste van die middels verhoog noradrenalien en serotonien konsentrasies by sentrale sinapse deur Heropname remming, Afbraakremming en blockade van presinaptiese a2 outoreseptore
- Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
14-21 dae. Die rede vir die stadige aanvang van werking is weens die veelvuldige multipotente werking op baie monoaminergiese reseptore agv nie-spesifieke verhoging in serotonien of noradrenalien
- Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
Effektiwiteit- TAD benodig titrasie tot minimum effektiewe dosis terwyl SSRI onmiddelik met die volle dosis kan begin.Dus word effekte vinniger waargeneem en kan daar gese word dat SSRI’s in sommige opsigte meer effektief wees.
Newe-effekte- SSRI’s is minder kardiotoksies as TAD, SSRI’s het ‘n beter newe effek profiel as TAD. TAD newe effekte sluit in sedasie, simpatomimetiese newe effekte, Anticholinergiese newe effekte, ortostatiese hipotensie, disritmiee, psigoses, presipiteer manie, konvulsies, massatoename en seksuele steurnisse waar SSRI’s se newe effekte insluit:Insomnia, EPS, gewigsverlies, die middels is nie sederend nie, gewigsverlies, erge akute angs ens.
Veiligheid- SSRI’s is veiliger om te gebruik as TAD.
- Hoe werk mirtasepien?
Mirtasepien is ‘n NaSSA- noradrenalien en spesifieke serotonien anti-depressant wat a2 blokkeer en sodoende beide NA outoreseptor en 5-HT(heteroreseptor) vrystelling bevorder.Blokkade van 5-HT2A en 5-HT3 sowel as H1, a1 en indirekte stimulasie van 5-HT1A vind plaas.
- Hoe werk venlafaksien?
Venlafaksien blokkeer beide 5-HT en NA heropname en is meer potent vir 5-HT as vir NA.
- Hoe werk agomelatien?
Agomelatien herstel die liggaam se bioritmes.Primere agonis op melatonien 1+2 reseptore en ‘n antagonis op 5-HT2C reseptore. Hierdie reseptore is sinergisties.
Blog #11
30 Apr 2021, 11:19
- Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
-
- Alifatiese verbindings, bv. Chloorpromasien, het ‘n lae potensie en min ekstra piramidale effekte, erge sedasie en massatoename kom voor, Dit beskik oor sterk anti-cholinergiese effekte en α-litiese effekte soos postural hipotensie en is ook kardiotoksies.
-
- Piperidien verbindings, bv. Perisiasien, se potensie en newe effekte stem ooreen met alifatiese verbindings.
-
- Piperasien verbindings, bv. Flufenasien, het ‘n hoё potensie en meer esktra piramidale effekte. Swakker anti-cholinergiese newe effekte en so ook swakker α-litiese effekte, minder sedasie en minder kardiovaskulere newe effekte.
- Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Die tipiese antipsigotiese middels blokkeer hoofsaaklik die mesolimbiese Dopamien 2 reseptore.
- Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die tipiese middels blokkeer die mesolimbiese DA 2 reseptore waar die atipiese middels ‘n hoёr affiniteit het vir 5-HT reseptore en dus blokkeer dit 5-HT2a reseptore of werk as ‘n inverse agonis op 5-HT2a en 5-HT2c meer as op DA 2 reseptore.
- Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
5-HT reseptore wat geblokkeer word het minder risiko vir ekstrapiramidale effekte as wat DA 2 reseptore geblokkeer word.
- Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Haloperidol wat ‘n Butirofenoon-derivaat is het ‘n hoё insidensie vir ekstrapiramidale effekte omdat dit ‘n potente D2 blokker is en ‘n hoёr affiniteit vir D2 reseptore het as vir 5-HT2 reseptore.
- A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
‘n Hoё insidensie van outonome newe effekte kom voor by die blokkade van M , α, histamien-1 ( en 5-HT2) reseptore.
Blog #10
18 Apr 2021, 00:01
- Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Middels wat verhoogde dopamien aktiwiteit bevorder en middels wat verlaagde (anti-)cholinergiese aktiwiteit bevorder.
- Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Dit is 'n antivirale middel met 'n baie bree meganisme van werking.Amantadien is 'n metaffinoied potensieerder van dopamien wat die vrystelling van dopamien verhoog asook die sintese.Dit blokkeer die heropname van dopamien is anticholinergies en 'n NMDA-antagonis.
- Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Rasagillien- inhibeer selektief MAO-B ensieme wat dopamien metabolisme onderduk en dopamien vlakke in die SSS verhoog.
Selegillien-Onomkeerbare remmer van MAO-B wat dus dopaamien konsentrasies in die SSS verhoog.
Entakapoon en Tolkapoon- KOMT-remmers.
- Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Broomkriptien is 'n ergoderivaat en Pramipeksool en Ropinirool is nie.
- Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
Broomkriptien- Dopamien 2 reseptore
Pramipeksool- Dopamien 3 reseptore
Ropinirool- Dopamien 2 reseptore
- Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Pramipeksool, Rasagillien en Selegilien
Neuronbeskermende middels poog om die senuweeselle teen skade, degenerasie of verswakte funksie te beskerm.
- Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
Dit verhoog dopamien konsentrasie in die SSS en verlaag die siekte progressie
- Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
Dit metaboliseer L-dopa na 3-O-metieldopa.Dus verleng dit die werkingsduur van L-dopa, verlaag die perifere metabolisme en verbeter die biobeskikbaarheid.
- Hoe werk Istradefilien?
Dit is 'n andenosien A2 antagonis , adenosien inhibeer D2 funksie en word gebruik vir addisionele terapie by L-dopa/Karbidopa wanneer af-episodes ervaar word.
- Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied
2-ledige werkingsmeganisme
Verhoog Dopamien aktiwiteit deurdat hy 'n potente omkeerbare inhibeerder van MAO-B is en die heropname van dopamien inhibeer.
Verlaag glutamaat vrystelling.
Blog #9
17 Apr 2021, 20:11
#Blog 9
6.3 Lokale anestetikums-Effekte en Kliniese gebruike
- - Kleiner en gemielieneerde vesels word makliker geblokkeer as groter en ongemielieneerde vesels. - Dorsale senuwees is meer sensitief vir blokkasie as druk/tassenuwees.
- Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels.
Skeletspiere: ‘n swak blokkerende effek en dus geen kliniese toepassing nie.
- Die keuse van lokale anestetikums berus op die plek of area van werking, dus die tipe weefsel. Ook op die tipe prosedure wat gedoen word om die werkingsduur in ag te neem.
- CO2 potensieer die effek van LA deur ‘n direkte onderdrukkende effek op aksone.CO2 konsentreer die LA binne die senuweebondel end mv die omskakeling van LA na ‘n aktiewe katioon.
- Bensokaien, Kokaien en Oksibuprokaien
Blog #8
12 Mar 2021, 21:45
BLOG #8
- Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
|
Belangrikste effekte |
HALOTAAN |
ENFLURAAN |
ISOFLURAAN |
DESFLURAAN |
SEVOFLURAAN |
N2O GAS |
SSS |
Vinnige induksie |
|
Nie in epileptici |
|
|
|
Swak anesteties Amnesie |
KVS |
↓BD, Nie sensitasie vir miokardium |
Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte |
|
|
|
|
Geen |
RESP |
Geen sekresies |
|
|
Potente skeletspier- verslapper |
Skerp irriterende reuk |
Soortgelyk (minder) as desfluraan |
Meng met lug (O2) |
NIERE |
|
|
|
|
|
|
|
LEWER |
|
Hepatotoksies |
|
|
|
Ondergaan lewermetabolisme |
|
UTERUS |
|
↓spierkontrak. Eksterne draai van baba |
|
|
|
|
|
- Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
Hepatotoksisiteit by Halotaan
Hipoksie by Halotaan en N2O gas
Bradikardie by Halotaan
Konvulsies by Enfluraan
Laringospasma by Desfluraan en Sevofluraan (minder)
Blog #7
12 Mar 2021, 14:56
BLOG #7
- Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Fenobarbitoon
Karbamasepien
Fenotoien
Okskarbasepien
Topiramaat
Die bogenoemde is middels wat die metabolisme van orale kontrasepsie beinvloed en het die implikasies dat groter dosisse kontrasepsie benodig gaan word en daar bykomende geboortebeperkingsmaatreels voorkom indien daar enige deurbraakbloeding is.Estrogeen het ‘n toeval aktiverende effek terwyl progesteroon ‘n toeval-beskermende effek het.Die pil se effektiwiteit word verminder.
Valproaat, Lamotrogine, Gabapentin, Leviterasetam is middels wat veilig is om saam met die pil te gebruik
- Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
Daar bestaan individuele varasie ten opsigte van absorpsie en metabolisme van anti-epileptiese middels.Meeste middels ondergaan eerste orde metabolisme in die lewer(nie-versadigbaar)
Neonate ondergaan stadiger metabolisme en moet dus lae dosisse kry van gepaste middels.
Baba’s en kinders ondergaan vinniger metabolisme as volwassenes
Bejaardes behoort lae dosisse te ontvang hulle het verhoogde insidensie van SSS-toksisiteit , lewerfunksie en nierfunksie is ook nie meer normaal nie en dus is metabolisme van hierdie middels stadiger.
- In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
Plasmabloedvlakmonitering is aangedui in gevalle waar middels ‘n versadigbare metabolisme het bv. Fenitoien
Blog #6
9 Mar 2021, 18:16
BLOG #6
- Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Die mikrosomale etanol oksidasie sisteem se aktiwiteit verhoog met die chroniese gebruik van alcohol en kan moontlik bydra tot alcohol toleransie deurdat ensieme geinduseer word en meer alcohol per tydseenheid metaboliseer. Chroniese alcohol gebruik benodig groter hoeveelheide om teen die toleransie te werk en dieselfde effekte te kry.Reseptor sub-sensitiwiteit vind plaas en afregulering by GABA-A reseptore, so word toleransie opgebou.
- Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Progressiewe verlaagde lewerfunksie tesame met sirrose en hepatitis
Glukoneogenase verlaging wat lei tot hipoglukemie en vetakkumulasie.
Verhoogde aktiwiteit in lewermikrosomale ensieme.
- Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
‘n Kombinasie van twee syndrome wat voorkom wanneer daar ‘n gebrek aan Tiamien in die liggaam is, dit is ‘n neurologiese gebrek wat gekenmerk word deur ataksie,abnomale oe, verwarring en paralise van gesigspiere.
Dit word behandel deur die toediening van tiamien
- Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
“’n Sindroom wat voorkom by kinders wat tydens swangerskap , in die eerste trimester, aan alkohol en die misbruik daarvan blootgestel is.
Simptome van fetale alkoholsindroom dui op groeigebreke , verstandelike agterstand, mikrokefalie en die onderontwikkeling van die onderste gesigarea.
- Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akute alkoholgebruik het verlaagde metabolisme van middels waar Chroniese akoholgebruik die metaboliese transformasie van middels verhoog.
- Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
Aspirien toon verhoging in anti-plaatjiekleefbaarheid in die teenwoordigheid van alkohol.
Parasetamol veroorsaak die induksie van CYP2E wat bydra tot hepatotoksisiteit
Vasodilatore veroorsaak verder bloeddruk verlaging tydens akoholgebruik
Sedatief-Hipnotika sal veroorsaak dat die sentrale senuweestelsel verder onderdruk word.
Blog #4
9 Mar 2021, 17:46
BLOG #4
- Daar is velerlei plantaardige en/of natuurlike preparate wat op die apteek/winkelrakke staan waarvoor aansprake gemaak word dat dit anksiolitiese en/of sedatief-hipnotiese effekte het.
Jou handboek (Katz) bespreek ‘n klompie van hierdie middels. Gebruik daardie inligting, saam met ‘n soektog op die internet en stel ‘n kort verslag saam oor die gebruik van hierdie alternatiewe medisyne by die behandeling van angs en insomnia (slaaploosheid).
Jy kan enige soekenjin (bv Google) en trefwoorde soos “botanicals and anxiety and insomnia” gebruik.
Baie plantaardige of natuurlike preparate het anksiolitiese, sedatiewe en hipnotiese effekte:
- Angs se alternatiewe medisyne sluit in
Chamomile
Humulus lupulus -Hopps
Gardeniae fructus
Passiflora incarnata-Passionflower
- Insomnia se alternatiewe medisyne sluit in
Lavender
Melissa officinalis – Lemon Balm
Ashwagandha
Passionflower
Blog #3
9 Mar 2021, 16:59
BLOG #3
- Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed? Wat is die kliniese belang hiervan?
Die lipofiliteit van die middel beinvloed die absorpsie en verspreiding , meer lipofiele middels bereik die brein vinniger en word vinniger geabsorbeer en versprei.
Die tyd wat dit neem vir die middel om te werk is afhangend van die tempo van absorpsie en verspreiding, end us is dit klinies van belang.
- Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?
Herdistribusie is die beweging van middels vanuit die bloedsirkulasie na die brein en vanuit die brein weer na ander weefsel.Middels met hoe lipofiliteit ondergaan herdistribusie.
Die belang van herdistribusie is dat agv die lipofiliteit vind herdistribusie plaas wat die tempo van werking beinvloed.Middels kan in die vetweefsel akkumuleer en depo’s vorm wat weer stadig vrygestel word en so word die eliminasie tydperk van middels beinvloed.
- Hoe word die BD’e gemetaboliseer? Gee die verskillende stappe in die proses.
Bensodiasepiene word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme onder normale omstandighede:
- Dealkilering- Die vorming van aktiewe ,metaboliete vind hier paas
- Oksidasie- Met behulp van die ensiem SitP450 word aktiewe metaboliete gevorm
- Konjugasie- geoksideerde metaboliete met glukuroonsuur om onaktiewe metaboliet te vorm
- Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?
Diasepam
Chloorasepaat
Prasepam
Chloordiasepoksied
Ketasolam
- Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?
Oksasepam
Lorasepam
Temasepam
Lormetasepam
Die voordele hiervan is dat dit keusemiddels is en die aktiwiteit van Sitichroom P450 vertraag is end us vind metabolisme vinniger en meer effektief plaas , die geneesmiddel word ook dan so vinniger ge-elimineer.
- Wat is ensieminduksie? Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?
Ensieminduksie is ‘n middel ‘n ensiem se produksie indusseer.
Sedatief-hipnotiese middels bekend vir ensieminduksie is : Barbiturate soos Fenobarbital
Ensieminduksie se kliniese belang is dat die metabolisme en eliminasie tempo van die gm verhoog.Die werking van die middel (farmakologiese aktiwiteit) kan afneem.
Blog #2
9 Mar 2021, 15:34
BLOG #2
- Anterograde amnesie beteken dat die persoon nie kan herroep of onthou wat gebeur het tydens die gebruik van die middel nie, dit sluit middels in soos Diasepam, Lorasepam en Midasolam.
- Bensodiasepiene verminder die tyd om aan die slaap te raak en verhoog die totale slaaptyd(in pasiente wat gewoonlik minder as 6ure ‘n nag slaap).Dit verhoog die duur van fase 2 NREM.Bensodiasepiene het ‘n klein verminderde effek op REM slaap, groot dosisse verminder REM slaap en verlaag dus die duur van fase 4 NREM en verleng fase 2 NREM se duur.Zolpidem verminder REM slaap.
Die belang van sedatief-hipnotiese middels vir pasiente is dat toleransie van die effekte op slaappatrone sal voorkom en die pasient sal newe effekte begin ervaar omdat REM slaap nie meer onderdruk word nie.
- Bensodiasepiene en Barbiturate word gebruik as aanvullende terapie in anestesie, bensodiasepiene veroorsaak anterograde amnesia end ra by tot die sedasie effek . Die plaffoneffek van bensodiasepiene is ook ‘n groot rede vir die gebruik hiervan.
Middels is onder andere Lorasepam, Midasolam, Diasepam en Tiopentoon
- Hoe dosisse Barbiturate en sekere bensodiasepiene. DIt sluit in Fenobarbitoon,Klonasepam, Klobasam, Nitrasepam
- Diasepam en meprobamaat inhibeer polisinaptiese reflekse, en lewer dus spierverslappende effekte.
- Sedatief-Hipnotika het ‘n onderdrukkende effek op die respiratoriese en kardiovaskulere stelsels.Daar moet met versigtigheid te werk gaan wanneer pasiente ondeliggende respiratoriese of kardiovaskulere siektes het en Sedatief-hipnotiese middels word aan hulle gegee.